Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -5 minutes ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -44 minutes ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -54 minutes ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -1 hour ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -1 hour ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Natalse draai - Geert

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Natalse draai 

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/01/2025 - 19:41

So 10 minute suid van oord is n oulike plek...Mac Banana. Mees aantreklikste winkel met hordes eetgoed, souse, jams en baaaaaie meer. Daar is klomp eet plekke.  Die een spesialiseer in pannekoeke. Dan is daar ziplines, quads, segways, putt-putt en vele meer. Beslis moeite werd om te gaan besoek 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 03/01/2025 - 19:46

Gister oorgeskuif na Oasis in Uvongo. Ons geniet dit baie hier. Vriendelike mede kampeerders en oord eienaars 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/01/2025 - 19:50

...ek verkyk my aan die malse ruie groen tuine en natuurlike bosse.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 03/01/2025 - 20:30

... ek kyk lekker saam. Jy kan maar verder laat waai met jou vakansiefoto's.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 03/01/2025 - 21:49

Dit lyk baie baie lekker by julle kampplekke. Meer privaat as by Po'C kon julle seker nie kry nie.

As ek begin kommentaar lewer en vrae vra gaan daar min slaaptyd oorblylaugh. Ons hoor/sien graag meer. Lekker kuier verder.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 04/01/2025 - 05:54

Ons wou voor ons Oasis toe gegaan het, 2x aande oorstaan by TO Strand....het gebel en daar was plek vir ons. Maar toe ons daar kom, was die sekuriteits man by hek so arrogant en onvriendelik omdat ons nie bespreking by ons het nie. Ons wou toe omdraai, maar kon nie agteruit ry nie, want daar is karre agter ons. Sekuriteit wou nie eers dat ons mag omdraai in ontvangs parkeer area nie. Seker n goeie oord, maar aankoms is so versuur dat ons nie meer daar wou bly nie....is toe 2 dae vroeer Oasis toe. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/01/2025 - 07:31

Môre Geert, het jy 'n telefoniese bespreking gemaak, of net verneem of daar plek is.??

Indien jy 'n telefoniese bespreking gemaak het, het bestuur/admin dit nie oorgedra aan hekwag nie. Kon die hekwag dan nie bel en uitvind of jy telefonies bespreek het nie.?

Dit klink my jy toer so agter jou neus aan, en bespreek telefonies soos die tydverloop. Lake eland het jy vooruit bespreek, maar die ander???  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 04/01/2025 - 07:47

Ja...Lake Eland en Dolphin het ons vooraf bespreek. Die 31ste het ons oppad see toe vir TO Strand gebel, maar hulle het toe gesê hulle kan eers die volgende dag help want dan gaan daar klompie staanplekke oop....so het nie fisies n vaste bespreking gehad nie. Oasis het my ook laat weet dat hul my vanaf 2de kan help. Ons het net die oggend gebel om te bevestig en was toe binne 2 ure daar. Uit vorige jare se ondervinding het ek al gesien dat jy nie bespreking hoef vas te maak na 2de Januarie aan Natal se kus nie....almal kan help vanaf daai datum

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/01/2025 - 07:54

Ek plaas sommer die inset hier. Ek lees op 'n ander forum dat Margate heeltemal verval het. 

Ek was onder die indruk dat Margate dan uit 'n klomp permanente woonhuise bestaan, met ook vakansie plekke. Wat het dan daarvan geword. 

Wat sal die rede wees vir die verval/agteruitgang, swak dorpsbestuur of ekonomiese verval??? 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 05/01/2025 - 09:03

Die lankstaan kampeerders in oord het gisteraand n gemeenskaplike braai gereel....was gesellig gewees en lekker gekuier

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 05/01/2025 - 09:56

Gister dag deurgebring op Manaba....heerlike warm dag gewees

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 05/01/2025 - 17:01

Ons geniet steeds Larry's..hul was vroeer jare in Margate, maar het intussen oorgetrek ba Uvongo yor

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 05/01/2025 - 18:05

Lyk na 'n netjiese oord Geert. Maar as ek Google reg verstaan is dit 'n entjie weg v/d see af, aan die binneland kant v/d ou Suidkus pad? Ek het hierdie ding rondom 'n see vakansie, ek sleep nie 10 ure of meer see toe net om nie die see te kan sien en hoor nie! Anders is dit mos nie 'n see vakansie nielaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 06/01/2025 - 21:05

Met die weervoorspelling van baie reën vir Natal dink ek heelwat aan julle en wonder of julle kamp nog droog is.

Kan nie onthou wanneer jy beplan het om terug te draai nie. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 06/01/2025 - 21:37

Ons het vanoggend in reen opgepak by Uvongo en weer hier in Ballito in reen kamp opgeslaan. Dit reen aanhoudend, maar ons geniet onsself....gazebo opgeslaan om onder te braai.  Dis eintlik baie gesellig. Is vanaand lekker om in te kruip....nie warm nie en reên wat mens op dak hoor val

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 06/01/2025 - 22:09

Goed om te hoor dat julle julle nie laat afskrik deur die reën nielaugh. Ek hoop dat wanneer julle weer die pad terug vat, die weer bietjie gedraai het. Kamp lekker verder.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 07/01/2025 - 05:40

Nooit lekker                                               om in die reën op te pak nie.

Maar as jy op 'n toer is, is dit nou maar so en julle maak die beste daarvan. 

Hoop julle het goeie weer vorentoe en geniet dit. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus