Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -10 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -18 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -18 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -20 hours ago

Karavaan brieke

Submitted by Servaas on
Forums

Goeie dag. Ek soek bietjie raad. Toe ek Vrydag my karavaan haak om vir die naweek weg te gaan toe kom ek sommer dadelik agter dat iets nie reg is  nie. Elke keer as ek met die karavaan deur 'n knik ry dan is dit asof die brieke op die karavan geaktiveer word en dan die bakkie 'n ruk gee. Dit was veral opmerklik as ek stadig deur die dorp op hobbelrige pad gery het. Dit het nog nooit voorheen gebeur nie. Dit is ook die eerster keer wat ek 'n redelike groot swaer tent in die karavaan gelaai het regoor oor die as. Kan dit dalk die ekstra gewig wees wat die brieke kon affekteer oor die hobbels? Is die skokbrekertjie dalk gedaan? 

 

Attachment Size
Handleiding vir stel van remme 713.54 KB
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 26/02/2019 - 09:04

Môre Servaas

Ek is nie 'n tegniese ou nie en elkeen ken sy sleepkombinasie se gedrag en klanke die beste.

Kon jy werklik 'n verkeerde rem gevoel ervaar/voel of was daar net 'n wip/losserigheid/speling op die sleepbal.

As jy jou gewig anders geskuif het in die wa [die tent se plasing], kan dit wees dat jou bal en klou nie positief sluit nie, dan kan jy dalk ander gevoel ervaar.

Ek laai maar altyd dat my wa se klou met mening[ 100kg +} druk op sleephak, dan orkom dit enige speling wat daar mag wees.

Groete

Wessel

 

0

Dankie vir julle terugvoer. Ek het gisteraand weer alles deur gegaan en hier en daar verstellings aan die brieke en handbriek gedoen. Ek het die skokbreker getoets soos aanbeveel en dit voel vir my reg. Ek sal vandag die wa vir 'n spin vat en kyk wat hy maak. 

0

Willem, ek het gemaak soos ek gelees het op google. Druk hom terug to maks en los hom. Dan moet hy self terug beweeg waar hy was. Dieselfde as jy hom terug trek tot by maks. Hy moet weer terug beweeg to amper waar hy was.

0

Wessels, ek het geen speling ervaar of iets los of klop geluide nie. Dit was net asof die karavaan se brieke aktiveer as ek deur 'n knik ry en die kar dan rem. Vir 'n sekonde terug hou - as jy weet wat ek ek bedoel. As ek op spoed was het ek geen probleem gehad nie. Slegs as ek stadig deur 'n dorp ry.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/04/2025 - 16:47

Hoe gereeld stel julle ouens remme op julle woonwaens.??

My woonwabouer vriend en ou wat my Kavango diens, sê vir my dat dit verkieslik elke 1000km gestel moet word, omdat dit nie hidrolies is nie. Indien mens dit nie doen nie, sal die inloopskokbreker nie lank hou nie!!!

Is dit feit, of bollie storie.???

Ek het gevind dat met my lang toere Kruger toe en ook Namakwaland, tot onder in Bellville, sonder opstel, ek al 2 skokbrekers vervang het.   

Die vorige skokbreker wat ek vervang het, het darem 14500km gehou.

Ek moet dalk maar na elke lang trip die remme laat opstel, darem nie te duur nie.crying.  

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 02/04/2025 - 17:42

Gaan myself nou nie slim hou nie, maar die skokbreker se werk is om die inloop van die wa sodra jy begin rem te demp. Of remme wat sleg gestel is ń invloed op die lewensduur het sal ek moeilik glo. Dit is immers heeltyd aan die in en uitskuif. Maar sal nie met die kundiges stry nie.

Remme elke 1000km stel, seker ń tikfout.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 02/04/2025 - 17:53

Neef Herman is reg Wessel. My Fleetline is al antiek en het steeds die remskoene, laers en skokbreker waar mee ek hom gekoop het. Maar dan hou my voertuie se remskoene ook vir ewig, seker te doene met my bestuurstyl. Elke 1000km remme stel? Dink dis bollie. In alle geval wat op aarde het die feit dat die remme nie hidrolies is met dit uit te waai? Maar dit lyk vir my oom Wessel het 'n ding met remme en skokbrekers? Dink jy moet vir jou 'n stokperdjie kry Wessel sodat jou aandag op iets anders kan fokus!

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 02/04/2025 - 18:16

Ek het gou deur my rekordboek geblaai. Gedurende die skokbreker wat ~14500km gehou het, het ek op die volgende intervalle laat remme stel;

4230km, 6470km, 3792km.

Ek moet sê dat dit nooit voor die opstel gevoel het dat opstel nodig is nie. Dit is sekerlik 'n feit dat soos die remme afloop, die afstand wat skokbreker moet instoot, vergroot. dus kan 'n punt bereik word waar die remme net nie ge-aktiveer word nie.

Ai, dis darem lekker om menings te toets op die forum. Dit is waarom ek sommer hier vrae opper, en nie net gaan "gorrel" nie.laugh

Hidrolies---remme is selfstellend en gaping [speling] tussen skoen en drom bly konstant, of nie??

Meganies--- die gaping word groter soos remskoene slyt

Dit is dalk die rede waarom woonwaens se remme gereeld opgestel moet word. Ek stem saam dat dit nie die skokbreker se lewensduur behoort te bëinvloed nie.

  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 02/04/2025 - 20:23

Toe ek in die week Jurgie se dromme afgehaal het, onthou die stoffie!, was die remskoene, en die het al vêr meer as 10 000km diens gedoen, sigbaar nie eers behoorlik ingeloop nie. Dalk 2% slytasie op net dele van die skoene. 90% was nog nie naby die drom nie.

Ons praat nou dalk van skoene wat nie binne  0,5mm akkuraat gesny is na a herbou nie. 

Stem met ń stokperdjie vir Wessel. Dalk begin visvang, Karp en Babers langs die Vaaldam. Gazebo opslaan langs die water.  Bottel Brannas, 2 liter Coke. Marie het ń gasstofie met pot vol olie vir ń jong vissie bak. Ek sal jou kom join Wessel,  al die land se probleme  uitsort so teen sononder.

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/04/2025 - 06:48

Laat my dink, as remskoene so min slyt oor 10 000km beteken dit dat die gaping tussen skoen en drom weinig [amper niks] verander nie. As remkabels nie rek of effe los is nie, behoort daar mos GEEN opstel nodig te wees oor daardie periode nie.

Stokperdjie---visvang, o gaats nee dankie!!! Dan gaan sit ek eerder in Manyane en kyk vir die renosters sonder horings. Herman, as jy lees wat "float" in Vaalrivier rond, en in die Hartbeespoortdam in, sal jy nie vis eet wat daar uit kom nie. Brannas en allaugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 23/12/2025 - 19:18

Ek het vanmiddag 13:00 uitgeval, en na ‘n middagslapie die Kavango uit die motorhuis getrek en op bokkies gelig. Toe stel ek die remme korrek. Eers die equalizer bracket se moere skiet gegee, en toe elke rem gestel tot die wiel sluit en dan kliksgewys terug gestel tot dit weer redelik maklik vry loop met net ‘n effense geskuur tussen skoen en drom. Toe weer die equalizer bracket vasgemaak en seker gemaak dit sit parallel as die handrem ten volle opgetrek is. Die linkerwiel is dan vas, maar regs loop nog vry. 
 

Ek vermoed daar is fout met die regterkant se kabel. Dit het voordat ek dit gestel het sowat 5cm verder verby die equalizer bracket gesteek as die linkerkant s’n as die handrem af was.
 

As die skoene poegaai was sou ek dit nie kon opstel tot waar die wiel sluit nie. Ek sal môre die drom moet afhaal om ondersoek in te stel. Anders gaan net die linkerwiel Vrydag rem as ek rem of afdraend ry. Dit sal mos nie deug nie. Nou hoop ek net ek sal môre nog kan kry wat ek nodig het as daar iets nodig is…

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 23/12/2025 - 19:56

Ek is total ge[st]remd as dit by remme stel kom. Dus raai ek;

1] die regter kabel is af in sy huls

2] die regter kabel is langer as die linkerkabel, en jy moet slapgeit uithaal.

Laat weet asb wat jy bevind het.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 23/12/2025 - 21:23

... julle ouens se praktiese kennis. Ek is maar aangewese op die tegnici wat sulke goed doen. Ek moet dadelik opkom vir Cara-Camp in Somerset-Wes. Dalk omdat ek nie van beter weet nie, maar ek het nog altyd net die wonderlikste diens van hulle gekry.

Ek hoop jy kan jou remprobleem uitsorteer Wildehont.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 24/12/2025 - 08:49

1] die regter kabel is af in sy huls

2] die regter kabel is langer as die linkerkabel, en jy moet slapgeit uithaal.

1) Die regter kabel trek snaarstyf as ek die handrem optrek, so ek glo nie dis af nie.

2) Dit het so voorgekom, toe stel ek die regter een korter sodat daar gelykmatig aan beide getrek word as die stang vorentoe trek, maar die regterwiel loop steeds vry. 
 

Dit sê vir my daar skort iets binne-in die drom. Nou moet ek uitvind wat. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 24/12/2025 - 18:11

Het al probeer dink wat dit kan wees. As die remme net bietjie verstelling nodig gehad het, maar nou nie wil saamwerk nie, raak die kabel wat eenkant vir jou te lank gelyk het vir my verdag. Die inloop rem meganisme is vreeslik eenvoudig. Wat jy stel met jou spanner, is die teenoorgestelde kant waar die kabel se aksie gebeur. Weet nie of ek dit mooi verduidelik nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus