Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -4 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -5 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -5 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -6 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 05/06/2025 - 19:29

Baie dankbaar dat Neef in dieselfde geselskap is waar nuwe " trokkies, bakkies en Hiluxe" bespreek en oorweeg word.  Hierdie kant van die Swartberg is die gedagte om ń ronde miljoen, of in daai omgewing, aan ń tegnologies gevorderde luukse Werkesel te spandeer nie beskore nie punt.

Net vandag het die ou Landy ń nuwe starter en glow plug relay gekry. Al die pad van Indië af, die Label së Bosch?? Ek wou, die oorspronklike kry. is dan Bosch. Ek moes eeder die halfprys aanbiedinge, genaamd " All makes"  van dalk ook " India" aangeskaf het. So kon ek dalk paar rand spaar vir die volgende stukkie " onderhoud". 

Ek raak nou effe gatvol vir LandRover  stuurkaste waar seels l lek, aansitters wat treurig raak, en verwarmers wat verkoelerwater lek. Dit is seker maar die lot van ń finansieel gestremde burger.

Groete.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 06/06/2025 - 08:02

Mnr Boucher sê die nuwe P300 het sy oog gevang. Dit lyk vir my maar nes die oue, en daardie snaakse vou aan die onderkant van die deure langs is nie vir my mooi nie. Dit lyk of die deure ingeduik is aan die wiele se kante. Die P500 het ‘n mooier vorm, maar te veel blink stroke.  Dit kos ook ‘n miljoen, en al wen ek 50 sal ek nie een daarvan vir ‘n bakkie betaal nie. 

P300

P500

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 06/06/2025 - 08:51

jy't verkeerd gelees. Ek het gepraat van die Tank.

My fout, jammer. Die Tank 300 of 500? 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 06/06/2025 - 11:23

Die Tank is net mooi can vêr af. Die binnekant het so lagie chroom orals. Die lugvloei kontroles het so blommetjie- ringetjie in die gietsel, ook blink verchroom. Dit lyk nou soos regte outydse  Ko...l.e, bling. Om van naar te word.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 06/06/2025 - 11:59

Neeef jy kan mos nou sommer vir jou 2 x dubbelkajout 4x4 Mahindra's koop.  Jy kan hulle dan so bekyk en ry en ondersoek en dan sien dat die goed darem baie ordentlik en sterk gebou is, met so bietjie modern en eenvoud gemeng.

Neef!  Jy kan 'n rooi een en 'n wit een kry en dan afhangende van die "mood" van die dag besluit watter ene om die berg mee uit te ry.    Of dalk die rooi een vir in die bos ry vir sigbaarheid in noodgevalle en dan die wit een vir sondae wanneer julle so getrou kerk toe gaan.

0
Gonubie

Herman Goossens

Wed, 11/06/2025 - 14:18

Ek het die begin van die jaar besluit om 'n nuwe aftree voertuig te koop...tree eers oor 3 jaar af en wil nie met skuld sit nie.  Ek het vir 2 jaar 'n 3.2 Ford gery, afgeskryf op 95000km en toe vir 'n verdere 10 jaar nog 'n Wildtrak gery- met 140500km op. Albei sonder enige probleme en het gereeld die Kavango gesleep. Ons het amper al die Fabrikate gaan toetsbestuur( Isuzu V-Cross, Toyota Hilux GR sport, Mitsubishi Triton) maar die Ford Wildtrak X het kop en skouers uitgestaan. Die Hilux het sterker engin in maar sy tegnologie is outyds en hy ry hard. Het Kgalagadi toe gesleep in Maart en ek kan met alle eerlikheid se dat hy beter is met sleep en ryvermoee as my vorige 3.2's wat ook 4x4 was. Ook ligter op sous. Sy Bilstein vering en ligte is in 'n ander klas. Regtig hope tech in hom en my vrou wil net met hom ry. Ek ry maar met die Fortuner D4D.smiley

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 11/06/2025 - 16:35

Dankie, ek het nou lekker gelees aan jou terugvoer. Help nou net, die Ranger wildtrac X, het dit die 2l biturbo masjien in?? tienspoed ratkas??

0
Gonubie

Herman Goossens

Wed, 11/06/2025 - 19:44

Wessel, ja, hy het die 2l Bi-Turbo engine in met 10 spoed. Sou glo te na geprys word aan die Raptor as hy die V6 in gehad het. Ek verkies dit egter so.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 12/06/2025 - 13:48

ek sien daar is nou 'n firma wat regterhand stuurwiel voertuie uit Amerika gaan invoer na SA toe. Onder dit is die Tundra trokkies. 

Ongelukkig is sy lengte vir alle praktiese doeleindes 6m. Dit sal dus nie in my waenhuis[ie] pas nie.crying

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 12/06/2025 - 16:42

Vir my sal die 6m nie pla nie, staanplek is lank genoeg.  Die prys gaan dalk te lank wees. Half dosyn nulle. Ons moet begin kla oor al die " beautifull tariffs"  wat ons betaal. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 12/06/2025 - 16:50

....daar was 'n tyd toe bouers pligsgetrou by voorgeskrewe riglyne gebly het. Wel, was dit 'n riglyn of 'n vereiste dat motorhuise darem 6m lank moet wees.???

Ons kompleks se paleisies, se motorhuise is almal net 5.5 m lank. My Hilux met sy trekstang pas net in. die vorige ene het met trekstang en aanporstaaf ook netnet ingepas.

Nou het party vorige eienaars [pensioenaris dames] pragtige ingeboude kaste in die garages laat insit. Die nuwe eienaars vind nou tot groot verbasing uit dat hulle trokkies moet buite staan. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 12/06/2025 - 18:43

In die ou dae was ń garage se buite afmetings 6x6m. So as jy die dikte van die baksteen mure aftrek, het jy nagenoeg 5,5m.  Daar was plek vir ń werksbank, 600mm wyd,  aan die voorkant. Én jy kon agter jou Range Rover 3 deur verbyskuif. Vra my, ek was daar. Die Hilux het toegelaat vir paar fietse wat teen die werksbank lê ook nog.

Ek het die probleem teegekom waar ń man se nuwe Hilux, met ń bosbreker en trekstang nie kon inpas nie. Genadiglik was die Argitek die sondebok .sad. As ek reg onthou het hy toe ń Jeep Wrangler gaan koop waarop hy baie trots was.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 14/06/2025 - 12:14

Ek het geen begrip vir die behoefte van bakkie kopers in die land nie. Vir een of ander rede blyk dit dat hulle smag;

na allerhande katoeters, tot verhitte stuurwiele 

na spoed en krag, verkieslik meer as 300kW.

Die groot vergelyk is nou tussen BYD Shark en Ford Raptor, wie kan die vinnigste van 0 tot 100km/hr versnel.

BYD Shark: 

1.5l petrol plus elektriese motor

321kW en 650Nm 

5.7 sekondes voorspel, ongetoets plaaslik

Ford Raptor:

3.0l V6 biturbo petrol

292kw en 583Nm

6.7sekondes plaaslik getoets.  

Wat mis ek-----'n trokkie wat bly staan waar ek dit parkeer hetlaughlaugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 14/06/2025 - 12:54

... ek deel jou sienswyse. Elke turbo diesel waarmee ek nog gery het was voldoende vir my behoeftes (karavaan-sleep ingesluit). Dit het ingesluit 'n Ford 2.5TD, Mazda 2.5TD, Colt 2.8, 2x Hilux 3.0 D4D en 2 X Hilux 2.8 GD6. My eerste dubbelkajuit, 'n Ford Courier 3.0 V6, was ook 'n lekker voertuig, maar het nie so goed gesleep soos enige van my turbo diesels nie (brandstofvreter gewees).

Maar hoekom net sterker en sterker enjins met nog meer "fancy" goeters? Ek's 100% tevrede met wat ek het.

Al wat ek oorweeg om te vervang is die Ou Lady - daarmee bedoelende my karavaan. Sy is darem al 32 jaar oud. As iemand dalk te hore kom van 'n Jurgens Fleetline (2012 model of later) - laat weet maar.

Die ander "ou lady" kom darem al meer as 52 jaar saam met my, waarvan 49 jaar getroud. Ek sal haar maar hou - ek's nogal lief vir haar.

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 16/06/2025 - 06:56

Al wat ek oorweeg om te vervang is die Ou Lady - daarmee bedoelende my karavaan. Sy is darem al 32 jaar oud. As iemand dalk te hore kom van 'n Jurgens Fleetline (2012 model of later) - laat weet maar. 

Hierdie is nou net 'n krappery. Chris, vra jou eerlik die vraag af, Hoeveel jaar gaan julle nog KAN kamp? Nie hoeveel jaar WIL jy nog kamp. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 16/06/2025 - 07:31

Chris en Ralie kan sekerlik vir nog heel paar jaar kamp? En as hulle gereeld so lange inwerk dan kan bietjie ekstra gemak dit nog meer aangenaam maak.

Lyk my darem of my soeke na ń rydingetjie vir my en Giep nou klaar is, of ek hoop so. Het ń 5 jaar oue Duster met min kilos op George raakgeloop. Gaan hopelik môre deur. Die 4x4 model 1,5  diesel, het leer sitplekke reverse kamera etc in. Prys is nie wat ek wou spandeer nie, maar die een kan ouma se ryding word dan gaan trek ek die Cruiser deur my blaker, soos sy sê.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/06/2025 - 07:50

Môre Herman, gaan jy waag om 'n Franse produk te koop? Ek is onder die indruk dat onderdele duur en amper onbekombaar is.

Ter plaatse in ons kompleks het iemand se Renault se koppelaarkabel gebreek. Hulle kon wel vir haar ene bestel uit Frankryk, R5000 en 3 weke aflewer tyd. Gelukkig kon 'n kabel-werkwinkel vir haar ene plaaslik maak, teen R900.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus