Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef Herman, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Voorwêreld Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Sterkte Verskoning Geert -3 hours ago
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -4 hours ago

Suidoos-Asië en verder

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek is die gelukkige wenner van 'n besigheids trippie.  Dit het my 3 weke geneem om alles te beplan en dit sal 3 weke lank duur.   Vlugte en roetes en vergaderings is gereël en al wat ek hierdie week nog moet doen is om my hotelle te book.

Komende Sondagaand, 27 Jul, sal ek die vliegtuig beklim en dan my eerste stop vir 20 ure in Cairo maak waar ek een vergadering sal hê.  Dieselfde aand moet ek weer lughawe toe skuif om via Dubai na SaiGon te vlieg waar ek 'n week van suid tot noord sal toer om 5 aanlegte te besoek in Vietnam. 

Na Vietnam gaan ek vir 3 dae Bangkok toe om nog 2 aanlegte te besoek.  Oor die grens vannaf Thailand sal ek dan Malaysia besoek vir 2 dae om opleiding te gee aan verspreiders asook 1 aanleg besoek.

As ek klaar is in Malaysia sal ek 'n dag in Singapore spandeer vir een vergadering en daarna vlieg ek Fiji toe waar ek 5 dae sal wees om te ontmoet met Fiji Water.

My laaste stukkie toer is dan Hong Kong toe waar ek 'n dag die stad sal besoek en ontspan voor ek my vlug terug Zuid Afrika toe vang!    

Ek sal foto's plaas (-:

Centurion

Voortrekker

Mon, 18/08/2025 - 13:05

Ek was bederf met hierdie ete tydens my verblyf in die suide van Vietnam in Can Tho

b

b

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 18/08/2025 - 13:53

... dat jy jou etes geniet het.

Ek het nog nooit die behoefte gehad om enige van die Oosterse lande te besoek nie. Nou nog minder.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 18/08/2025 - 14:47

Ek trek my woorde terug. Ek sal nie eers ‘n vegetariër word nie - ek sal vas. 
 

‘n Kennis het Vietnam besoek en iets bestel van ‘n spyskaart met foto’s af wat die meeste na rooivleis gelyk het (die beskrywings was onverstaanbaar in hulle taal). Terug by sy hotel het hy uitgevind hy het hond geëet. 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 18/08/2025 - 15:02

Hallo julle.

Ek het amper geko.....

Ek sal soos Chris S vas.  Maar makliker Chris S, ek sal nie daar besoek afle.

Voortrekker kan maar voor trek met die kos proe.

Maar na ons verloor Saterdag, sal ons bokke die soort kos moet eet as hulle nie wil speel.

Dankie vir fotos.

0
Pretoria

Slowstrike

Tue, 19/08/2025 - 09:18

Kyk ek self is `n avontuurlistige eter as ek in die vreemde is. In Thailand selfs krieke en skerpioene en alle snaakse vrugte geeet tot groot verontwaardiging van my se vrou. Die vraag is altyd dieselfde wat as jy siek word en ons is hier in die vreemde?  In Slotland die Haggis probeer maar daai ou half gebroeide eier nee ou maat jy is op jou eie.

In Dubai kaas geeet wat van kameel melk gemaak word dit is so sout jy proe feitlik niks

Ons probeer altyd in die vreemde iets tradisioneels maar darm binne perke.

My en die vrou se motto is nog steeds.... As reis verniet was het julle ons nooit weer gesien nie

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 19/08/2025 - 11:43

Ek het nie self die bevrugte eend eier bestel nie.  Nie eens geweet wat kom nie.  Maar toe ek hom daar in die bakkie sien toe weet ek presies wat dit is.  Ek het net die helfde geeët en my moer af gesukkel om dit af te sluk.  Amper geko...s maar uit respek vir my medemens maar net aangehou kou en klein stukkies afgesluk.  Die ander helfde het ek onder in die bakkie begrawe  laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus