Hier is 'n erge veld brand seker so 2 km vanaf ons huis. Net so anderkant die Kuilsrivier Gholfbaan. Die rook is nogal intens. Geniet julle laaste maand van 2024.
Dit was 'n aangename kuier…
Dit was 'n aangename kuier saam Chris en Ralie. Baie dankie vir die konfyt en ons sal dit geniet saam 'n tuisgebakte potbrood. Ja, Elize met 'n "z".
Kookwater dood bossies
Hier is die bewys op ons plaveisel. Dit het 5 Des kookwater gekry. Foto 2 was 11 Des en dit het nog nie weer terug gegroei nie.


Lekker Chris en Hennie. Dit…
Lekker Chris en Hennie. Dit is maar net lekker om die gesig voor jou te sien waneer ons so klets hier. Hennie het in my gedagtes gevorm na ń persoon waarmee ek lekker sal kan gesels.
Op my lys is Len, Jan, Chris, Wessel, Lapskag. Op die ou Forum was daar ook ń paar gewees, maar hulle nie weer gesien sedert ek geskors is nie.
Hennie het in my gedagtes…
Hennie het in my gedagtes gevorm na ń persoon waarmee ek lekker sal kan gesels.
Snaaks genoeg, ek het dieselfde vir Chris gesê.
Ek het darem ook al 'n paar in lewende lywe gesien/ontmoet.
Chris Smal net so in die verbygaan gegroet. Len en nou ChrisB. Dan ook Oorlede Arie en Willem Brits (Wilsur). Leon Coetzee, Shaun en ek praat gereeld met mekaar. Ek het inteendeel met hom gepraat oppad na ChrisB toe.
Wildehont se kookwater-metode
Ek kom tot die gevolgtrekking dat, soos per die foto's hierbo, mens eerstens jou plaveisel met 'n vergrootglas moet ondersoek om dan die piepklein onkruidjie (kan dit kwalik 'n bossie noem) op te spoor. Wanneer mens dan kookwater daaroor gegooi het, hou jy dit met 'n valkoog dop vir 'n paar dae, en siedaar....onkruidjie is dood. As hier by my so min en klein onkruidjies was, dink net hoe lekker sou ek pop speel![]()
Slotsom: Wildehont se vakansie moet nou aanbreek.....
Onkruid
Rona... ek het tot dieselfde gevolgtrekking gekom nadat die foto bestudeer was. Die wat meer lyk soos plantjies wat versorg moet word, en bietjie water moet kry. "Onkruid"!!.. Wil jy nou meer....
Verduidelik, gaan Neef nie probeer nie, dit is nie moontlik om " onkruid", te definieer, waneer jy nie daarmee grootgeword het nie . Laat my dink toe my skoonseun wat ń stadsmens is, en toe hy aartappels op die land sien, so ewe droog vir my vra, " nou waar is die aartappels. I rest my case.
Wildehont, dit is net skerts hoor.![]()
Onkruid
Omdat ek groot plaveisel area moet behandel teen onkruid gaan kookwater nie oplossing wees nie. Ek het toe weer n 5 liter Round-up gekoop. Verbasend as mens die verskil in prys sien by winkels. Die 2x groot hardeware winkels in ons omgewing vra amper R2000 vir dit.....koop dit aanlyn by n Agri winkel vir R700. Dan wonder mens wat is die winsgrens van daai hardeware winkels
Roundup - glifosaat
Roundup is die oorspronklike naam vir glifosaat. Dit was 'n Monsanto-produk, maar is nou in die Bayer-stal nadat laasgenoemde vir eersgenoemde oorgeneem het. Glifosaat se patentregte het jare gelede al verval. Gevolglik is daar deesdae verskeie generiese produkte beskikbaar. Ekself gebruik Glyphogan wat ook 360g/l glifosaat bevat. Dit is aansienlik goedkoper as Roundup, maar is ekwivalent wat effektiwiteit aanbetref. En die grootmaat verpakkings is aansienlik goedkoper per maateenheid as die klein botteltjies. Met die gevolg dat ek ook 5 liter verpakkings koop.
Maak net seker dat, indien jy 'n generiese produk koop, dat dit 360g/l glifosaat bevat.
Lees gratis boeke en tydskrifte op jou slimfoon/tablet
Ek het onlangs die Libby toepassing afgelaai en met my lidmaatskapkaart van my plaaslike biblioteek ingeteken. Nou kan ek gratis boeke en tydskrifte lees op my foon. Daar is selfs audioboeke. Hier is ‘n beskrywing van hoe om dit te gebruik. Ek hoop dit werk in die ander provinsies ook.
Santam slimfoon toepassing
As jy ook by die geel sambreel is, kry die toepassing en registreer daarop. Daar is padbystand, allerhande bystand tuis en selfs ‘n chauffeur diens ingesluit.



Hoe lekker smaail ek nou ...
... vir jou foto Neef. As 'n reël sou ons ook vandag o.a. beestong as een van vele vleise op die jaarlikse "doodvreet-tafel" gehad het. My skoondogter kom toe met die voorstel om eerder lekker om 'n potjie saam te kuier. Gister sou andersins 'n besige dag gewees het met al die voorbereidings vir vandag se maal, maar dit was toe sommer net 'n rustige dag. Ons maak dus sommer net 'n skaapskenkel-potjie en mamma bak vir ons 'n malvapoeding.
Ek sluit aan by Neef - geniet die dag as geliefdes saam.
Geseënde Kersdag
Grappies op 'n stokkie, aan al my forum vriende wil ek net 'n lieflike vreugdevolle Kersfeestyd toewens
Spirits in ruit water
Marie is oortuig dat Ralie punt beet het. Vrouens glo dat spirits in water ruite [huis] skoner was as daarsonder. Wel ek was dit sommer aan buitekant met tuinslang en dan "sjammie" lap afdroog.
Ek dink die spirits gaan die teerpad olie neerslag en gogga vette dalk beter verwyder as skottelgoed seep.
Koop tog 'n botteltjie van…
Koop tog 'n botteltjie van die regte ruitwasser skoonmaak goed, dis regtig goedkoop...terloops die spiritus maak wel (huis) vensters mooi skoon - maar so ook bietjie ammoniak - maar julle vergeet dis ook as dit saam met koerant papier gebruik word...dink nie dit sal so lekker werk op Trokkie se ruitveërs nie!
In alle geval hier by ons raak koerante maar 'n skaars item met die wat Rapport en Beeld in die laaste week hulle laaste papierdruk gesien het.
Die ou spulletjie ...
... visvreters van Kleinmond is vandag weer in hulle element. Dit het afgeskop met 'n kreefete vanmiddag.

Vanaand wag daar twee vet Henties-galjoene. Hierdie een van 46 cm is 'n besonderserse groot galjoen.

Nie is dit net 'n groot galjoen nie, maar ook lekker vet.

En behandel die windskerm so…
En behandel die windskerm so elke paar maande met die muti ,C Thru. Maak dat jy omtrent nie jou ruitveërs gwbruik nie. Die druppels klou gladnie en gly net af. Met die saam gebruik ek ook maar die regte botteltjie windskerm muti. Wil nou nie al die elbow grease van die venster " polish" afstroop met die eerste gogga se afwas nie.






Koffie saam met Hennie Botha
Toe ry hy wraggies nie sommer net deur Kleinmond sonder om te kom koffie drink nie. Lekker gewees om Hennie, Doreen en hul dogter Elise (of is dit met 'n "z" gespel) in persoon te ontmoet. Wat 'n verrassing. Nog een van my maters op hierdie forum wat ek nou-al van aangesig tot aangesig kon sien en lekker mee gesels. My "tally" staan nou op 9:
Len; Lapskag; Neef Herman; Wessel; Maurits; Hennie; Jan Meyer; Servaas en Koos Mol -alhoewel laasgenoemde twee vrek lanklaas hier gesels het.