Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona Oktober 2026 saam gesels Johann L -18 minutes ago
daai mannetjies.... Rock View Lodge Nelspruit Wessel Strydom -39 minutes ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -42 minutes ago
Ja....die kaal mannetjies Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -43 minutes ago
Johann Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -53 minutes ago
Daardie mannetjies wat so… Rock View Lodge Nelspruit Voortrekker -1 hour ago

Oktober Karoo kuier

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on
Forums

Dagsê maters. Chris is al amper op pad en glo hy sal seker binnekort ń gesels begin oor sy trip.

Neef wil nou sy sy spotlight steel nie, maar gedink dat die ander "gate crashers" wat Chris se rustige stoepsit in die Karoo N P in ń impromptu saamtrek laat ontaard  het, die spesiale geleentheid hier deel. 

Vir die wat opdaag is daar vir elkeen een van die oorspronklike venstersplakkers van die Park. Dit het die Bakoor jakkals op, en... dit is nie meer beskikbaar nie. Armond het ń aantal van die by die vorige parkhoof gekry.

Vanmiddag laat Armond my weet dat hy vir ons ook van die epulette?? wat hulle oorspronklik gedra het gaan gee.

Hy is aan diens die naweek wat ons daar is. Ek het hom gevra of Saterdagmiddag hom en sy familie sal pas vir ń kuier saam ons. Hy is reg daarmee. Hopelik pas dit almal in ons groep. 

Ek sal paar ekstra biere en ń vleisie inpak vir hulle. En ek hoop Len stem in dat ons sy werf gebruik vir die kuier, Von het vertel hoe lekker hulle sit in en gesels het, in julle wa, toe ons Wessel dopgehou het waar hy in die reen sy slag met die skillies bewys het.

Groetnis.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 16/10/2024 - 12:57

Watter diertjie sou jy (as 'n tuisblyer) vandag in die Karoo NP wou wees? Ek wil graag 'n verkleurmannetjie wees. Lekker gekamoefleer in 'n boompie, en met my oë wat in alle rigtings kan kyk sal dit darem pret wees om die klompie wat daar saamtrek dop te hou. By nou sou ek moontlik al vir Neef Herman gesien intrek het en oor 'n paar minute ook vir Len met Chris wat lekker agteroor sit onder sy stoepie en die opslanery gadeslaanlaugh 

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 16/10/2024 - 13:07

Chris wat lekker agteroor sit onder sy stoepie en die opslanery gadeslaanlaugh 

 

ChrisB sal besig wees met waarin hy 'n "MEESTER" is. NIKS DOEN. laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/10/2024 - 13:16

Die Jurgie en die Exclusive daar aankom. 

Ek hoop nie hulle mik vir dieselfde staanplek nielaugh Eintlik moet Herman agter op nr3 onder bome en struike intrek, Jurgie trek net te veel aandag, so in die ope.

Ek was darem lekker windgat Meimaand, ek kon vir almal sê, ek is bevriend met daai wa se eienaar. cheeky 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 16/10/2024 - 14:23

... toe wraggies gelukkig om no. 3 te kry. Maar ons wag nog vir die Loaders.

Hennie - ek het nie gister daarmee klaargekry nie. Daarom gaan ek maar vandag voort met niksdoen.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/10/2024 - 16:13

....is blykbaar Sondag daar by julle, dis nou volgens YR. Vanmiddag se s'n is sommer net paar druppels. 

Nou moet Jan ook nog net veilig daar aankom. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 16/10/2024 - 18:22

ek hoop dat jy darem klaar gekry het met die twee goedjies wat op jou lysie was vandaglaugh. 

Veilig ry môre en laat hoor maar asb. wanneer julle ook daar is. Geniet dit!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 17/10/2024 - 09:42

... dalk vir Neef. Ek sien sy voertuig is nie by sy karavaan nie. Dus neem ek aan dat sy gat het sommer vroegoggend gejeuk om die Karoopaaie te gaan aandurf.

Ek en Ralie was darem gister laatmiddag gelukkig om van die vuilbaarde te siene te kry - sommer hier naby die kamp nog voor die Klipspringerpas werklik begin. 500 meter anderkant die Potlekkertjiepad se afdraai het ons twee leeuwyfies onder in die vallei gesien, verkyker-afstand, maar nietemin het ons darem 2 van die slegs 10 leeus in die park van bykans 90 000 ha gesien. En die pas het ook nie teleurgestel met sy naam nie - ons het 5 klipspringers teëgekom. Plus die kleinste gemsbokkalfie wat ek nog ooit gesien het.

Ek het gou daar by Len gaan môre-sê. Hy kom ook baie rustig voor nadat hy vanoggend sy stoeptent opgeslaan het. Ek was net betyds om te laat te wees om 'n hand te gee.

Dit is 'n mooi gematigde sonskyndag in die Karoo. YR reken ons kan 28°C verwag, maar van môre af daal die temperature nog meer en reën word Saterdag en Sondag voorspel. Dit kan afslaanplanne teen Sondagmiddag beïnvloed. Maar ons sal die weersomstandighede lekker kuier.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/10/2024 - 09:51

....wat jy toegepas het, met die inloer by Len.laugh

Wel, julle was omtrent gelukkig om leeus te sien, en dit amper op Armond se voorstoep.

Het Annatjie julle genooi vir 3-uur tee en groenvye kleinbordjie vanmiddag. wink Len het mos nou die systoep ingerig vir die rakkers en gades.. 

 

0
Pretoria

Geert

Thu, 17/10/2024 - 10:11

Foto’s of dit het nie gebeur nie

Ek het ook gehoop ons gaan lekker saam kuier met foto's....maar sal seker verbeelding moet gebruiklaugh

Ek weet oom Len neem ook baie foto's...sal maar rustig wag

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 17/10/2024 - 10:36

... redelik ver van mekaar af. Maar as ons iewers saamkuier sal daar beslis foto's geneem word. Intussen hou ek my lyf 'n bietjie tuinier vanoggend deur nat te spuit. Die groter sprinkelspuite wat oral geplaas is en aangesit word as die betrokke staanplekke leeg is, kon nog nie die afgelope meer as 'n week op ons staanplek oopgemaak word nie. Daarom spuit ek nou maar die bietjie groen gras agter ons karavaan met my eie tuinslang en spuit.

Op dié foto kan kan jy nie eintlik die water sien spuit nie.

Karoo

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 17/10/2024 - 12:40

Vanoggend se rit was baie aangenaam. Nie Leeus of Renosters gekry nie, maar pragtige ander wild, en daar is heelwat jong kallers, vullens en lammers.

ń Steenbokpaartjie met hul piepklein lammetjie was beslis die hoogtepunt. Die kleinding hardloop soos ń mal dingetjie in sirkels deur die bossies. Pa wag hom(?) in, val op die knieë en dan stamp die twee kamma kop. Te vêr vir cellfoon kamera.

Die troppie Springbokkies was so 50 tot 60. 

Bokkies.

Kom nou net van Len af, lekker gesels en ń bier gehad vir lunch. Moet nou eers gaan lê vir ń ruk, dan vir Chris gaan hinder. Ek wou al, maar die ou lyk my het baie rus nodig, hy slaap nog.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/10/2024 - 13:03

....klink mos daai lunch by Len het kniege aangetas.

Blik-sement emmer, en ons sit hier en kwyl en julle klomp geniet die samesyn.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 17/10/2024 - 13:15

Neef lieg - ek hou my lyf nog heeloggend tuinier. Dit is nou nadat ek 11:00 opgestaan het. Ek gaan nou 'n bietjie skuinslê ja.

Rona - as jy as verkleurmannetjie hier wil oorleef (om dié ou klomp siele dop te hou), sal dit as Karoo verkleurmannetjie moet wees. En hulle is maar erg vaal. Jy klink nie vir my vaal nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 17/10/2024 - 14:06

laughlaugh Chris, lekker gelag nou vir die vaal enetjie. Eers oorweeg om so 'n beeld te skep, maar sal eerder nie julle draad besoedel nie. Mens het maar een lewe en ek probeer die beste daarvan maak.

Neef Herman: goed on jou stem ook weer te hoor. Dankie vir die deel van julle rit. Ek wens nog om so 'n baba-steenbokkie te sien.

Al die rakkers rus. Wat sê dit vir ons? Kan net 'n groot kuier op pad wees. Worsbraai-kompetisie, is dit vanaand?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 17/10/2024 - 14:59

... moet ons nog bespreek. Miskien wag tot Jan ook hier is. Ek weet Neef het gepraat van môre-aand saambraai.

Hierdie ou visvoet eet vanaand 'n stukkie vis want anders kry hy onttrekkingsimptome. Dalk eerder Ralie, want toe ek haar die keuse gee van vis, pork belly of hoender - toe kies sy vis.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Thu, 17/10/2024 - 15:16

Jan is gehak.......................................................want reën word  vannaand en môreoggend voorspel. Wil nie in die reën sukkel nie en wil môre vroeg roer.  OKT. KAROO

Bang ons is laat vir die saamkuier. wink

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus