Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert dit is slegs om… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Block Forum Herstel en terugvoering Geert -2 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -3 hours ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -3 hours ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -4 hours ago

Oktober Karoo kuier

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagsê maters. Chris is al amper op pad en glo hy sal seker binnekort ń gesels begin oor sy trip.

Neef wil nou sy sy spotlight steel nie, maar gedink dat die ander "gate crashers" wat Chris se rustige stoepsit in die Karoo N P in ń impromptu saamtrek laat ontaard  het, die spesiale geleentheid hier deel. 

Vir die wat opdaag is daar vir elkeen een van die oorspronklike venstersplakkers van die Park. Dit het die Bakoor jakkals op, en... dit is nie meer beskikbaar nie. Armond het ń aantal van die by die vorige parkhoof gekry.

Vanmiddag laat Armond my weet dat hy vir ons ook van die epulette?? wat hulle oorspronklik gedra het gaan gee.

Hy is aan diens die naweek wat ons daar is. Ek het hom gevra of Saterdagmiddag hom en sy familie sal pas vir ń kuier saam ons. Hy is reg daarmee. Hopelik pas dit almal in ons groep. 

Ek sal paar ekstra biere en ń vleisie inpak vir hulle. En ek hoop Len stem in dat ons sy werf gebruik vir die kuier, Von het vertel hoe lekker hulle sit in en gesels het, in julle wa, toe ons Wessel dopgehou het waar hy in die reen sy slag met die skillies bewys het.

Groetnis.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 03/10/2024 - 19:54

...............hoe laat beplan jy om op die 16de by Karoo aan te meld ?

Presies hoe ver is dit Karoo toe vanaf jou huis ?

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 04/10/2024 - 07:15

Len dit is 220km van hier. Ons ry maar altyd so dat ons 13h00 daar aankom. Nie te vroeg nie , eintlik moet mens 2 uur inboek, as ek reg onthou. 

Wat ek ondervind het van die Karoo is dat meeste slegs oornag, en eers na 3 aankom. So om 1uur in te boek, gaan jy als kry wat vakant geraak het van die oorslapers.

Ons kuier saam Armond het hy gevra of ons dit Vrydag kan inpas, hulle is genooi vir ń Kameelpot op ń plaas buite die Park Saterdag. Vir hom gesê dit sal sekerlik inpas, en meer ń laatmiddag as aandkuier wees. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 04/10/2024 - 07:27

ek het nog altyd aanvaar dat veral inboektye eintlik geld vir die chalets en nie soseer vir 'n kampplek nie.

Vir ons is dit nie 'n probleem om laat by KarooNP aan te kom nie.laugh Dis meestal net by Manyane waar ons sommer al so 10h00 insleep, dan het ons darem al 'n hele uur op die padgewees.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 04/10/2024 - 10:12

.....................ons gaan ook probeer 7vm wegkom met 'n ontbyt tussenin en behoort dan ook so teen 1nm daar in te klok.  Maar ai, daardie sonsopkoms in die ooste vang ons reg van voor af, maar die paar dae in Karoo maak dit alles die moeite werd.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/10/2024 - 11:14

...jy gaan mos binnekort deur de Rust sleep om by Herman, Len en Chris B aan te sluit.

Maak nou 'n knoop in die oor, en eet ok ietsie in de Rust. Of beplan jy om dit mis te ry?? de Rust lê in Meiringspoort se bek, al kom jy vanUniondale se kant met R341, ook. 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 07/10/2024 - 11:24

Wessel.............................................................ja gaan volgende week daar deur. Elmarie sal seker my arm draai want ek stop nie maklik nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/10/2024 - 11:38

Jan, dan sal ons lekker saam sleep!! Marie moet omtrent 'n Nelson wurggreep toepas alvorens ek stop vir 'n binne aansit ete langs die pad. Hoogstens gou hol en wegneem ietsie kry, terwyl ek Grompie se pens volmaak.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 07/10/2024 - 11:45

................is dit met julle outoppies, wat jaag julle op vakansie ?  Dis mos heerlik om lekker rustig te wees, bene te rek en by 'n restourant of padstal (waar jy nie elke dag by kom nie) 'n lekker ietsie te eet ?

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 07/10/2024 - 11:49

Ons ry ook de Rust om Wesel. Dit  het nie lekker stilhouplek in die hoofstraat nie. Die pad is nou, en die parkeerplekkies maar smal. Met ń wa op tou, moet daar ń hele paar agtermekaar oop wees vir die intrek.  En die hele besigheids kern is maar ń kort stukkie pad. Aansit eetplekke het ek nog nie juis voor opgelet nie. Is maar ń eenvoudige ou dorpie. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/10/2024 - 11:51

Geagte Mnr Loader, jy moet darem stadig met die veralgemenings gehoor!!!

Ek sal my mos wip, en sommer julle klomp rakkers kom verras [met 2 erre] in Karoo. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 07/10/2024 - 17:42

... by Ray's Coffee Shop - af van die hoofstraat af. Ek het egter in die hoofstraat regoor genoemde plek parkeer - kon toe sommer self 'n ogie oor die bakkie en karavaan hou.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 07/10/2024 - 17:51

... dat die reis deel van die vakansie is. Daarom bederf ons onsself om lekker te gaan aansit vir 'n ete - iets wat ons uiters selde doen as ons by die huis is. Dit is deels van my rede hoekom ek kort skofte sleep - om tyd te hê om so-iets te doen.

Ons het Vrydag net meer as 350 km moes ry - wat ons tyd gegee het om eers lekker te gaan sit en tee drink in Riviersonderend, gevolg deur 'n Wimpy brekkie in Heidelberg.

Vandag was ons reis net meer as 250 km en daarom kon ons lekker rustig sit en ontbyt geniet in De Rust en steeds 12:30 by die park arriveer.

Neef het vir my 'n video clip van 'n rotsstorting vandag in Meiringspoort gestuur. Daar word gesê dit was tussen 11:00 en 13:00. Gelukkig het ons dit gemis.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 08/10/2024 - 18:45

Jurgie sal díe week op die werf moet kom. Waneer dit reen, is dit ń snotglad stukkie pad van die afdak tot hier.

As, en dit nou ás, die weervoorspelling raak is, begin dit al Sondag reen, en hou aan vir ń week. En vir Beufort Wes lyk dit ook so. Máár my binbegoed stem nie saam met die baie reen nie. Dit lyk my die Vulkane? daar in die Golf va n Mexico het al wat ń weerstasie is op hol. laugh

Von sê vanmiddag sy gaan paar ekstra sakkies katkos kry, net in geval Meiringspoort onder water is, en ons bly dalk ń dag of twee langer. Ek het saam gestem.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/10/2024 - 19:38

...ek sien nie daai voorspellings nie, nie op Accuweather of YR nie. Volgens beide is die hele Oktober kurkdroog en warm.

Waar kyk jy weer??

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 09/10/2024 - 06:46

Weer

Wessel, die spesifieke naam weet ek nie, sê net "weather" op die venstertjie.  Die skermgreep is van 13/10 tot Vrydag 18/10 vir Beaufort. Lyk soos tipiese koue front wat deurbeweeg. Die 100% reen bedoel net dat daar ń 100% kans is vir reen, hoeveel word nie genoem op die stadium nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 09/10/2024 - 06:57

... kan ons Maandag sowat 35 mm reën hier in Karoo Nas Park verwag en Dinsdag nog 'n paar mm. Vandag word 34° C voorspel en Saterdag 37°. Ek sal maar vanoggend die draagbare lugreëlaar in sy plek kry. Maar vir Maandag moet ek seker die verwarmer gereed hou met die temperatuur van 13° wat voorspel word.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 09/10/2024 - 07:18

Die verskillende stasies voorspel vreeslik uiteenlopend, Accuweather voorspel vir 14 Okt. minder as 1mm maar YR voorspel vir die dag 26mm.

Nie een van die stasies voorspel verdere reen vir daai week nie.

0
Pretoria

Geert

Wed, 09/10/2024 - 07:59

Ek het n  ruk gelede plasing gedoen van n betaling waarvoor ek wag vanaf King Price vir ongeluk. Het na klomp oproepe my geld gister ontvang. Was nie veel van n plesier om met hulle besigheid te doen nie. Ek het ook vir die een konsultant 2 of 3 weke terug genoem dat dit nie goeie advertensie is sou ek oorweeg het vir ander kort termyn versekering 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 09/10/2024 - 10:10

...........laat weet, Geert.  Vir my is dit net 'n bevestiging dat my jare-lange keuse van Santam die regte keuse was. Die enigste wysiging wat ek gemaak het is dat ek nie meer van 'n makelaar gebruik maak nie en gebruik Santam self by Santam Direct  -  uitstekende, vinnige diens.

Geen versekeraar kon nog hulle premie klop nie, selfs nie eens Outsurance nie  -  dit het hulle 'n R500 betaling aan my gekos !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus