Op versoek/skimp van Goeie Hout het ek vir hulle die gesprek begin.
Ek sien uit na wat alles hier geplaas en gedeel gaan word.
Ek sal wag tot ek hom ontmoet in Satara om die "oom" titel wat hy so ydelik voor my naam inspan, met hom op te klaar.
Onder Sabie ???
Môre Goeie hout, het jy "movers" op jou Fleetline?
Ek kan nie onthou wanneer is die huidige woonwa gedeelte in Onder Sabie in gebruik geneem nie. Ek wonder dus of dit dieselfde is, as in 2009 toe julle daar was.
Ek was laasjaar vir die 1ste keer in O.sabie, en het die stanings baie gebruikers onsmaaklik gevind. Dis klein met die bome en struike wat groot geword het. Boonop is van dit in 'n L vorm met plaveisel randstene uitgemerk.
Dis amper tyd om te hak, ons begin 5 Mei in Berg&Dal.
Lower Sabie
Ons is weer mal oor Lower Sabie se staanplek uitleg. Ek verstaan egter dat die manne wat groot opslaan ook nie hiervsn hou nie. Afgelope 3 jaar se besoeke was Lower Sabie definitief ons gunsteling kampeer fasiliteite van die klompie kampe besoek
Lower Sabie
Ek was so lanklaas in Kruger NP, dat ek nie omgee hoe die staanplekke is nie. Wil net daar uitkom.
Hallo Almal
Dae aftel het begin. 28 dae.
Skuus as ek so dae aftel maar so bang iets val voor. Maar soos Neef Herman se, Bly positief.
Gewoonlik sleep ek vanaf Kaap na Karoo, 452, dan Gariep ens.
Maar die keer wil ons so vinning by Kruger NP uitkom, so die eerste 3 dae is kwaai, Gemiddeld so amper 600 kilos per dag.
Maar Isusu delivers......
My Fleetlinetjie staan en dans ook van opgewondenheid. Oor KWV se rooiwyn wat in sy buik gelaai word.
GH
Goeie hout...
...ek wil nou nie rerig jou lus blus nie, maar oral behalwe Tsendze, werk dit op soek maar 'n staanplek, 1ste daar neem lekkerste plekke.
Onder Sabie: ry met middelste ingang af, en onder waar staanplekke teen die Chalets eindig, is na my mening die ruimste staanplekke met lekker koelte. Ongelukkig was ek nie beindruk met die kamp nie.
Ek maak 'n nota oor die Koos Wye Voete produk in die buik.
Goeie hout...
...as jy na my toerverslag regs bo op hoofblad gaan, na bladsy 6, daar is 'n foto van ons staanplek in O.Sabie. As jy dit vergroot kan mens die nommer sien, as 17. As jy 16 of 15 kan kry het jy lekker staanplek met koelte, veral 15, teen die kombuisie!!
Ondersabie nr 16
Ek hou ook van Ondersabie. Die staanplekke is na my mening heel voldoende en ons het gemaklik ingekom by nr 16 en kon ook ons rally opslaan. Nr 16 is op 'n hoek en ons het geen bure aan ons voorkant gehad nie. Aan die A-raam se kant was die struike dig en hoog en ons kon nie eers die bure sien nie.
Lower Sabie
Kaap
Goeie Hout
Wed, 02/04/2025 - 18:35
Permalink
Geert
Ek het maar besluit om die awning te los. Ek en Navigator is nog jonk so ons kan die rally opslaan. Seker nie so vinnig soos n awning, maar wat wou.
Het jy enige voorkeur aan Lower Sabie en wat se nommers staanplek moet ek probeer
By aankoms by Lower Sabie, parkeer ons gewoonlik eers in die teerpad buite die kampeer area en loop dan deur die kampeer area en besluit dan waar ons wil staan.
Op foto staan ons op 3.....baie lekker en naby aan ablusie
Kwaai olifante
Net n woord van advies, passop maar vir die bulle, hulle was geweldig wispelturig toe ons nou daar was, en daar is honderde van hulle, die meeste wat ons nog in ons lewens gesien het.
Ten spyte van die getalle wild lyk die veld baie mooi en alles is grasgroen.
En, die wildtuin het "Goeie Hout", koop dit gerus.
Enjoy.
Kwaai olifante
Hallo Frikadel.
Dankie vir die stukkie advies. JDie bulle hou gelukkig nie van IZUZU's nie so hulle gaan weg bly.
GH
Hallo julle
Goeie naand aan almal. Hoop die naweek was lekker.
Navigator kla al lank van n pyn, en Vrydag nag toe se sy sy kan nie meer. Er toe, opgeneem en flippen 3 stene van 3 cm is op of in nier.
Die eerste vraag wat sy die Dr se is, ek ry 1 Mei. Ek het haar so jammer gekry. Sy kon nog nie tyd spandeer aan toer oor die doeke partytjie wat sy moes reel.
So nou word sy more geopereer. Hulle boor nou die stene uit. Ek vra die dr of ek my Ryobi boor moet bring toe se hy hou maar terug. Hy het n boor. Mediese Tegnologie is ver gevorder. En alles word gedoen met kameras en bore. Geen snye nie. Kan julle dit glo.
So hopelik as alles goed gaan is sy Vrydag by huis. So ek sal maar alleen rally moet opslaan in oom Paul se tuin. Enige helpers....
Nierstene is...
....blykbaar veel erger as kraam.!!!! Gelukkig het ek nog nooit daarvan las gehad nie.
Sterkte daar met die pasiënt en versorging.
Sien julle in Satara, sal help met tent
Sterkte Goeie Hout. Hoop…
Sterkte Goeie Hout.
Hoop alles loop goed af en dat sy gou sal herstel.





2009
Ek het gaan loer na 2009 se fotos.
In Lower Sabie