Goeiedag Almal.
Laat weet asseblief op hierdie draad indien julle enige probleme ervaar of dinge raasksien wat verander het of funksies wat nie meer toegangbaar is nie.
Dankie!
Nog iets op die horison. …
Nog iets op die horison. Ek het die naweek bietjie gewerk aan 'n Kampforum App. Die toets sagteware hardloop tans op my foon en dit maak dit moontlik vir my om notifications op my foon te ontvang wanneer iemand vir my 'n privaat boodskap stuur en ook as iemand 'n inset lewer op enige van my forum onderwerpe.
Geert se blou duimpies is…
Geert se blou duimpies is nou in plek 😀
Block
Ek sien daar is n opsie om n forum lid te block. Beteken dit dat as jy iemand block dat jy glad nie meer hy/haar insette gaan kan lees nie? En indien ek iemand block, hy/sy ook nie meer my insette sal kan lees nie?
NS....ek sien dat ek almal kan block, behalwe vir Wessel?
Geert dit is slegs om…
Geert dit is slegs om privaat boodskappe te blok
Ongeleesde insette
Goeiemôre! Ek het 'n nuwe funskie bygevoeg vir lede se gemak. Onder die privaat boodskap kennisgewing is daar 'n nuwe ikoon wat soos 'n pen lyk. Dit het ook 'n tellertjie. Die doel van die pen kennisgewing en tellertjie is om vir lede te wys dat daar ongeleesde insette op 'n lid se forum onderwerp is. As daar 'n nommer verskyn beteken dit dat daar ongeleesde insette is. Kliek op die pen en dit sal jou dan neem na 'n blad waar daar 'n lys van ongeleesde insette vertoon. Van die blad af kan lede dan op die ongeleesde inset kliek wat hom dan na die betrokke forum onderwerp neem.

Het die ...
... gewone "icon" vir foto's laai, wat bo-aan die inset "task bar" was verdwyn? Ek het nou geen "clue" hoe om 'n foto te laai nie.
Smaak my ...
... jy moet eers op die 3 kolletjies regs druk om die foto-laai "icon" te kry?
Dit is die eerste keer wat…
Dit is die eerste keer wat ek die 3 kolletjies sien
Kennisgewing.
Sien jy moet op die potlood druk, dan op die "Topic" daar om die tellertjie te herstel na "0" anders bly die tellertjie op 'n getal👍
Johann ek was nou juis besig…
Johann ek was nou juis besig om aan dit te werk toe die forum in "error mode" ingaan.
Sien jy moet op die potlood druk, dan op die "Topic" daar om die tellertjie te herstel na "0" anders bly die tellertjie op 'n getal👍
Johann en lede. Ek het die…
Johann en lede. Ek het die ongeleesde Inhoud funksie nou verbeter en getoets. Die kennisgewing se tellertjie sal slegs weggaan as die betrokke lid die ongeleesde inset fisies sien op sy skerm.







Geert enigiets is moontlik. …
Geert enigiets is moontlik. Jy noem iets waaraan ek ook gedink het.