Die bymekaarsit vir môre se inpak is in volle swang. Inderwaarheid moet nog slegs ons klere gepak word. Die res van die items staan in die leë garage waar die Hilux normaalweg staan - dié is mos by die paneelkloppers. Die koue goed word môre-oggend eers in die Coleman gepak. By gebrek aan 'n kampvrieskas word slegs die eerste 3 aande se vleis saamgeneem - Van Rensburg Foods in George kan dus 'n besoek of twee verwag.
Ons mik om 09:00 hier wegkom, maar as dit selfs later is sal dit nie die kind uit die kot laat val nie. Die reis sal tipiese Boucher-styl geskied - 'n rustige 100 kpu met baie stoppe. Die ouman se regterboud laat hom beswaarlik toe om langer as 1 uur skofte te ry. Omtrent al wat 'n Wimpy langs die roete is, sal dus besoek word vir 'n koffie-stop.
DWS vir kampering
Chris gaan ons van die wa af gooi maar ek wil tog op hierdie draad ander forumiete hartlik bedank vir die waarskuwing t.o.v kampering by hierdie oord. Ek neem dit ter harte![]()
Interessantheid raakgelees vanoggend (nie beperk tot DWS nie) oor bloublasies:
Dié diertjies is óf links óf regs. Dit word bepaal deur die stringknoop wat aan die blasie heg. Net een tipe word op 'n keer op die strand uitgespoel. Die rede hiervoor: windrigting bepaal of dit linkses of regses gaan wees. Op hierdie manier word voorkom dat die hele "skool" uitgewis word. So is daar nog baie meer interessanthede.
Wat my hier aan bloublasies laat dink het is ten minste twee pragtige foto's wat Wildehont geplaas het tydens van hulle vakansies by DWS. Ek wens hy wil 'n hele collage saamstel - net van bloublasies. Dit kan 'n baie mooi kunswerk afgee.... Nie dat ek enige iemand windstorms en pyn toewens tydens 'n seevakansie nie, maar dit gebeur....
Bloublasie en slange
So kamp ons op 'n keer by Gonubie, eintlik by 'n oord genaamd VSA---Vereniging vir Staatamptenare. Veilig uit die wind, agter 'n sandduin, met 'n grondpad [2 spoor] strand toe.
Die oggend raps 'n bloublasie my seun, toe seker so 10jaar oud. Hy vat die pad met 'n moerse spoed woonwa toe, al skree skree, en ek agterna. Hy sien nie die geelslang in paadjie nie, ek skree so al wat ek kan. Gelukkig trap hy die slang mis en is los, ongepik bo-oor. Daar het ek besluit om op te hou rook, want die asem was te min om hom in te hardloop.
Tuis by die huis
Die Honda het ons veilig en sonder teëspoed teruggebring tot by die huis. Ons was net na 14:00 hier nadat ons 09:25 daar weg is. 'n Vinnige besoek by die Aloe Ferox fabriekswinkel buite Albertinia, 'n lekstop by Buffeljagsrivier en 'n middag-etestop by Ou Meul Bakkery in Riviersonderend is al wat ons bietjie teruggehou om nie vroeër by die huis te wees nie.
Die Hilux is afgehaal - en ek moet sê dit lyk of die manne 'n netjiese werk gedoen het.
Atlantis is calling
Die Hilux is afgehaal - en ek moet sê dit lyk of die manne 'n netjiese werk gedoen het.
Wildehont ...
... ou Grapgat!! Japie Botma (eienaar van Overstrand Paneelkloppers) het ook vandag gevra wanneer ek weer Atlantis toe gaan.![]()
Nee - die eerste sandryery sal seker eers in Kgalagadi wees. Die 4x4 roete wat jy aanbeveel het.
Die Ingilse seg mos "the…
Die Ingilse seg mos "the proof of the pudding is in the eating". Ek glo glad nie dat daai blik mekaniek 'n ordentlike joppie gedoen het nie. Die forum lede sal graag "de evidence" wil sien. Hoe lyk dit met 'n intydse video komende naweek oor 'n sand duin of twee...net om seker te maak daai buffer sal nou bly sit waar hy moet?![]()
![]()
Solank daar nie 'n…
Solank daar nie 'n Vrystaatse Vernier gebruik word nie (ook bekend as 'n "shifting spanner")!
Dit lyk soos 'n nuwe Hilux, ...
... alhoewel - dit ís mos 'n nuwe Hilux. Met minder as 500km op die klok ruik dit nog na 'n nuwe voertuig binne. Die ouens het waaragtig 'n netjiese job gedoen.



Versus hoe die outjie gelyk het.

Netjies mater
Daai paneelklopper en sy span ken hulle werk. !!!
Geniet jou 4x4, ek is jaloers.
Ek is saam bly hy is mooi…
Ek is saam bly hy is mooi reggemaak en soos vermoed was dit maar net plastics wat beskadig was.
Geniet hom ry weer daai duine grondpaaie modder en deur water dis waarvoor hy gemaak is.
Soos Worsie visser gesê het gee die hond wind.
Veilige myle voorentoe





DWS kampering...
....is so goor, en dit verklaar waarom al die ou goorgatte gereeld soheentoe teruggaan.
Ouens wat hou van rof en onbeskof moet die goor plek vermy;
netjiese oorgedoende ablusie
afgemerkte staanplekke met krag, water, braaiplek
plaveisel, omring met gras
lekker min staanplekke en lae besetting van strandgebied/kusstrook
vieslike ou seereuk hang oor alles.