Op versoek/skimp van Goeie Hout het ek vir hulle die gesprek begin.
Ek sien uit na wat alles hier geplaas en gedeel gaan word.
Ek sal wag tot ek hom ontmoet in Satara om die "oom" titel wat hy so ydelik voor my naam inspan, met hom op te klaar.
Hallo Wessel
Dr het gese sy kan more ontslaan word en hy stel voor die toer gaan haar goed doen.
So ek vertrou die Dr Naude.
Radios jip , dit gaan lekker werk. Goeie idee om dit te he dan vir trokke verby gaan. Maar die reel is dat dit afgesit word in Wildtuin.
Groete.
Hallo Almal
Hallo Alaml. Die tyd stap aan. Jammer ek is nog nie aktief oor naweke.
Die Fleetline is so te se gepak. Daar is mos altyed ietsie wat moet ingaan.
Net finaal die kossies en snoeperytjies. Navigator het n lekker "hamper" gekry van haar werk om aan te sterk wat nou lekker te pas kom vir die snoepery op die lang pad.
Susie sal so teen Woensdag middag klaar gepak wees. Ek wil nie hoër as Susie se bakwerk gaan so ek neem maar min gadgets saam.
Dan is dit Donderdag oggend 4 uur uit die Kaap.
Ek volg Chris B se 4 maande en kan ook nou nie wag nie.
Goeie Hout is bly dat julle…
Goeie Hout is bly dat julle dinge nou in plek val. Sterkte met die laaste voorbereidings.
Ek wag ...
... vir daai reisverslag. En as alles volgens plan verloop kamp ons mekaar volgende Maandagaand in Krokodilbrug raak. Kyk maar vir die CAM Hilux met die 32-jarige Caravette 6B agteraan.
Ek wag ...
Chris alles is nog volgens plan. 4de by krokodil brug.
my flletlinetjie is nie veel joner as die OLD LADY.
2003 - 2025 = 22.
Susie is nou uitgekiet met kameras, dahs can ens, ens.
Ek rpobeer die fotos laai.
Sien dan.
Kan nie wag
Maurits tot Dinsdag 29 April…
Maurits tot Dinsdag 29 April.
Môre gaan ons wedstryd in Stellenbosch bywoon.
Maurits baie dankie en ons…
Maurits baie dankie en ons sal dit beslis geniet as dit nog gereël kan word. Ons sal 2uur moremiddag terug wees in Franschoek.
Hallo Almal
Net genade net genade. Dis nou net 1 dag.
Die karavaan is klaar gepak. More is dit Susie wat gepak word, en dan haak ek en gaan slaap. Natuurlik tradisie is daar moet so 6 uur die aand n vuurtjie aangesteek word met die nodige rooietjie. Ons braai hamburgers.
Vandag is susie se bande opgeblaas na 3 en haar diesel tenk is volgemaak. Interressant die boekie se 75 liters, maar sy neem net 55 liters. Waar is die ander 20 liters.
Mama is gesond en dreine is uit. Baie dankbaar.
Ek werk nog more so half dag.
Ek sal more aand begin fotos laai.
Tot later.
Die 20l was....
...seker maar reeds in die tenk![]()
Ek is van mening dat voertuie se brandstofmeters maar redelik onakkuraat is.
Dis hoekom mens baie hoor hoe vêr persone ry met meter op E, die E vir enough
Veilige rit...
en ek wens vir julle 'n onvergeetlike lekker vakansie Goeie Hout. Laat ons maar so af en toe hoor hoe julle vaar, ek lees graag saam.
Goeie Hout veilig ry en…
Goeie Hout veilig ry en geniet die vakansie.
Voorspoed....
....vir die kuier kuier sleep wille Kruger tuin toe. Hou ons ophoogte tot ons gesels/ontmoet in Satara.
Volgens radio protokol---- oor en tyd![]()
Hallo Almal
Ons is veilig. Baie dankie.
Dit was weereens n belewenis,
DAG 1. Ek sal nie weer…
DAG 1.
Ek sal nie weer vroeg sleee nie. Die pad is nie lekker nie. Maar so leer ek. Ons het so 5 uur van Goodwood tot in Paarl gesleep. 6 uur uit Paarl saam met swaer. End dit het gereen.
Laingsburg was eerste stop so alles mooi geloop. Susie en fleetline het mekaar mooi aangevul.
Die plekkie Joalanie is so 30 kilos uit 3 sisters. Ou likke plekkie. Hulle het ook huur huisies. Word op geneem deur kontrakteurs...
Bundu
Dag 2
Van Joalin, is ons oppad na Bundu river lodge. O die pad was leker en susie loop soos room ys. En Fleetline volg net. Navigator doen haar deel. maar alles is mos vndag elektronies.
Bunde se pad vanaf N1 na die plekkie sal ek nie weer ry. Ek mag nie negatief se oor plek. ...
Dag 3
Vanaf Bundu is ons na Pienaar dam.
Wat n mooi plek. Paaie is maar nie wat dit was. Ek voorspel n gewone karavaan gaan nie meer hou op ons paaie.
Die vragmotors is iets aanskoulik. Ek het die Ben Schoeman oorleef en jislaaik die manne ry tussen JHB en PTA. Hulle speel mie.
Ek het verbasend goed gedoen met diesel verbruik. kry so 8 tot 9 kilos op liter met n karavaan. Glad nie sleg.
Ek is net baie geirreteer. My regter "flicker" lig het een of ander rede die gees gegee. Dit is nadat ek dit woensdag nagegaan het en nagegaan het.
Maar verder is ons baie geseend.





Goeie hout
As mens radios huur, beteken dit dat mens dit oral wettig mag gebruik??
Ek en 'n vriend was so saam af Oos London toe. Radios werk te lekker, veral as voorste persoon by trok verbygaan. Dan kan jy altyd vir maat laat weet, wanneer dit veilig is om ook verby te gaan.
Is navigator reg na operasie vir haar rol met komende toer???