Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -2 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -3 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -4 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -5 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -5 hours ago

Wildehont se nuwe ou Ranger

Worcester
Submitted by Wildehont on
Forums

Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het. 
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier. 
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie. 
 

A

Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 13/09/2024 - 20:45

Ek het nie eens na die video gekyk nie (gaan in elk geval niks verstaan nie) maar het darem nou weer die woord handleiding gehoor wat my netnou ontgaan het toe ek na 'n manual verwys het in my poging om 'n foto gelaai te kry.

Mens voel goed as jy iets self reggekry het en meer nog wanneer dit jou niks gekos het nielaugh

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 14/09/2024 - 07:14

Wildehont !!! Jy hét balls !!

Die klas werk is senutergend om  die clips los te kry sonder om die helfte af te breek. Én om weer terug te kry netjies in plek. 

Gelukkig kom die engels so bietjie deur op die video devil Star skroef.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 14/09/2024 - 08:20

Dis seker maar die Skotse bloed van my pa se kant af. Ek wil nie iemand betaal om iets te doen wat ek self kon doen nie. Gelukkig het ek niks gebreek nie. En die knippies het makliker losgekom as die skroewe. Die meerderheid van lg was daardie snaakse sterretjie soort waarop nie ‘n hex sleutel of sterskroewedraaier pas nie. Ek het sulke sleutels, maar die skroewe was vrek styf vas en ek moes die lang been gebruik om by te kom. Toe gebruik ek maar ‘n klein shifting op die kort been as ‘n hefboom. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 14/09/2024 - 09:36

Ek dink die sterretjie word torques genoem. Deesdae is dit taamlik algemeen, en dit strip nie maklik nie. Het onlangs so stel aangeskaf, lyk soos allen keys, lang en kort kant, werk lekker in die tight plekke.

Het ook ń1/4" socket stelletjie wat die torques punte in het. Die is nou werklik ń handige stelletjie, vanaf 5mm tot 14mm kort en lang sockets, seskantig, so vat stewig vas. Al die skroewedraaier bitts, Allen bitts, kort en lang sockets, paar extensions, universal koppeling.  Puik stelletjie vir baie werkies.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 14/09/2024 - 13:51

Het ook ń1/4" socket stelletjie wat die torques punte in het. Die is nou werklik ń handige stelletjie, vanaf 5mm tot 14mm kort en lang sockets, seskantig, so vat stewig vas. Al die skroewedraaier bitts, Allen bitts

Ek het later onthou ek het ook so een nadat ek eers met die sleutels wat soos Allen keys lyk gesukkel het.  

0
Worcester

Wildehont

Mon, 28/10/2024 - 12:46

Ek het al hier vertel dat die vroeë T6 Rangers gesukkel het om ‘n sleepwa/karavaan met LED rem- en flikkerligte raak te sien vanwee die lae weerstand wat die soort ligte bied. Die gevolg is dat flikkerligte te vinnig flikker en parkeer- en remligte ook flikker in plaas van aanbly. 
 

Ford verkoop ‘n trailer patch control wat mens tussen die bakkie en wa inprop. Dit het ingeboude resistors wat die weerstand verhoog sodat dit nie die bakkie se brein deurmekaar maak nie. Ek het so een, wat ‘n lomp gedoente is en waarvoor ek vanoggend toebehore bestel het om dit netjies aan die bakkie vas te sit. 
 

Die Kavango het LED remligte gehad, maar nog die ou soort flikkerligte. Ek het Saterdag LED flikkerligte ingesit. Nadat dit in is wou ek die ligte toets, en die Prado het die naaste aan die wa gestaan. Die flikkerligte werk toe soos dit moet, maar sodra die ligte aangeskakel word raak die besigheid deurmekaar. 
 

Die wa se parkeerligte kom baie dof aan (net ‘n paar LED’s in die middel skyn flou), en begin flikker as mens die flikkerlig aansit. Dis sonder die Ranger se trailer patch control. Met dit wil die ligte glad nie werk nie. Ek toets toe met die Ranger, en met die trailer patch control werk al die ligte soos dit moet. Daarsonder flikker die parkeerligte en remligte. 
 

Nou wonder ek wat fout is met die Prado. Dalk is die parkeerligte nie ordentlik geaard nie? Ek verwys na op die Prado se vroulike sok, want die wa se ligte (rem-, parkeer-, flikker- en noodligte in alle moontlike kombinasies) werk 100% as dit by die Ranger ingeprop is deur die trailer patch control. My kennis van elektrisiteit is baie gevaarlik, so ek vra maar raad/menings hier. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/10/2024 - 13:29

Chris, ek het met die koop van die Kavango [konvensionele gloeilampe] en die vorige Hilux, ook die probleem gehad dat alles flou is, en deurmekaar [saam] flikker.

Echo het kort en bondig gesê ----baie Hiluxe maak so, dis die gronddraad op bakkie. Ek het die prop op bakkie afgehaal, die plek waar gronddraad vaskom, skoongeskuur en die probleem het verdwyn.

Intussen het ek gelyktydig al die ligte op Kavango vervang. 'n Lamp bo vir flikker. Onder 'n 3 in een lamp. Middel is geel, so gekoppel dat dit ook flikker saam met boonste ene. Dan is daar rooi ryligte, en nog ekstra[ander] vir rem. 

Tot hede geen probleme saam met Grompie, nog nie nodig gehad om gronddraad hegting skoon te skuur nie. 

Dalk het Prado dieselfde Toyota nuklaugh 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 28/10/2024 - 13:40

Ek het die prop op bakkie afgehaal, die plek waar gronddraad vaskom, skoongeskuur en die probleem het verdwyn.

Dankie Wessel. Ek gaan dit probeer sodra ek tyd kry.  

0
Worcester

Wildehont

Tue, 29/10/2024 - 06:13

Ek het saam met ‘n paar goed wat ek benodig om die trailer patch control netjies en sinvol aan die Ranger vas te sit terwyl dit in gebruik is, en om dit netjies en stewig te berg wanneer dit nie in gebruik is nie, een van daardie toestelle bestel waarmee mens die sleepvoertuig se vroulike sok en die wa se manlike prop kan toets. Dit behoort die raaiwerk te verminder. 
 

A

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/10/2024 - 06:36

...sal graag wil hoor wat die probleem is. 

Ook, of die toetser die geld werd is. 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 29/10/2024 - 06:40

Wessel, daai toetser is die geld werd, tensy jy jou eie een wil prakseer. My een vriend wat 'n "Auto Electrician" is gebruik ook so toestel.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/10/2024 - 07:25

Wat van 'n multimeter om kontinuteit te toets, en dalk ook kruis kontakte, soos ligte  wat saam met flikkerlig stroom kry.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 29/10/2024 - 07:44

Ek weet nie van julle nie, maar ek kyk net voor ons wegtrek of die wa se ligte werk. Dit het nog nie met my gebeur nie, maar hoe maak mens as ‘n lig dan nie werk nie? Veronderstel bv dis die regter flikkerlig. Dit kan vrek gevaarlik wees.
 

As jy bv wil verbysteek, en jy sien vanwee die wa agter jou nie daar sit ‘n jaagduiwel op die wa se stert nie (ons het nie almal tru kameras op die wa nie). Hy sien nie jou flikkerlig nie en wil jou verbysteek maar dan beweeg jy na regs…

So toets toestel sal mens help om die fout op te spoor sodat jy nie tyd mors voor jy kan wegtrek nie. Vir die prys (ek het R295 betaal maar ek glo mens kan dit dalk goedkoper kry) is dit die moeite werd. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/10/2024 - 07:52

Ek aanvaar dat as ek my wa berg, met alle ligte wat werk, dat dit wel sal werk die volgende aanhak. 'n Lig sal mos nie net tydens onbruik onklaar raak nie. 

Wys die toestel foute uit soos soos, 'n dooie lig, en af draad, 'n slegte koppeling in die proppe ensovoorts.

Dis relatief maklik om 'n gloeilamp te vervang, maar met LEd's moet mens seker maar 'n totale nuwe lig koop. Ander foute gaan tyd neem om reg te maak. 

Eintlik moet mens alles toets so 'n week voor vertrek, dan het mens tyd vir herstelwerk. Veral as mens beplan om op 'n Sondag te vertrek.

Ek het dit oorgekom oppad terug van Kruger af. Verkeersman trek my af by Bronkhortspruit. Salig onbekommerd want ek is binne wet, onder 105km/hr, lisensies reg ens. Seg die man vir my---jou wa se ligte werk nie!! Net mooi niks nie. Die bleddie prop van die wa het effe uitgetrek, ek kon dit net terugdruk en alles werk. Gelukkig as mens die fout netdaar voor hom regmaak, word jy nie beboet nie.

Die ou het my eintlik 'n groot guns gedoen, ek moes nog deur Pretoria se verkeer vleg en bane wissel, waar remligte en flikkerligte uiters noodsaaklik is. Mens maak so staat dat alles werk, sit flikker aan en draai, of verander van baan. Mens aanvaar almal agter jou weet presies wat jy doen, ook om te rem.

Dis eintlik kommerwekkend dat die proppe kan ontsluit. As dit eers op pad sleep, is dit verwring, en kan dalk nie net terug gedryuk word nie. Dalk moet mens maar 'n kabelbinder of maskeerband omsit, om ontkoppeling te verhoed

0
Worcester

Wildehont

Tue, 29/10/2024 - 08:00

By die huis kan jy alles toets so week voor die tyd, maar wat van as jy by Nossob was en die sinkplaat van Kgalagadi het iets losgeskud? Die Kavango kan nie gehaak word of naby genoeg kom om ingeprop te word voor die voorste bed afgeslaan is nie. Toets moet dus wag tot net voor jy ry. Nou moet jy naarstiglik soek voor jy daar kan wegkom. Dan sal so toestel nogal help. Ons werkendes het nie ‘n week om by die huis te kom nie. devil
 

Ek weet nog nie watse foute dit uitwys nie. Ek sal laat weet. 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/10/2024 - 10:20

In Mei in die Kruger Wildtuin kom ek agter die linker rooilig van die Exclusive werk nie.  Voor ek iewers heen sleep, maak ek seker al die ligte werk reg.  Ek was gereed om die gloeilampie te vervang, maar steeds is dit nie die probleem nie.  Ek weet tot vandag nie wat die probleem was/is nie.

Ek weet egter dat die amptelike bedrading is dat nr. 5 op die sok verskaf krag aan die regter rooilig en nr.7 verskaf krag na die linker rooilig.  Ek het toe in die sok nr. 7 gebrug na nr.5 en walla, daar werk die linker lig toe. Ek het nie verder gesoek nie, maar vermoed die P/F se krag na nr. 7 is iewers onderbreek.

My P/F het op die paneelbord 'n liggie wat aandui as 'n sleepding se sok ingeprop is, of die flikkerligte daarvan korrek werk.  Indien nie, kom daardie liggie nie aan nie.  Dit geld net vir die flikkerligte wat natuurlik die belangrikste is (dag en nag) soos ChrisS hierbo verduidelik het.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/10/2024 - 11:18

Sjoe Len, daar voertuig van jou het darem vreeslike handige[?] katoeters as standaard toerusting. 

Mens verwag dit nie in 'n Nissan produk nie, hoewel joune seker die topmodel, volledig ingevoer is.  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/10/2024 - 13:41

............hierdie is my derde Nissan produk en ek het wel verwag om die beste uit my huidige een te kry, soos met die voriges.  Interessant is dat my huidige P/F is al 11 jaar oud en die huidige katoetertjies is al destyds geïnstalleer as standaard.  Myne is volledig uit Spanje ingevoer.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 30/10/2024 - 20:26

Ek het vanmiddag na werk ‘n plan gemaak met die trailer patch control wat voorkom dat die Ranger die Kavango se LED ligte laat mal gaan. Soos ek genoem het was dit ‘n lomp gedoente. Ek het die vroulike deel op ‘n plaat monteer langs die haak met ‘n sok langsaan waarin die manlike deel prop wanneer dit nie in gebruik is nie. 
 

Dit het eers so gelyk, maar dan hang die draad na onder en kan haak aan iets. 
 

A

Ek draai toe die blank sok waarin die manlike deel sit wanneer ek nie sleep nie om:

B

En so gaan dit lyk wanneer ek sleep. Die wa prop dan in by die sok langs die haak. Die oorspronklike was plastiek, ek het dit vanmiddag vervang met ‘n metaal een.

C

Ek moet nog die deel waarop die bakkie se vroulike sok sit afskuur en verf.

 

 

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 31/10/2024 - 19:54

Die toetser vir die wa se ligte het my nie beïndruk nie. Met die Ranger se trailer patch control ingeprop werk dit glad nie. Daarsonder flikker al die liggies en die wat korrespondeer met die bakkie se lig/te wat aan is raak helderder. So kan mens darem uitwerk of alles reg werk aan die bakkie se kant. 
 

Op die Prado werk dit egter glad nie, so daarvolgens werk die Prado se uitset na ‘n wa toe glad nie. Die flikkerligte en noodligte het egter Saterdag wel gewerk. 
 

Op die Kavango wys dit dat net die parkeerligte en aard draad werk terwyl die remligte en flikkerligte Saterdag ook gewerk het op die Ranger. 
 

Dit kom ook nie met ‘n handleiding nie. Ek dink dit was geld mors. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus