Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -32 minutes ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -1 hour ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -1 hour ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -2 hours ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago

Ons 4-maande toer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:

5 - 14 April: ATKV Hartenbos

15 - 21 April: Karoo Nasionale Park

22 April: Forever Gariep

23 April: Weltevrede, Parys

24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba

4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin

5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin

2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin

3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa

4 Augustus: ATKV Klein-Kariba

Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.

Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak. 

Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.

Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 16/04/2025 - 08:45

Ek is 'n dag agter met terugvoering, maar nietemin. Soos Wessel hierbo genoem het, gaan ons vakansie voort. My kardioloog-afspraak het relatief goed afgeloop. Die sonar het aangetoon dat die hart op die oog af nog goed voorkom. Die rede vir die ongemaklike gevoel op die bors word toegeskryf aan inflammasie van die hartvlies waarvoor ek medikasie ontvang. Daar is egter 'n redelike mate van kommer oor die atriale fibrilasie (AF) wat ek ervaar. Ek is op 'n "sterker" bloedverdunner geplaas wat ek eers 'n maand moet gebruik voordat verdere besluite geneem sal word. Die kardioloog in Mosselbaai se kamers poog om vir my 'n afspraak met 'n kardioloog in Nelspruit te reël wanneer ek in Krokodilbrug is. Ek is maar net gemaan om dit rustig te vat en nie die wekker te ooreis nie.

Die weer het ons toegelaat om Maandagmiddag rustig en droog te kon oppak. Ek het oorweeg om misbruik te maak van die dokter se aanbeveling en eerder op 'n stoel te gaan sit en kyk hoe Ralie die oppakkery hanteer. Maar dit sou nie werk nie. Dit sou waarskynlik die einde van die vakansie beteken.

Ons is gisteroggend net na 09:00 weg op Hartenbos en het met die Robinsonpas tot Oudtshoorn gery. Watter 'n pragtige natuurskone roete. Na 'n paar inkopies by PnP in Oudtshoorn is ons vort tot De Rust waar ons weer by Ray's Coffee Shop 'n heerlike "brunch" geniet het. Ons het hierdie lekker vriendelike eetplek Oktober "ontdek" toe ons op pad was na die mini-herfsblaresaamtrek in Karoo Nas Park.

Meiringspoort bly vir my keer op keer 'n belewenis. Joe - ek geniet daardie pad.

Ons was om en by 14:00 by die park se hek. Ek kan nie onthou dat ek die park al ooit so mooi groen en welig gesien het nie. Prentjiemooi!!!

Neef het by geleentheid genoem van die brand in die kampeerarea wat my en Wessel se gunsteling staanplek 'n bietjie ontbloot gelaat het. Ons staan nou op No 11 - aan die voorkant van die ablusies. Soos die temperature tans is (sonskyn, maar maksimum 20°C) soek jy eerder 'n bietjie son. Hier is tans heelwat kampeerders, maar ek vermoed dat die park vol sal wees oor die Paasnaweek.

Vandag lê daar eers 'n paar sleurwerkies voor, bv. klerewas alvorens ons heeltemal kan ontspan en 'n bietjie die park gaan verken. Ek verneem leeus ('n mannetjie en 3 wyfies) het eergister 'n eland knap langs die pad, op die middel-plato, platgetrek en gister steeds by die karkas vertoef. Ek hoop ook vir 'n mooi "sighting" of twee terwyl ons hier is.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 16/04/2025 - 09:32

Die terugvoer klink darem redelik positief en dis goed om te hoor dat julle toer kan voortgaan. Hoe verder noord, hoe beter sal dit gaan, hoop onssmiley. Geniet die Karoo.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 16/04/2025 - 10:30

Dis hoe dit lyk. Geniet dit julle bevoorregte mense. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/04/2025 - 11:31

...wat julle daar gekry het. Ek kon net nog nooit dit oop kry nie. 

Marie gebruik Eliquis 5mg bloedverdunner. Ongelukkig duur, maar medies betaal beste deel.  

Geniet vakansie, en ontspan.

0
Sandbaai

maurits

Wed, 16/04/2025 - 12:13

Chris, sterkte vir jou. Ons het moes almal, lewenslustige vroutjies getrou. Nou begin die dinge ons inhaal. Maurits

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 16/04/2025 - 18:36

Daars hy Chris, goeie nuus en geniet elke dag. Weervoorspelling beweer hier kom bietjie koue vir ons aan, so vroeg gaan die wild nog wegkruip. Die Leeumannetjie, enigste een oor in die Park, het glo ń vasektomie gekry, so daar sal nie weer aanwas wees nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 16/04/2025 - 18:39

... ek kon julle die klanke laat hoor. Ons sit hier buite. As ek 'n Karoo-skaapboer was, sou ek seker die horries wou kry, my geweer gryp en in die rigting van die jakkals se getjank wou ry. Maar as 'n dorpsjapie wat hier in die Karoo kamp, is dit té mooi om so, met 'n koue Skotse drankie in die hand, na die boere-kwaadmakers te luister.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 16/04/2025 - 18:44

Chris ek kan nie wag vir daardie geluide.  Ai dit is dalk stereo in jou ore.

mamma is ontslaan vandag maar moet terug maandag oggend vir laaste operasie Dinsdag oggend.

Ons sny fyn ons sny fyn.

Maar ons is positief.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 16/04/2025 - 18:50

Jammer julle.

Ek is maar stil vannaand.  Mamma le en ek braai en ek proe so aan n rooietjie.  Die Fleetline se buik het van hulle.  Wessel het gese hy neem notas.

Karoo Nas Park is darem net te mooi.

Ons ry die keer verby en kamp 1ste nag by JOALANI op pad na KrugerNP.

Die ISUSU se stuurwiel sal voor B Wes net links wil draai.  

Chris B, ek admireer jou.  Ek slaan bitter min Rally se kante op.  Ek is seker te lui of ek voorspel geen winde.

Geneit PAAS FEES.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/04/2025 - 19:46

...wat Chris so netjies opgesit het onder die deur, voor wiel , tot agter, sit ek nooit op nie. Die voordeel van die onderok is, dit keer daai koue windjie onder deur die wa.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 16/04/2025 - 20:33

... maar jule ouens kyk fyn. Mammie dring aan op die stoeptent se sykante en die "skirting" - of soos Wessel verwys na die onderrok. Ons slaan nooit die voltent op nie - gevolglik is die stoeptent se sykante en "skirting" eintlik "peanuts" om op te slaan.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 17/04/2025 - 08:17

Dit is maar koelerig in die Karoo - nie dat ek dit nie waardeer nie. Alhoewel my beter-helfte 'n bietjie warmer weer sou verkies. Haar ou "live saver"tjie is darem in die karavaan - 'n waaier-verwarmer.

Ons het gou gister van die sleurtakies afgehandel - 'n paar stukkies klere gewas en 'n paar noodsaaklikhede in Beaufort-Wes gaan koop. Tussen die kamp en die hek het ons heelwat wild gesien in die pragtige groen veld - koedoes, bergkwaggas, rooihartbeeste en volstruise.

Die Hilux se banddruk is afgebring na 1.8 Bar vir die gruispaaie wat van vandag af aan die beurt sal kom. Ek's nuuskierig om die res van die veld te sien.

Vanaand bederf ons onsself 'n bietjie deur in die park se restaurant te gaan eet - iets wat ons jare gelede laas gedoen het. Ek hoop hulle het nog hul "Karoo Rack of Lamb" op die spyskaart - dit was destyds 'n wenner.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/04/2025 - 09:09

As jy sulke insette oor "Rack of Lamb" wil plaas, net om ons ander tuisblyers jaloers te maak, gaan ek nie verder lees nielaugh

Met so 'n bederf vanaand, het jy seker dubbeldosis bloedverdunner gedrink vanoggend. Ek glo egter dat alkohol enige vetterigheid vinnig neutraliseer in die maag. Paar glase rooiwyn saam met ete, gevolg met dubbel dosis skoon Konjak voor slaaptyd!!! 

Geniet dit en vat beentjies saam om môre vir jakkalse in veld te gee. Moet net nie dat Armond jou vang nie!!!devil

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 17/04/2025 - 10:40

Die ding van vet deur alkohol te neutraliseer moet sekerlik waar wees. Jare terug deur 'n rasegte Framsman en nogal in Frankryk vertel dat dit die rede is dat hulle lief is vir 'n glasie Calvados na 'n swaar ete. En net ingeval, drink hulle ook  (heelwat) rooiwyn tydens die ete. Siende dat die Franse 'n hogerige lewensverwagting het (80+ jaar) moet seker as bewys gesien word! Geniet daai skapie Chris B!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/04/2025 - 12:17

...het jy nou gedink ek suig wetenskaplike feite uit my duim, en dit voor Paasnaweek.laugh 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 17/04/2025 - 12:19

...............ek stem saam met julle gebruik om die sykante, onderrok en wiele-bedekking te gebruik as ons die stoeptent opslaan. Ons gebruik ook baie selde die voltent, net as ons langer as 14 dae op 'n plek kamp, maar dit het lanklaas gebeur.  Sou dit reën of die wind waai, is kuier onder die stoeptent steeds moontlik en steeds baie lekker.

0
Sandbaai

maurits

Thu, 17/04/2025 - 12:23

As ek so lees het hierdie vriend van Kleinmond n goeie begroting vir uiteet ingepak! Hy moet dalk so bietjie oorhou dan kan hy as hy verjaar ons in Komatiepoort dalk Spur toe neem.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/04/2025 - 12:24

...jy is geheel bekkig nê!!! Ek sal ook lekker kuier as ek 'n SAAL gehad het vir 'n stoeptentlaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus