Goeie môre alaml,
So begin die 7de maand van die jaar. Het nou al die eerste helfde van die jaar lekker saam met die ander "gekamp".
Versekering en diefstal
Hopenlik kry ek môre die volledige lys van bakkies van SANTAM af, met die detail inligting. Ek wou weet watter trokkies verseker hulle sonder enige ekstra "opspoorstelsels". Dit sal nogal handig wees om oor die info te beskik, voordat mens 'n trokkie/voertuig koop.
Uit 'n telefoniese navraag wil dit blyk dat selfs Navaras slegs verseker word met 'n opspoorstelsel in.
'n Vriend van my se nuwerige Prado is so 'n maand terug helder oordag by 'n winkelsentrum gesteel. Blykbaar was die stelsels uitgeruk binne 5km van die sentrum, en die Prado is nog weg.
Dit laat die vraag, wat is die voordeel van die dubbele opspoorstelsels in voertuie. Dit kos mens ongeveer R500/m en elke skelm weet waar om dit in voertuig te vind.
R500
R500 n maand klink baie vir opsporing stelsel. Ek het 2x in my bakkie en betaal R109 / maand. Versekering het my R120 afslag gegee toe ek opsporing laat insit....so vir my is dit goedkoper met stelsel. Daar is ander voordele ook aan opsporing stelsel....as jy in ongeluk is, tel opsporing stelsel die skielike stop op en stuur uit vir ambulans dienste
Opsporingstelsel installering
Almal weet dat my ou Pathie is 12 jaar oud. Toe my opsporingstelsel 12 jaar gelede geinstalleer is, is ek nie in die werkswinkel waar die installasie gedoen is, toegelaat nie. Ek moes in die wagkamer gaan koffiedrink. Toe ek wel hul toilet gaan gebruik, kon ek deur die venstertjie loer waar hulle aan die Pathie werk en ek wonder werklik of 'n skelm dit ooit daar sal vind, behalwe as die skelm 'n soort elektroniese soekapparaat het wat dit wel kan opspoor.
Ek het al gewonder oor hoe…
Ek het al gewonder oor hoe die apparaatjie lyk. Wat ek ook nie verstaan nie is van waar kry die opsporingsstelsel krag. Die Cruiser sin is net so oud en het gereeld in die verlede versoeke gekry om dit te laat toets deur te bel. Ons het nie cell sein hier by die huis nie en die kar staan somtyds ń maand stil. Die versoek het nou al paar jaar gelede opgehou. Sal moet navraag doen.
Die Duster uis verseker sonder dat daar gevra is vir ń opdporingsstelsel, dalk is hulle nie op die spyskaart nie.
Opspoorstelsel....
...mag dalk eie rugsteun pappery hê, maar dit word wel gevoed vanaf kar se battery. Dis nou volgens die plek waar ek April maand 'n battery vir Grompie gekoop het.
Sodra Grompie vir meer as 'n week stilstaan, word ek per epos en sms gekontak.
"jump start"
Hennie, ek het daardie advies ook al gehoor, en ek dink selfs in my trokkie se handleiding gesien.
Die vraag is, die slegte effek op elektronika, is dit vir die voertuig met pap battery of die ene met die sterk battery.
Wessel, ons het dit gekry…
Wessel, ons het dit gekry dat die voertuig se ECU met die dooie battery seergekry het. Dit was 'n onnodige groot onkoste gewees. Die hartseer, was dat die tegnikuste vooraf gewaarsku is.
" Jump start"
Ek het gou gaan kyk, die koppel metode soos Hennie beskryf is sowaar in Grompie se boekie, met skets en al.!!!!
My gebrekkige elektriese stroombaan kundigheid laat my nou in die steek. Dit maak nie logies sin vir my nie. Die negatiewe pool van die battery is dan juis aan die enjin of gekoppelde stuk yster gekoppel, om 'n goeie aard [negatief] te bewerkstellig.
" Jump start"
Len, ek het ook nog nooit dit anders gedoen as om direk op die 4 pole te koppel nie. Ook nog nooit enige probleme gekry nie, dalk is my voertuie te oude doos.
Waterstof
Moes toe gaan lees die rede vir die gronding op ander plek as op die pool. Nou is dit so verduidelik.
ń Pap battery stel groot hoeveelhede waterstof vry wat uiters plofbaar is. Sou jy direk op die pool koppel, en daar is ń erens ń liggie of iets aan, gaan daar ń vonkie wees met die aanraking en dan kan dit ń gasontploffing veroorsaak. As ek reg onthou van my mynbou dae af is Waterstof van 5% tot by ek dink 80% verhouding plofbaar.
Dit het al gebeur, baie selde, maar dan het die batterye het letterlik ontplof en suur oor die area gemors. Kom ons wees maar eerder veilig.
Herman Goossens ???
Ek is steeds nuuskierig watter Kavango jy besit, of gehad het? is julle gelukkig daarmee?
Wessel Ja, ons het nog…
Wessel
Ja, ons het nog steeds ons Kavango en geniet hom baie. Dit is 'n 2013 model en probeer om so veel as moontlik met hom te kamp en nie in chalets te bly nie. Het hom juis eergister gaan haal waar hy 'n oordentlike diens gekry het en ekstra battery ingesit. Ons was hierdie Maart in Kgalagadi gewees met hom maar in die KNP het ons in chalets gebly.
Maart in Kgalagadi
Herman, watter kampe was julle oral? Sleep jy met 'n 4x4?
Ek het net 'n 4x2 maar dink tog dat ek dit sal kan maak tot by Nossob.
‘n Platkar sal ook
Ek het net 'n 4x2 maar dink tog dat ek dit sal kan maak tot by Nossob.
Ek het al vertel hoe ons tydens ons eerste besoek aan Kgalagadi in 2007 ‘n Toyota Corolla gesien het by twee parende leeus naby Mata-Mata. Ek was ook eenkeer daarna met my 2.5 TD Ranger (wat nie 4x4 was nie) by Mata-Mata en Nossob. Die paaie is maar dieselfde as die in Twee Rivieren se omgewing. Daar is ‘n bult oppad Nossob toe wat bietjie sanderig is, maar ek is daar ook uit met my ou Ranger.
Wessel, ons begin gewoonlik…
Wessel,
ons begin gewoonlik in Rooiputs, dan Mata-Mata en vandaar na Nossob. Het egter ook al in Twee Rivieren gekamp maar het nog nie by Polentswa gekamp nie. Het maar dieselfde geriewe as Rooiputs. Maart 2026 gaan ons vir eerste keer Gharagab Wildernis Kamp toe maar los die karavane in Nossob. Sleep met 4x4 maar jy sal dit verseker kan doen met 'n 4x2 behalwe Rooiputs.
Ek het wel eenkeer 'n Oom en…
Ek het wel eenkeer 'n Oom en Tannie gekry by Nossob wat met 'n 4x2 Isuzu 'n ou Sprite karavaan gesleep het oor die duinepad van Mata-Mata. Ons het hulle help opslaan en die Oom het my sy karavaan binne gewys......dit het gelyk of daar 'n ontploffing binne was. Alles was uitmekaar geskud en gebreek. Hy het ook genoem dat hy nie weer sal kom nie.
Herman G...
...ek sal ernstig aan my vrou moet torring. ek wil graag weer gaan, maar sy haat Vryburg en Kuruman.
Bespreek jy sommer die volgende jaar terwyl julle daar is.?? Die plek is omtrent gewild. Ek het nou die dag geloer en dit het reedsvol bespreek gelyk.





Dit maak twee van ons