Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -3 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -4 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -4 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -5 hours ago

Strydoms in Kruger 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Bespreking is gemaak vir volgende jaar se Kruger vakansie. Die program is;

Berg& Dal 5 tot 11 Mei

Satara       11 tot 17 Mei

Tsendze    17 tot 23 Mei. 

Het gevra vir staanplek 28, 27 en 26 in die vogorde, maar 26 gekry. Het al daar gestaan verlede jaar, baie lekker, maar effe min son.

Sal nader aan tyd weer probeer vir nr 28, met meer son

Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/08/2024 - 17:38

....nie Geert.

Dit werk uitstekend vir my, want as ek bespreek het, is dit in konkreet gegiet. 

Ek sal dae aanlas vir buite die wildtuin, voor en na Kruger datums, maar aan Kruger datums verander ek nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 09/02/2025 - 12:42

....dan sleep ek in by Berg&Dal. Begin al uitsien daarna, ek hoop net die temperature daal drasties tot dan. Waar die koeltebome is, gaan ek nie noem nie, want daar is ander Kaapse ouens ook oppad soheentoedevil

Tydens die 3 maande moet paar goedjies aandag kry, nuwe woonwa bande, nagaan van woonwa se remstelsel en die wielsporing. Dalk 'n oefenlopie Manyane toe om 6 maande sonder kamp se roes los te kry.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/02/2025 - 09:18

Ek het vanoggend die laaste admin-takies afgehandel ivm ons Kruger vakansie.

Laaste inbetaling vir Sanparke gemaak, en Phalaborwa Safari Park [Aventura] bespreek. Ons gaan die jaar by P.borwa hek uit, vanaf Tsendze, en wil dan daar oorslaap. Volgende dag is dan tydgewys korter huistoe.

Ons sien soos altyd alreeds uit na die tyd in wille Krugertuin. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 18/02/2025 - 11:10

Gelukkig is daar nog tyd oor voor julle gaan. Geert het die naweek vir my skermgrepe uit video’s op Facebook (waarop ek al sewe jaar nie meer is nie) gestuur. Die binneste gedeelte by Sable dam skuiling waar ek die kombinasie parkeer en waar ons braai wanneer ons daar oorslaap was heeltemal onder water. Net die twee braaiplekke se bokante het uitgesteek. Die skuiling se vloer was darem ook nog bo die water. Die teerpad tussen Shingwedzi en Punda Maria was ook blykbaar gesluit. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/02/2025 - 12:21

Sommer om met Chris B se syfers te vergelyk;

Kruger koste: R5931 vir 18 aande

B&D:        R353/nag

Satara:      R321/nag

Tsendze:  R305/n 

P.Borwa Aventura: R205/n

Afgelope week in Stanford in gastehuis het my R1200/nag gekos. Woonwa vakansie oor 'n lang periode, met al sy ekstra voordele, bly 'n "bargain". 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 09/03/2025 - 12:44

...moet dalk vervang word voordat ons Kruger aandurf. Ek het nie lus om gevreesde klik geluid te hoor as ek sleutel draai by olifante nie. Dis dan wanneer ek my sitplek be-klik!!!

Huidige battery is nou 3jaar, en word standaard vervang met veel groter kapasiteit [amp.hr] as waarmee uit fabriek kom.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/04/2025 - 13:41

Ek antwoord sommer op my gesprek van ons Kruger 2025 besoek.

Ons datums is soos heel aan die begin van die gesprek.

Aand van 23 Mei slaap ons in Safari Park P.borwa oor.

Jy sal betyds moet laat weet van kuier/saamkamp in Tsendze. Daar is meestal nie selfoon sein nie. Ek wil nie hê dat jy moeite doen, daar aankom  en dan is ons in die veld nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/04/2025 - 09:22

....is toe vervang vanoggend. Die oorspronklike fabrieks ene is na 3jaar en 2 maande vervang. Dalk kon dit nog gehou het, saam met gereeld op CTEC-laaier te laai. Ek wil egter nie 'n kans vat in 'n wildtuin tussen olifante  en/of op 'n afgeleë plek nie.

Ek het die fabriek pappery, 65amp.hr met 'n Duratec van 80amp.hr vervang. Ek hoop die 23% meer kapasiteit voorsien 'n beter buffer teen die effek van die 2 opspoorstelsels. Dit blyk dat met die min ry, en dan nog in die dorp tjommel, die klein pappery gereeld gelaai wou word.   

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/04/2025 - 09:35

Hier word gewoel en voorberei vir die wille Kruger tuin. Aangesien die Strydoms nie soos ander forumlede in restourante gaan aansit vir Karoo-skaap disse nie, word hier groenteterte, hoenderpasteie, en derglike bykosse voorberei die week.

So tussen my kombuistake het ek die grondseil geweek, in spesiale seilseep, ge- OMo en getrap in swart asblik. Nou hang dit vir droog word, en stryk daarna. laugh Marie wil goeie indruk maak op die vriende uit DA-land. Dit help niks om te verduidelik dat grondseil op grond gaan diens doen nie.

Ek sien vanoggend dat die Dept van Nasionale Gesondheid 'n waarskuwing gerig het, daar is 'n toename in malaria gevalle te bespeur. Dit is weens die warmer dae, en heelwat laat reën die jaar in Limpopo en Mosambiek. Hulle raai besoekers aan om genoegsame voorsorg te tref, en verkieslik malaria-pille te drink.

Marie is erg allergies daarvoor, en ons sal maar ons besmeer met wegjaag rome, sitronella kerse en rooiwyn. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/04/2025 - 10:09

....moes ook eers vanoggend gelap word. Kom Sondag van Pretoria af, en aankomende voertuig gooi my met 'n klip. Vieslike ster reg voor my oge.

Dit was nou die 1ste keer wat ek so 'n "chip" laat regmaak. Het my verstom aan die proses, en veral die eindresultaat. 

Koste daaraan verbonde vir SANTAM, slegs R360, in plaas van nuwe ruit. 

Nou behoort ek effe beter die wilde diere te kan sien.wink 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/04/2025 - 12:25

Lag maar vir julle eie blaker.laugh

Ek is nie Chris S wat ry tot hy ou grootvoet se oge en wimpers kan bestudeer, om sy temperament te bepaal, nie.

Veral met die Kavango op sleep, hou ek van Grootvoet so ten minste 200m veld in.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/04/2025 - 12:33

Nounet belangrike takie gedoen, om al die BH-proppe skoon te maak. Daarna die volledige sonplaas opgestel, met al die drade vir maksimale afstand tussen panele en woonwa. 

Lekker volson tans, en panele se gesamentlike 16amp bereik die batterye. Daarna net om seker te maak, die panele afsonderlik getoets. 

Die uitset na die vrieskas, en ekstra BH-prop vir wat ookal, was getoets einde Maart in Manyane.

Nou kan ek ontspan, wetende dat ek reg is vir nr 26 Tsendze. Hopenlik het die bome reeds heelwat blare verloor. 

Moet my net keer om Grompie en Kavango se vellings met tandeborsel te gaan skoonskrop. Dis egter koeler om binneshuis op Marie se senuwees te gaan werk!!laugh

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 29/04/2025 - 13:11

Lag maar vir julle eie blaker.laugh

Nee Wessel. Ek hetself groot respek vir daai grootvoete. 2 jaar terug toe is onsself in die Kruger, toe sien ons hoe party besoekers so onverantwoordelik naby die Olifante is. Kan nie dink dat party mense tussen hulle wil deurgaan aangesien hulle seker ongeduldig raak nie. Dom Dom Dom. 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 29/04/2025 - 13:19

Moet my net keer om Grompie en Kavango se vellings met tandeborsel te gaan skoonskrop.

Miskien staalborsel vir jouself, aangesien jy alles wil oordoen en toets. Jy het dit mos verlede maand getoets. Ek glo nie jy sal soos Chris 'n 4 maande toer kan ondergaan, en so BAIE soos Chris kan doen nie. Hy is mos die HEELDAG BESIG.   

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/04/2025 - 13:32

Jy is reg, ons vriend Chris B het meestersgraad in "heeldag besig met niksdoen". 

Ek glo nie daar is iemand wat hom gaan klop nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 02/05/2025 - 15:09

Ek antwoord sommer hier. Die gesprek begin met die plekke en datums. 

Dus van komende Maandag sal ek hier probeer terugvoer gee oor ons wedervaringe, mits ek WIFI sein het. 

0
Pretoria

LouiseM

Fri, 02/05/2025 - 16:20

Dankie het nou julle reisplan gesien. Julle al amper oppad. Maandag sit julle diep in die Wildtuin. Ons sal bietjie hier dophou om te hoor van al die avonture!  Geniet dit. Ons beurt kom darem middel Junie🤗

Voorspoedige reis 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 03/05/2025 - 11:53

...het begin!!!! Nou is dit min dae oor. 

Marie produseer kos [braai] aanvullings en ek bekommer my oor pakplek in die waentjie.

As alles onder banke ingepak is, kan ek kussings ensovoorts terug sit. Daarna kom Grompie aan die beurt om styf geprop te word.

wa

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus