Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -20 minutes ago
Chris Kanselleer Vakansiebeplanning 2026/27 Chris Boucher -43 minutes ago
Baie waarskynlik Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -11 hours ago
Selfde leeuwyfie? Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago
Wessel ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -12 hours ago

Goeie Hout in die KrugerNP 2025

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Op versoek/skimp van Goeie Hout het ek vir hulle die gesprek begin. 

Ek sien uit na wat alles hier geplaas en gedeel gaan word. 

Ek sal wag tot ek hom ontmoet in Satara om die "oom" titel wat hy so ydelik voor my naam inspan, met hom op te klaar. laugh 

Kaap

Goeie Hout

Mon, 14/04/2025 - 07:31

More more, sy het n lekker nagrus gehad en ons hou duim vas.

Wonderlike week vir julle.  Vir die werkers klas is hy korter.

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 15/04/2025 - 08:01

Dankie Chris Wildehont.

Ons is bietjie down vandag.  Sy het uit gekom gister uit operasie en dr het gese alles well.  

Vanoggend gehoor Dinsdag is die die volgende operasie.  So sy bly in hospitaal tot volgende Donderdag.

So dit is fyn sny.  Nou sal pappie alles moet pak.  Nie dat ek om gee nie.  Maar ek gaan dan iets vergeet of haar goetertjies in pak maar verkeerd in pak.   Maar Chris B is darem daar vir leen.

Sy gaan haar naam nou gestand doen.  Net navigator speel.  Gelukkig ry haar suster en my swaar saam in hulle eie wa en karavaan.  So hulle sal moet help opslaan.

Groete

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/04/2025 - 08:13

....res van April. Ek glo dat ek julle in willetuin sal sien.

Voortrekker met sy storie van coke aandele in niersteen bedryf, laat my net weer besef---ek moet water drink. huisarts het geseg, so 1.5l/dag.

Sleep jou swaer al die pad van Kaap af, en terug saam met julle?? Dit gee lekker gemoedsrus, nie stoksielalleen op pad nie.   

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 15/04/2025 - 08:37

My swaer en skoonsuster sleep van Paarl.

So ons tel hulle so 5 uur op Donderdag oggend in die Paarl.  Dit gee gemoedsrus ja.

As alles nog volgens plan is, maar ek is positief.

 

Sien later.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 15/04/2025 - 10:10

Dis darem nog meer as twee weke voor julle vertrek. Ek hou duim vas dat die Navigstor (hoofletter N) sommer weer klopdisselboom sal wees voor dan. Ook maar goed dit het nou gebeur en nie oor drie weke nie…

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 15/04/2025 - 10:15

Duitse bruisdrankies werk beter as water (en proe baie beter!), veral die wat voldoen aan die Duitse Reinheitsgebot van 1516. Plaaslik voldoen slegs 'n paar spesialis brouers daaraan oa. Brauhaus naby Rustenburg en natuurlik Windhoek (nou kan jy ook jou dokter oortuig Wessel!). Bier word slegs gehuur deur mens, net 'n kort rukkie dan vra Moeder Natuur dat mens dit terug gee! Werk wonderlik vir die niere! Onthou nou ek het nog 'n paar bottels Erdinger Weissbier in die yskas.devil 

The ​Reinhetsgebot - German Purity Law - Beer Cartel

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/04/2025 - 10:34

...dankie vir die Reinheitsgebot. 

Nounet my aanvulling van Windhoek Draught gedoen. Ons is besig om stelselmatig ons aankope vir komende 21 dae in Kruger te doen. 

Skielik raak ek bekommerd oor jou ander gesprek, hoeveel verg dit om 'n Hilux se bak te knak.devil 

 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 15/04/2025 - 18:54

Dankie Wildehont.  Jip, dit is 2 weke.  Die dr lag net want hy se het julle nie vertroue in my nie.

Ek hy se vir Navigator.  Moenie net le nie.  Staan op en stap in gange.  want jou man het jou nodig vir die tent inryg.  Nogal n goeie ice breaker gewees.  Die Dr is meer opgewonde dat ons gaan...

"On the other hand Darren"  Die naweek is dit karavaan polish en ligte nagaan.  Dinge vorder.

Interressante tye.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 15/04/2025 - 19:58

Ons koop van tyd tot tyd 'n paar bottels Erdinger by die plaaslike Makro, of anders die Spar se drankwinkel. Effe duur (te verwagte want dit kom al die pad van Duitsland af), Drie soorte, ene met die naam "Kristal" (dis 'n helder ene), "Mit Heffe" (mens sien klein stukkies gis op die bottel se bodem) en dan "Dunkel" (of te wel donker). Vir ons is die bier spesiaal en word net elke dan en wan geniet. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 15/04/2025 - 20:28

GH, ek aanvaar jou Navigator lê in Panorama hospitaal.  Is haar dokters dalk  dr Hattigh of dr Vlok ?

Sterkte aan Mammie.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 16/04/2025 - 07:36

Goeie more Len.  Baie dankie vir jou nuus.  Hoop dit gaan goed aan jou kant.

 

Nee die dr wat sy by is is n Uroloog, Naude.  En ja, sy is in Panorama.

 

Groete

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 20/04/2025 - 18:41

Goei naand almal.  

Dinge vorder.  Die tafel word voorberi vir die goetertjies wat karavaan toe moet gaan,  Chris B het so n foto ook geplaas.

Karavaan is gepolish en gewas.  Alle ligte van karavaan is getoets en kameras ook.

Stadig begin alles in plek val.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Sun, 20/04/2025 - 20:30

Skuus.

Die pille is gekry.  Kom nogal nie goedkoop nie.

Maar wil nie siek word.  

Lekker week vir julle.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 21/04/2025 - 15:33

My Paasnaweek was rustig, maar moes wonde van Navigator beplak en seel waar die drein uitkom.

Sy is ingeboek in Panorama Spa en more opereer hulle.

Die karavaan is gepolish en gewas.  Hy sal nou onder deur die Karoo Winde hardloop soos Wessel sal se.

Lekker week verder.

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 22/04/2025 - 19:49

Soos julle weet, ry my swaer saam tot Kruger, dan sal ons hard probeer om langs mekaar te staan.  (Hou duim vas) So ons het nou 2 rigting radios gehuur.  Pappie, dit is menere.  30 km radius opvangs.

Nou gaan gorrel ek radios om te sien hoe die radio lyk wat ons gaan kry.  En ek kom op n link: "rules of radio".

raai wat is die eerste reel.  Jou vriend wil nie hoor jou musiek nie.  Ek sou nogal gedink het Ge Korsten se liefling hou almal van.  Toe se Navigator "HOU BY DAAI REEL"

Vir my was dit baie snaaks.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus