Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 minutes ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 minutes ago
Smaak my ... Forum Herstel en terugvoering Chris Boucher -5 minutes ago
Myne lyk só Forum Herstel en terugvoering Chris Boucher -7 minutes ago
hy lyk so ... Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -49 minutes ago
Het die ... Forum Herstel en terugvoering Chris Boucher -56 minutes ago

Forum Advertensies?

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Na aanleiding van advertensie navraag:

PJ

Mon, 04/12/2017 - 09:47

mag ons ander dus adverteer?

Hierdie is vir my n baie grys area oor wie mag wie adverteer ;)

 

Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 04/12/2017 - 09:54

Hi PJ, welkom by kampforum!…

Led and Beyond het 'n advertensie ooreenkoms met kampforum.  Hulle is eintlik ons eerste adverteerders - ons is maar besig om te voel en ontwikkl soos ons vorentoe beweeg en die forum groei smiley

Ek moet juis L&D se advertensie blok, heel onder, klaar maak -  maar wag vir inhoud van hulle af.

 

Pretoria

PJ

Mon, 04/12/2017 - 20:41

PJ

Mon, 04/12/2017 - 19:48

Dankie vir uitklaring

Dankie Voortrekker,

Ek sien net op baie forums word duidelik gemerk dat geen advertensie (selfs ook op die Facebook blaaie) mag wees nie. Nou is daar mense wat ietsie vra oor waar om wat te kry, nou noem almal name en besighede en hoe goed die en daai is, dis mos dan advertensie.... Hetsy direk of indirek.. 

En as daar nou iemand op die blad deelneem met betrekking tot enige kampverwante besigheid, mag hy nou nie sy eie besigheid se naam noem nie want dis ook dan advertensie, so is dit nou eintlik regverdig? 

As mnr X nou in die mark van tente is, en almal soek vandag tente, moet hy nou tjoepstil wees op die onderwerp?

Ek vra maar net want ek sien 'n tendens op baie van die forums en die adverteerders (sekerlik maar omdat betaal word) kry nou alleenreg of jy betaal nou vir jou advertensie, en almal noem op 'n draad al die ander besighede, dis mos ook maar onregverdig seker vir hulle? 

Dankie, ek lees graag verder op die topics maar ek wou maar net noem dat so iets wel maar dinge moeilik maak... Ongeag wie nou die voordeel hieruit trek, of benadeel word... Want ek as forum lid sal eerder AL die moontlike opsies wou deurkyk maar erens word daar nou "gordyne toegetrek" en ander word "kwaai geboost" omdat hulle maar vriende het op die forums..

Use it, dont use it.. ;)

0
Meyerton

Segekok

Mon, 04/12/2017 - 20:42

Segekok

Mon, 04/12/2017 - 19:58

 

Daar is van die FB groepe…

Daar is van die FB groepe wat so oordonder word met adds dat die lekker is om daar te wees nie.niemand gaan jou add in n koerant plaas as daar nie die een of ander ooreenkoms is nie.  

Ek is seker as jy met bestuur praat dat daar n ooreenkoms aangegaan kan word. 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 04/12/2017 - 21:15

Ek dink die vertrek punt sal wees om "Advertensie" te definieer.

As bv Ford hulle voertuie hier wil "bemark",  moet hulle betaal, as ek vra waar kan ek my tent laat reg maak, kan "gewone lede" hul kommentare lewer dit sou, ek dink, nie-betaalde advertensies te wees.

Dit is maar net my opinie, wat dink die ander lede?

0
Pretoria

PJ

Mon, 04/12/2017 - 21:45

Johann L dit sal sekerlik die beste wees om so iets te definieer ja. Want enigiemand kan 'n produk op enige forum bemark deur net te noem dat hy daar was of daar iets gekoop het en dus eintlik mos maar die besigheid (selfs oord) adverteer. 

Ek wil nie regtig moeilik wees daaroor nie, dis maar net iets wat ek raaksien deesdae en optel dat advertensies verbied word maar dit keer niemand om iemand anders te adverteer nie, en sou so persoon met verwante besigheid op die forum elkgeval deelneem omtrent 99% mbt ander onderwerpe moet hy nou stilbly of kan hy so persoon wat dalk inligting wou kry antwoord en sy naam of besigheid noem?

Ek lees maar net die admin reels wanneer ek aansluit by iets en dan merk ek maar op en wonder oor hoe regverdig dit soms is...

Dankie vir die aandag wat jul hieraan skenk.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 04/12/2017 - 21:52

PJ, ek hoor wat jy sê.   "Word of Mouth" is DIE beste vorm van bemarking, hetsy positief of negatief.

Maar, voor ons verder gaan,asb, vertel vir ons van jouself.  Kamp jy darem ook so tussen al die bemarkings navorsing en verkope? smiley

0
Pretoria

PJ

Mon, 04/12/2017 - 22:01

Haha! Ek kamp darem ja. wink Ek en my gesin geniet ons woonwa en kyk juis uit vir kampplekke vroeg Januarie voor skole weer begin. Ek het juis gekyk na plekke by gamtoos rivier maar doen nog navorsing oor of ek nou so ver wil ry vir basies 10-12 dae of sommer nader gaan naby Parys by vaalrivier of dalk by n dam. Bietjie lus vir visvang en Kayak roei..

My vrou het genoem sy is bietjie lus vir toer die jaar. Sy wil so 3 dae op 'n plek staan en dan aanbeweeg maar dit klink vir my na werk!

 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 04/12/2017 - 22:07

Ek dink die vertrek punt sal wees om "Advertensie" te definieer.

JohannL, ek stem.  Daar is ook verskillende vlakke van advertensie beskikbaar op so 'n platform, dit is eintlik oneindig.  'n  "Real Estate"  advertensie blok, soos dit wat Led & Beyond gaan huur by kampforum.  Posisie en grootte van die blok  bv  200 x 100 pixel of   300 x 200 pixel ens...

Dan kan mens 'n bietjie eenvoudiger gaan en 'n "listing page" hé  waar kommersiele lede se besighede onder kategorie gelys kan word.

Belangrik, en om by te voeg waaraan Segekok geraak het, is om nie advertensie en desperate spammers te kry wat oorvloedige insette lewer en die KAMP en PRAAT gees van die forum kan belemmer nie.

PS.  ek moet net noem.. L&B is glad nie vriende van my nie.  Ek het hulle via epos benader omdat hulle hier op die forum genoem was en hulle fasiliteit is naby my huis - toe vat ek 'n kans en kontak hulle, want die forum moet begin adverteer om ten minste sy kostes te dra -   

die baas wil nie meer vir my geld gee nie wink

 

0
Meyerton

Segekok

Tue, 05/12/2017 - 06:12

As hierdie advertensies in n sekere groep gehou kan word. Bv. In kamp toerusting en nie begin kopuitsteek in die gewone gesprekke nie.  

As jy jou tent bedigheid wil bemark en daar is n gesprek onder Kamp algemeen oor tente voel ek dat dit verkeerd sal wees om in so n geval hou add daar te kom plaas. 

Ek vir een haat dit as iemand gewoon vertel van sy skade aan sy tent en dan is daar 10 mense wat vir hom wil kom wysmaak dat hy sy tent by hulle moet kom reg maak..

As daardie persoon dan sou vra waar hy sy tent kan laat regmaak verwys hom dan net eenvoudig na die kamp tierusting draad  en die gesprek kan voortgaan.  

 

Sover dit die FB groep betref...  Dit is slegs n plek waar mense genooi word om aan te sluit by die forum. Daar is min gesprekke daar en ek voel dat advertensies daar weg gehou moet word.

 

0

If it's a regular poster & it's their own enterprise (not the enterprise they work at) then no problem, we help each other....

Otherwise I don't particularly want to sift through a whole mess of adverts..

Just my input

0
Meyerton

Segekok

Tue, 05/12/2017 - 06:35

Warren ek stem met jou saam.  Die advertensies wat wel toegelaat word moet ten minste kamp verwant wees. Ek dink nie iemand wat Tapper ware verkoop of swaar ingeneurswerke doen moet hier kan adverteer nie.

0

Ek sien PJ se punt in dat as hy betaal om n 'commersial lid te wees en ander lede mag dalk vra waar kan hy xyz kry en mense verwys hulle na abc . Dit is nogal n tammeletjie ek verstaan ook die Forum soek borge om die kostes te dek. N voorstel ek weet nie of dit sal werk maar kan mense wat sekere dienstes verskaf nie in "Commersial Group " gesit word dan kan mens daar gaan sien soos byvoorbeeld Tent toeroesting te koop / herstel ens .

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 06/12/2017 - 07:43

Dassie,  ek kyk na opsies hoe om moontlik so iets te integreer met die forum - MAAR -  ek sal nie kommersiele lede graag op ons forum wil laat gesels oor hulle produkte nie. -    Bv. my voorwaardes aan Led & Beyond was dat hulle hulself mag voorstel op die forum, maar hulle mag glad nie hulle produkte push op die forum nie en ook nie ander produkte bespreek, slegpraat ens nie.

Hulle mag deelneem aan tegniese gesprekke en tegniese artikels plaas, solank hulle nie bemark nie!   Die bemarking wat hulle dus kry is 'n 350 x 350 pixel spasie teen 'n maandelikse koste  met 'n skakel na 'n blad op kampforum met hulle inligting.     Enigiemand wat wil adverteer op kampforum, kan gebruik maak van die beskikbare advertensie "real estate"  en dit by ons huur.

Huidiglik mag geen produkte deur verskaffers bemark word op ons gesels platform nie.

PS.  ek wou nog die ander dag noem, dat elke forum lid 'n profiel blad het, waarop hy BAIE inligting kan plaas oor homself, sy besigheid whatever!    

Wat osn FB blad aanbetref, as iemand graag wil bemark op FB, dan stel ek voor om met Kamp-Mal te praat, want op hulle blad is dit toelaatbaar?   Ons soek nie advertensies op Kampforum se FB groep nie.

Laaste wil ek noem -  ky mooi na Kampforum en sien dat die hele platform ontwerp is om te fokus op lede en hulle inhoud!    Ek sal dit graag s wil hou as dit moontlik is.yes

 

0

Dankie vir die verduideliking Voortrekker dit is jou baba wat jy begin het en mense moet jou voorwaardes respekteer . Moet se dis lekker om hier te chat sonder dat daar adverteering in jou keel afgedruk word

0

Na aanleiding van "Nuttige Webwerf" draad:

PJ

Thu, 07/12/2017 - 19:41

So Campworld word benadeel…

So Campworld word benadeel en nautical sports bevoordeel? Dis juis die tipe ding wat ek gese het is "advertensie", of dit nou wel nie StephanS se besigheid is nie, dit adverteer hulle gratis op jul forum. So enigiemand kan so iets plaas solank "hy nie voordeel" trek nie, maar kon dalk iemand op jul forum benadeel? Se nou ek was 'n eienaar van n Campworld en lid van forum? Of ek het adverteer op jul forum (betaalde advertensie) en so iets het invloed op lede se siening oor my besigheid

0

Profile picture for user StephanS

 

StephanS

Thu, 07/12/2017 - 21:10

 

PJ ek glo dit is elke forum…

PJ ek glo dit is elke forum lid se eie keuse of hy geld wil bespaar of nie.  So as jy 'n Campworld eienaar was het jy die keuse om jou pryse aan te pas of nie te reageer nie.

As ek weet van 'n garage wat diesel goedkoper verkoop of 'n slaghuis wat se steak R20/ kg goedkoper is' mag ek dit dan hier deel of gaan die slagters my dan ook van wanpraktyk beskuldig?

As ek iemand geld kan spaar doen ek dit. Kamp en onderhoud op kamptoerusting word uitgebuit en ek sal dit noem as ek spaar. Finish en klaar devil

0
Heidelberg GP

StephanS

Thu, 07/12/2017 - 21:29

Ek wil nou nie petty raak nie maar dan moet ons ook maar weg doen met Koos wat post oor sy DIY tafel wat hy prakseer het want daar mag dalk 'n handelaar wees wat iets soortgelyk verkoop wat mag skade ly

0
Pretoria

PJ

Fri, 08/12/2017 - 20:05

Ok, ek sien hoe dit werk en wat hier aangaan wink Sekere lede mag wild en wakker adverteer en in reels is daar duidelik geen advertensies uitgespel. Lekker aand vir julle verder. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus