6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -8 minutes ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -14 minutes ago
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Het die Hi Lux traction… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Neef kla nie oor die groen… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -4 hours ago

Alternatiewe woonwa oorwegings

Brits
Submitted by wessels on
Forums

Ek sit sommer so en rondkyk na alternatiewe produkte op die mark. Vang my oog die "off road" wa, genaamd Gecko-extreme. Het dit my beindruk, dit het tot 'n stort/toilet uitleg binne die wa, soos 'n Exclusive. Dit is uit en uit 'n wa vir 2 met 'n permanente dubbelbed voor. Sy uitleg plaas hom voor die Bush Lapa en Afri spoor produkte vanuit my perspektief. Gaan besoek hulle webblad en kyk self.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 11/11/2024 - 12:42

Dis met 'n groot skok dat ek nounet verneem het dat GECKO oorgekoop is deur CMC in Krugersdorp.

CMC staan vir Caravans, Manufacturing Customised.

Ek hoop die kwaliteit bly so hoog as tans

Irene

Grootwind

Mon, 11/11/2024 - 15:11

Nou hoekom is jy geskok? Die mark word oordonder deur vervaardigers eintlik is die regte woord seker oorstroom. Daar is geen manier wat soveel vervaardigers kan oorleef in wat steeds 'n klein mark is nie. Markte het die neiging om uiteindelik te "self-korrigeer" met die gevolg dat party vervaardigers uitgekoop word met hulle handelsmerk wat uiteindelik verdwyn. Hou in gedagte dat die uitkoop van 'n ander nie noodwendig beteken dat die koper die ander vervaardiger se produkte wil vervaardig nie, eerder is die doelwit in sulke gevalle om die ander vervaardiger te vernietig...Glo my daar gaan nog meer wees wat sal ondergaan.

Worcester

Wildehont

Mon, 11/11/2024 - 15:16

Dis nou vir wanneer jy jou nuwe Gecko wil gaan haal by die fabriek. 
 

Ek kan dink daar is baie voordele vir so ‘n vervaardiger om nader aan ‘n metropool te wees. Haenertsburg is te ver van verskaffers en van die mark af. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 11/11/2024 - 16:09

Grootwind: Verbaas dat seker een van die beste woonwa-vervaardigers, na my mening, handdoek ingooi. Ek stem 100% saam met jou opmerkings, maar ek het gedink die beginsel van laaste in mark-- is eerste uit die mark, geld. Ek het verneem dat die pa van die familie-besigheid oorlede is, en tesame met mark druk, het dit moontlik gelei tot die besluit.  

Die produk kan dalk sneuwel soos jy noem, of net nie meer dieselfde wees nie.

Chris S: Jou opmerkings is natuurlik ook heeltemal korrek. Behalwe, ek sal nou 3 keer dink voordat ek ene sal koop. Die vraag is natuurlik, wat is besonders[uniek] aan 'n Gecko, wat nie deur 'n goeie werkwinkel herstel kan word nie. 

In ons geval met die Kavango's is dit seker die veselglas romp, maar dit kan dalk ook oorkom word. Ek is bekommerd oor die onafhanklike suspensie op my wa. Ek wonder of iemand behalwe ECHO dit sal kan stel, en dan ook blykbaar net hoofkantoor.

Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 11/11/2024 - 18:57

2 x Jurgens broers ................................................is Vrydag in George skuldig bevind van mense se geld gevat het om motorhomes te bou en nooit gedoen het nie. R6.8m betrokke en het in 2013 - 2014 glo gebeur. 

Sal in Jan 2025 gevonnis word. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/11/2024 - 08:43

Ek het vanoggend met CMC gesels, baie aangename mense. Dit is wel 'n feit dat hulle Gecko oorgeneem het en;

1] hulle voortgaan om dit te vervaardig. Dit klink of hulle hier en daar gaan probeer verbeter/verander daarop.

2] hulle eers in Heanertsburg so 2 waens saam met vorige eienaars gaan bou, uit opleidings oogpunt, en dan fabriek/aanleg skuif Krugersdorp toe.

Ek vermoed dat omdat hulle spesialiseer in woonwa aanpassings volgens  eienaar behoefte, dit vir CMC redelik maklik gaan wees om te verbeter op die huidige Gecko. Uit die gesprek klink dit of die 1ste verandering gaan wees om die konvensionele sytentdak met 'n vlermuisvlerk te vervang.

Ek dink die huidige Gecko eienaars sal baie bly wees om te hoor dat rugsteun, indien nodig, wel beskikbaar gaan wees.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/11/2024 - 09:31

....kom ons kyk wat gebeur. Jou bedenkinge mag korrek wees, of verkeerd. 

Onthou, CMC vervaardig tans geen woonwa of boswa nie. Dalk het hulle 'n goeie produk herken. Ons weet ook nie wat Gecko se motivering tot die "uitverkoop" was nie.

Gelukkig raak/skeel dit my min, dis bloot interessant om markskommelinge dop te hou. Dit sal net jammer wees as 'n top kwaliteit produk sneuwel. Dis soos wanneer Ranger net skielik deur GWM oorgeneem word.devillaugh

Irene

Grootwind

Tue, 12/11/2024 - 11:48

"...Ranger net skielik deur GWM oorgeneem word"???? cryingcrying Not a dêm! Sien juis vanoggend op CNN dat die Oranje Man se aanstellings 'n klomp anti-Sjinese aanstellings insluit...dalk eerder dat GWM VSA toe moet trek :)

Nou ja, vir eers het hierdie omie wat afgetree maar nog nie uitgetree is nie nog 'n klompie mylpale om te voltooi...sal net so af en toe inloer om seker te maak Ford praat nog Amerikaans!

Brits

Wessel Strydom

Wed, 13/11/2024 - 16:12

Jy het ook dit raakgesien. Grote Griet, ek wonder waarmee sleep mens die huis. Ek sien die modelle se GVM word gegee as tussen 2600 tot 2800kg, en dan moet ekstras moontlik bygetel word.

As ek nou kon, het ek daai bedraggie bygesit by my huisprys, en summier in Wes Kaap kom huis koop het.

Dit laat die vraag---sal dit mammie tevrede stel???

Worcester

Wildehont

Sun, 12/01/2025 - 09:17

Daar het so een op nr 30 gestaan tydens ons onlangse besoek aan Dwarswegstrand. Dit lyk nie na ‘n slegte opsie vir twee mense nie. Hier is vir jou een om na te gaan kyk Wessel. Ek weet jou agterent jeuk. 

Worcester

Wildehont

Sun, 12/01/2025 - 09:29

Dit was opvallend hoeveel bos waens daar by Dwarswegstrand was tydens ons onlangse besoek. Dit was ook nie net jonger mense met gesinne wat daarmee kampeer het nie. Ek het twee ouer paartjies gesien war elk met ‘n Gecko gestaan het en twee wat elk met ‘n Infanta Enkulu gestaan het. Daar was nog ‘n Kavango (dit was wel ‘n gesin), twee Bushlapas, twee Echo Chobe waens, ‘n ouer paartjie met ‘n Adventurepod, ‘n groot boswa wat ek nie kon eien nie, ‘n Jurgens Xcape en XT Trooper, en ‘n hele klomp sleepwaens met tente op. Ek dink die pad karavane was in die minderheid.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/01/2025 - 12:16

....kan ek goed verstaan. Lekker kompak, baie konvensioneel, met alles klaar binne. Ruim permanente bed, toilet en storthokkie. Mens hoef net dak te lig om te oornag.

As ek reg onthou het hulle verlede jaar begin om 'n gesinswa met 2 enkelbeddens, gestapel agter te bemark. Dit het dan nie die stort en toilet geriewe in nie.

Ek wonder of die BERG reeks met CX3 en CX6 al 'n voet in die deur van die legio boswa mark, kon kry..

Ek weet 1ste hands dat die mark oordonder is met verskaffers en boonop morsdood. 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 12/01/2025 - 12:51

Soos die twee Chrisse opmerk, daar is 'n beduidende swaai na boswaens. Ek vermoed dit is omdat;

1] dit net  meer vakansie opsies moontlik maak. Dit behoort grond en rowwe paaie beter te kan hanteer, of dan by uitstek te hanteer. 

2] die meeste boswaens dieselfde, indien nie meer, luukses bied as padwaens. Dit maak dat die beterhelfte ok kans sien vir die boslewe en rowwe gebiede, waar ablusies afwesig of primitief is.   

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 12/01/2025 - 13:44

... negatiewe aspek t.o.v. boswaens (uiteraard nie almal nie) is die feit dat ek beswaarlik 'n enkele aand in sodanige wa kan oorslaap - tensy ek bereid is om 'n klomp moeite te doen om die wa slaapgereed te kry. My konvensionele padkaravaan het uiteraard ook sy gebreke en tekortkominge (soos die feit dat ek nie rowwe paaie kan aandurf nie), maar vir my persoonlike behoeftes sal ek nooit 'n boswa oorweeg nie. Net so voel die boswa-mense dat hulle nooit hulle behoeftes vir 'n "rowwer" vakansie sal ruil vir 'n gewone padwa nie. Dankie tog dat ons almal verskillende behoeftes het. Soos dat sommiges verkies om in die snikhete Brits te woon terwyl hulle harte eintlik in die mooie (en baie beter geregeerdeWes-Kaap) is.devil

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 12/01/2025 - 15:20

Die wat ons sukkel om spaarwiele te ruil. Al die hordes pale en seile en opstoot en uittrek vir die beste deel can Å„ oggend, vir 2 oumense,. En dan die oppak sal nie vir my gemaklik wees nie. Ek het al gesien, en gehoor by Wessel hoe storie sy wa is met opslaan en afbreek. En dit het maar Å„ paar stukkies deurryg en aanzip voordat hy staan.

Nee wat, my bed is opgemaak, die yskas is vol, en die stofie staan reg vir bulleybeef stew.  Net inklim en rustig raak. Ek los maar die boswaentjies vir die avontuurlustige jongspan. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 12/01/2025 - 17:13

... jy kon my sienswyse beswaarlik beter stel. Gee maar vir my die "Ou Lady" waarin elke dingetjie op sy plek is en die bed opgemaak. Daardie een-aand oorblyplekke beteken net afhaak, gelyk staanmaak en die pop-top uitstoot - en voila. Ideaal vir hierdie ouman. Maar ek gun die jonger garde hulle manier van dinge doen.

Ek het al by Punda Maria ook gesien hoe sukkel 'n ouman (en sy vrou) met 'n leertjie op en af om in of uit hulle daktent te kom omdat hulle nie die moeite wil doen om hulle boswa vir een aand in te rig nie.

Ek het een keer nie in my wa geslaap nie - ten spyte van die feit dat ek dit saamgesleep het. Dit was een aand by Pienaardam, op pad wildtuin toe, toe ons 'n chalet met my seun-hulle gedeel het. Alles was in die wa en dit het beteken uitdra en die volgende dag weer inpak. Nie vir my nie.

Maar soos ek menige keer al op hierdie forum gesê het: "Elke ou soen sy vrou op sy manier". Solank elkeen sy kamp geniet.

Worcester

Wildehont

Sun, 12/01/2025 - 17:28

Ek het vergeet om te noem dat daar ook twee ouer pare was wat elk met ‘n Okapi Nayela gestaan het. Daar was ook ten minste drie gesinne wat net met canvas tente en gazebos kampeer het. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus