Op versoek/skimp van Goeie Hout het ek vir hulle die gesprek begin.
Ek sien uit na wat alles hier geplaas en gedeel gaan word.
Ek sal wag tot ek hom ontmoet in Satara om die "oom" titel wat hy so ydelik voor my naam inspan, met hom op te klaar.
Bokswyn...
se voordeel is, dit kan nie breek en alles bemors nie. Bottels wyne draai ek net dik toe in koerantpapier, en laat plat lê.
Gelukkig het ek 2 jerrykanne op die wa, ene vir rooi en ene vir wit.![]()
Wiellaers
Dit is dalk daar gesê maar ek domkrag my wa net op voor ‘n lang toer en voel of daar speling op die wiele is. As daar nie is nie doen ek niks aan die wiellaers nie. Ek voel ook aan die metaaldoppe wat die laers bedek elke keer wat ons stilhou om seker te maak dis nie uitermatig warm nie.
Reverse Assit
Goeie naand Wildehont. Oom Len het in een van sy gesprekke/draad lyn n foto geplaas waar sy karavaan gehak is en n skilpad naby sy karavaan is. Die foto was geneem in Karoo.
Op sy karavaan se hak was n geel dun plaat met Road Assist op. Weet jy wat dit is?
O gaats nee
Ek het nie ‘n idee wat dit is/was nie. Ek het maar ‘n kleinerige boswa, het nog nooit ‘n karavaan gehad nie. Hopelik weet een van die meer ervare mense hier.
Ek glo vas aan die gesegde …
Ek glo vas aan die gesegde "don't fix it if it isn't broken". Die storie van elke jaar die wielaers te "diens" is bloot net 'n uitnodiging om stof en ander vuilgoed in die laers te kry = einde van 'n laer. Doen dieselfde behalwe dat my Fleetline op bokkies met wiele innie lug staan, gee so een maal 'n week die wiele net so 'n "spin" en voordat ons ry voel ek ook of die laers speling het en draai die wiel vinnig om te hoor of daar snaakse geluide is. Laaste stap haal ek die metaal doppie af om seker te maak die ghries is nog sag en nie loperig/olierig nie en belangrik dat die "split pin" wat die kasteel moer in plek hou nog daar is en heel is, doppie gaan dadelik weer terug. En voila, die laers is gediens!
Kasteel moer?
Grootwind, stem heeltemal saam. Die vreeslik gereelde laers afhaal en oorpak, is vir moeilikheid soek. Netnou draai jy dit te vas, of te losserig, en dan begin jou probleme, kasteel moer of de not.
Kasteel moer
Goeie more julle.
Baie dankie Grootwind en Neef.
Nogal n mooi naam KASTEEL MOER.
Lekker dag.
Kasteel moer....
....toe, dan is dit ook Jan van Riebeeck se skuld
Kasteel moer is net so…
Kasteel moer is net so geleen van die Engels "Castle Nut". Maar dis minstens beskrywend! Vir diegene wat tegnies gestremd is, eerste prentjie is 'n kasteel moer, en tweede ene kasteel moer op 'n as en in plek gehou met 'n "split pin". As die "split pin breek of uitval is dit 'n ongeluk wat wag om te gebeur (afhangende watter ene dit is, die rotasie rigting van die wiel speel hier 'n rol of die moer homself losdraai, of nie)
Skinner nuus
Nou eers gou skinner op die draad. Skuus, maar ek moet.
Onse Wessel vertel my vanoggend dat hy sy wa werkswinkel toe geneem het vir so droeë geluidjie erens op die onderstel. Daar gekom, word so bietjie gespuit en geghries, en voorgestel dat die remme verstel word. Dit voel glo so halwe klikkie op die handrem te los. Word toe gedoen, en dalk hoog tyd, want dit is ń volle 1500km gelede gedoen Wessel se woorde, of dan nou amper sy woorde.![]()
25km later by die huis gekom, is die linkerwiel-velling te warm om te vat....... Ai tog. Daai wa se wiele en suspensie en brieke sal mens na drank dryf.![]()
Is ook virsigtig …
Is ook virsigtig as Wessel iets skryf oor onderhoud op sy wa om dit te lees.
Voel vir my asof ek te min onderhoud op my wa doen - soos Wessel - en dat dinge net gaan skeefloop. ![]()
![]()
Die gekarring aan laers en…
Die gekarring aan laers en remme klink nou soos 'n 1970's Cortina XR6 eienaar...elke Saterdag word die enjin uitgehaal en die "bearings" en "pistons" (daai jare was daar nie goed soos laers en suiers nie!) noukeurig bekyk vir enige teken van probleme waarna die spul versigtig weer aanmekaar gesit word en daarna word die enjin bederf met 'n kan splinternuwe Castrol GTX gevolg deur 'n blikkie Wynns (om die enjin lekker glad te laat loop sien), en natuurlik nuwe filters (net die beste, GUD) en Champion "plugs". Met alles gedoen is die XR6 reg vir 'n "tune up" maar dis Saterdag en die rugby beginne nou-nou, teen die tyd dat die rugby verby is, is die Black Label ook al klaar en die man is nou moeg. Sondag oggend word net gewag tot die dominee verby ry oppad kerk toe, dan word die blou oorpak weer aangetrek en nou moet die XR6 "ge-tune" word. Dit word gedoen deur die enjin te "rev" tot net duskant die rooilyn oppie "rev counter", tyd is belangrik want alles moet klaar wees voor die dominee weer verby ry oppad huis toe. Nou is die XR6 weer "reg" vir die nuwe week wat voorlê! As daar gekamp word met die ou Gypsey of Sprite word die Saterdag en Sondag joppie sommer in die karavaan park gedoen. man kan mos nie oorslaan nie, netnou mis mens iets ernstigs innie enjin!
Lekker gelees Grootwind. Ek…
Lekker gelees Grootwind.
Ek het ń buurman gehad in my jong dae, toe ons nog nie heeltemal die skuif na ander kant van die spoorlyn kon bekostig nie. As ek op ń Saterdag oggend buite die dag kom groet, staan hy met die Isuzu, of die Opel Rekord se enjin op ń 44 gelling drom." Môre Herman" met ń groot tevrede glimlag, en haak af, " Hy loop weer vanaand"
Ek moet byvoeg dat albei het Ford v6 ombouings in gehad, met bitter klein knaldempers.Willie het selfs op ń stadium vir hom ń 6x6 Hilux, ook met v6 Ford, gebou!! Dit was ń hengse besigheid van kettings en sprockets. En... dit het nogals gewerk. Willie was makeniek vir die spoorweg, seker ń goeie ambagskool gewees.
Herman...
Dis nie die wa se brieke, suspensie en wiele wat my laat suip nie. Dis die verdomde ongehoorsame oorywerige tegnikus en sy handlanger..
Ek wonder egter, daai 1500km het ingesluit Magoebaskloof af. Dit het lekker gegaan, loslit amper vry geloop in harmonie met Grompie in derde rat wat kombinasie in toom hou.
So vang ek toe op met 'n trok voor my, en voor dit 'n woonwa wat heeltyd rem. Om toe die vryloop van remme en spoedbeheer te kry was feitlik onmoontlik, want elke halfminuut moet mens rem. Dalk het dit daai 1 klik opstel veroorsaak, wat toe egter net halwe klik moes wees.
Wessel en lamp
Ek sit hier in die Kaap met n ander kasteel. Castle Lager.
More word daar iets gedoen aan karavaan. Navigator moet altyd die karavaan skoonmaak voor ons iewers heen gaan. So ek mag nie ingaan voor sy klaar is. Ai toggie.
Ek het nou my goedjies (gadgets) al so beplan dat alles net onder ZUZIE se laai bak is. MAW, niks staan tot teen die dak. Rally is in krat (sodat dit nie ander dinge nat maak of vuil maak), (Grondseile ook in n ander krat) en word laaste ingepak (tot by Pienaardam) want dit gaan eers op as ons die 4de dag in Krokodilbrug is. Op ander se insette word die braaivleis ook so gepak dat dit in volg orde is. Kan nie wag nie.
Hallo AlMAL
Wat is die raad vir ontbyt langs die pad. Ek toer elke 2de jaar en dan is afstande nie so groot, maar 2009 laas na Oom Paul Kruger gesleep. Is dit raadsaam om langs pad te brekkie (by die sement tafel en stoele rondom dit) of moet jy maar by dorpe/stede stop en daar jou brekkie uithaal weens veiligheid.
In die ou dae toe ek n tjokker was het ek saam met my pa se vriend van Worcester getoer. Sy seun en ek is groot virende. Dan stop ons langs pad (by die sement tafel en stoele rondom dit). Ons moes takkies en klein houtjies optel, gat grawe en dan braai die oom vir ons wors. Gat word toegemaak en water opgegooi. Seker gemaak alles is veilig. Lekker dae.
Lekker naweek.
Ontbyt langs pad
Goeie hout, jy gaan moontlik uiteenlopend antwoorde kry.
Ons eet nie meer langs die pad by eetplekkies nie. Ek voel nie meer veilig langs N1 en N4 om dit te waag nie.
Ons eet meestal eie padkos by vulstasies se parkeerplekke. As dit plekke is met wegneem etes, bederf ons onsself. Ons het altyd fles met eie koffie by ons. Ons maak ook beurte met gebruik van geriewe sodat daar altyd ene by woonwa en Grompie is.
Die laaste keer waar ons houtgerus by tafeltjies ge-eet het, was tussen Upington en Twee Rivieren. Daar is omtrent geen verkeer nie. Die woefie met 15 tande was gerusstellend byderhand.![]()
Sjoe, Goeie Hout...
16 jaar is 'n baie lang tyd (sedert julle laaste Kruger-vakansie). Jou opgewondenheid gaan selfs oortref word. Dit bly (vir ons) die lekkerste vakansiebestemming in SA.
Troetel maar net die goeie herinneringe aan die sement-tafeltjie-piekniek van jare gelede. Dit is ongelukkig nie meer veilig om langs die pad te stop nie. Sommige mense eet by padstalle, ander by vulstasies se restaurante of eie padkos iewers op die parkeerterrein terwyl dit 'n gerieflike plek is met kleedkamers en dan sommer ook vir brandstof.
Julle vertrekdatum - wanneer nou weer?





Wessel
Great en dankie.
Jip, ek moet ontspan. Jy is reg.
KWV se bottels gaan in. Iewers het iemand gese nee vir Bokswyn.
Lekker aand almal.