Na aanleiding van Chris S se lekkerlees verhaal, Moon river boskamp wonder ek oor iets alledaags vir die hardebaard 4x4 manne.
Chris meld dat hy die bakkie en woonwa se bande AFgeblaas het, om skade te voorkom.
My logika laat my in die steek. As bande sag gepomp is, maak die sywal mos juis meer boeppens, wat dit tog meer kwesbaar maak vir klip skade. Waar verwag mens die klipskade, op die loopvlak of op die sywal van 'n band.
Ek weet dat pap bande op sand voordelig is, weens groter loopvlak en druk[las] verspreiding.
Wat seg julle ervare veldryers oor my denkwyse
Ek kan nie ...
... werklik deelneem aan hierdie gesprek nie, maar André 4x4 beveel ook aan om banddruk op los klipperige terrein af te bring. Dieselfde vrae kom egter by my op as by Wessel.
Pap tyres
Die advies bo stem ek mee saam. Waneer meer rubber op die grond raak, het jy beter grip. Maar "Rocky" sien ek as ń klipperige oppv, nie een waar jy oor ń klomp skerp klippe klouter nie. Soos bv Van Zyls pas of selfs Richtersveld sal jou bande dit nie maak nie, daar pomp ek kliphard sodat die sykante penregop staan. Jy kan van ń klip sylangs afglei, dit trek ń swart streep op die sykant.
En die dames en here, is maar soos die ou toppie dit doen. Maat wat saam was op ń keer Nam toe, het altwee sy linkerbande verloor, dieselfde tyd, agv sykante te sny. En ń gesnyde sykant.... kan jy nie met proppe regmaaknie.
Klippers en buoyancy
Ek hou van die woord wat Herman in gesprek ge-opper het. Los klippers benodig sekerlik ook meer vastrap oppervlak vir aandrywing.
Die wetenskaplike term "Buoyancy" geld waar 'n liggaam in gas of water verkeer. Die "buoyant force" is die opwaartse druk wat op die liggaam uitgeoefen word. Archimedes se beginsel is as volg;
"A body wholly or partly immersed in a fluid, is buoyed up with a force equal to the weight of the fluid displaced by the body"
Dit is waarom enige iets ligter is in 'n vloeistof is, as in lug.
Waarom die stukkie inligting, bloot om te toon dat wetenskaplike terme uit verband gebruik word.
Pap bande op sand is dieselfde effek as vrouens met skerppunt skoene. In die dae van houtvloere, het daar sulke klein indentasies voorgekom waar die skerppuntskoene geloop het.
Die area van die drukpunt bepaal hoe diep die drukpunt insak[druk]. Versprei die gewig [las] oor groter area, en hoe minder sak die liggaam in.
Genoeg wetenskaplesse vir vandag![]()
Buoyancy in die 4x4 wêreld
Die woord glo ek gebruik die skrywer om te verduidelik dat jy hoër op sagte sand sal " float" met laer druk in band, Dottore.
Om af te blaas, gebruik jy nie die sywal om op te ry nie, jy verleng die kontak area van die band met die sand, en so sak dit nie so diep in nie.
Jou ou "floater"
Herman, jou laaste paragraaf verwys, langer kontak area en/of sywal area toegevoeg, die "load spreader" beginsel geld steeds, en daarom sak voertuig nie so diep in sand in nie.![]()
Jy is "buoyant en float" wanneer jy en Giepie in poele doef.
Tel Giepie in water op en voel hoeveel ligter is hy. Dis nou as hy nie te harig is nie.
Synde die buoyancy so in…
Synde die buoyancy so in diepte gesprek raak, mag ek vra waneer ń vragskip of visssersboot gebou word, kry dit ń laag "anti fouling" verf op. Dit is presies op die lyn tot waar die " vessel" sal wegsak vol gelaai.
Vergeet nou eers van die" displacement volume" en die vrag gewig
. My vraag is ; hoe weet die verwer waar om die streep te trek tussen bo die water en onder die water. Die berekening van die totale gelaaide gewig van dis skeeps gewig plus die vrag is mos seker straight forward. Maar... die tuig het seker meer gewig in die enjinkamer, etc, etc so is dalk nie perfek gebalanseerd voor en agter nie. Dink aan ń Hilux wat se gat hang waneer dit volgestop is. Ry jy in die nag, maak jy die torries wakker omdat jou ligte bo in die bome skyn.
Maar daai painter verf ń presiese streep reg rondom die romp. As dit volgelaai is, sak dit presies tot by die merk.
Ek sal die plasing netnou uitvee. Skuus mense.![]()
Herman...
...ek dink dat die ontwerper presies weet wat totale gelaaide gewig van die skip is. Dan word besluit hoe diep hulle die skip wil laat vaar. Met ander woorde tot waar gaan skip water verplaas, die volume water wat verplaas word.
Die gewig van skip is Ws= relatiewe digtheid van skip x volume van skip
buoyant force= digtheid van water x volume water verplaas.
skip is in ekwilibruim in water, daarom is
gewig van skip = buoyant force
wat beteken dat Vw/Vs = rel.digtheid skip/ water digtheid.
Vw= volume water verplaas
Vs =volume van skip
In die geval van 'n ysberg met digtheid = 0.92 in water met digtheid= 1.03, vind mens dat
Vw = 0.92/1.03 = 89% Dus is 89% van ysberg onder water en slegs 11% steek bo uit.
hoop dit antwoord jou vraag.
Jy antwoord is soos ek dit…
Jy antwoord is soos ek dit verstaan Wessel.
Om die waterlyn op ń drywende kubus te verf sal eenvoudig wees. Jou berekeninge bo doen die ding.
Wat vir my laat wonder is, die skip is nie ewe wyd voor, agter nie. Die romp se vorm is ook nie konstant nie Dan is daar meer gewig agter in die romp. Die generators etc. So leeg sal dit agter dieper in die water wees? Hoe word die berekening gedoen om vir die verwer die lyn se posisie te gee, dat dit parallel met die waterlyn is.
Voorbeeld. Soos jy van ń ysberg praat. Sal mens in staat wees om ń ysberg te teken,van spesifieke volume, en dan die waterlyn mooi duidelik op dit vooraf merk voordat jy dit laat dryf?
Nee dis nie 'n slim verwer…
Nee dis nie 'n slim verwer nie
Of anders gestel, hy het 'n slim ingenieur en sy span wat die somme kan doen. Effe meer kompleks as Wessel se som! Doen gerus 'n internet soektog, daar is 'n swetterjoel simulasie pakette (sagteware) wat die moeilike somme in 'n japtrap doen en die ingenieurs weet hoe om die simulasies te doen! Die slim sagteware bereken o.a. die sg. Center of Buoyancy (die skeeps ekwivalent van "centre of gravity"). Wessel wat van somme hou sal die Youtube video geniet:
In enige groot "voertuig", hetsy dit iets met wiele of vlerke of 'n skeepsromp is, word bo en behalwe die direkte ontwerps aspekte soos 'n sg. "massa begroting", "energie begroting", swaartepunt berekeninge/begroting altyd gedoen en bygehou soos wat die ontwerp vorder...Dis standaard praktyk
Herman...
....daar het die ingenieur gepraat. Laat ons die video gaan kyk en ook slimmer word.![]()
Gedagtig aan die olifant wat ek eergister in dam gesien het, net met slurp bo water, wonder ek of 'n olifant gaan sink of netnet dryf. Ek vermoed die ou bul se pote was nog op die bodem.
Gits, en hier dog ekke die…
Gits, en hier dog ekke die woord "buoyancy" verwys na die sertifikaat wat wat moet aandui 'n boot voldoen aan al die veiligheids matreels en nou gooi julle bande by? Ook maar lekker stupid.
Groot G...
...jip, hier het ons lekker op 'n dwaalspoor gegaan. Ons het begin met bande en hoe om skade te voorkom. Ongelukkig sluip daar toe die woord "buoyancy" in, met Chris S se inset op 27/3/25, wat tot die dwaling gelei het.
Ten minste het dit tot aangename nuwe begrippe gelei.
Nie net in water nie.
En... die woord buoyancy word ook gebruik om na finansiële markte reaksie te verwys.![]()
En... die woord buoyancy…
En... die woord buoyancy word ook gebruik om na finansiële markte reaksie te verwys.
![]()
ek moet dalk meer begin google soos wat Grootwind van praat![]()
Sagter bande kan voorkom dat…
Sagter bande kan voorkom dat bande sny op skerp klippe. As jy met 'n harde band op skerp klippe ry gaan jy verseker jou band sny.
Deur die Richtersveld was ek aanbeveel om af te blaas tot ten minste 1.8 omdat ek net een spaarwiel saamgery het.
Ek het een dag vinnig net vir pret Breedtsnek gaan uitry en het nie bande afgeblaas nie want dit was net so 15km klippad en dan teen die berg uit - ek het toe 'n band gesny maar gelukkig nie op sy kant nie.





‘n Losse gids
Die gids hierbo verwys na beter vastrap ook op klipperige terrein. Ek was meer besorg oor ry gerief en oor voorkoming van stukkies rubber uit die loopvlak breek. Die BF bande se patroon loop darem so ent om tot op die sywal en die bande was nie té pap nie. Ek was dus nie besorg oor skade aan die sywalle nie.
Ek het 1,9 gekies op die Ranger want die bande was warm gery en 2 op die Kavango omdat die bande kleiner is as die Ranger s’n (15” vs 17”).