Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Augrabies - 20 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 minutes ago
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -12 hours ago
wapen lisensie My nuwe voertuig Wessel Strydom -12 hours ago
Pragtige fotos 2025 Wonderland 45 Geert -12 hours ago
Dapper pa! 2025 Wonderland 45 Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie Hout Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -13 hours ago

Die Bouchers en Dwarswegstrand

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Die bymekaarsit vir môre se inpak is in volle swang. Inderwaarheid moet nog slegs ons klere gepak word. Die res van die items staan in die leë garage waar die Hilux normaalweg staan - dié is mos by die paneelkloppers. Die koue goed word môre-oggend eers in die Coleman gepak. By gebrek aan 'n kampvrieskas word slegs die eerste 3 aande se vleis saamgeneem - Van Rensburg Foods in George kan dus 'n besoek of twee verwag.

Ons mik om 09:00 hier wegkom, maar as dit selfs later is sal dit nie die kind uit die kot laat val nie. Die reis sal tipiese Boucher-styl geskied - 'n rustige 100 kpu met baie stoppe. Die ouman se regterboud laat hom beswaarlik toe om langer as 1 uur skofte te ry. Omtrent al wat 'n Wimpy langs die roete is, sal dus besoek word vir 'n koffie-stop.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/01/2026 - 05:43

....is so goor, en dit verklaar waarom al die ou goorgatte gereeld soheentoe teruggaan.laugh

Ouens wat hou van rof en onbeskof moet die goor plek vermy;

netjiese oorgedoende ablusie

afgemerkte staanplekke met krag, water, braaiplek

plaveisel, omring met gras

lekker min staanplekke en lae besetting van strandgebied/kusstrook  

vieslike ou seereuk hang oor alles.wink

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 26/01/2026 - 09:46

Chris gaan ons van die wa af gooi maar ek wil tog op hierdie draad ander forumiete hartlik bedank vir die waarskuwing t.o.v kampering by hierdie oord. Ek neem dit ter hartelaugh

Interessantheid raakgelees vanoggend (nie beperk tot DWS nie) oor bloublasies:

Dié diertjies is óf links óf regs. Dit word bepaal deur die stringknoop wat aan die blasie heg. Net een tipe word op 'n keer op die strand uitgespoel. Die rede hiervoor: windrigting bepaal of dit linkses of regses gaan wees. Op hierdie manier word voorkom dat die hele "skool" uitgewis word. So is daar nog baie meer interessanthede.

Wat my hier aan bloublasies laat dink het is ten minste twee pragtige foto's wat Wildehont geplaas het tydens van hulle vakansies by DWS. Ek wens hy wil 'n hele collage saamstel - net van bloublasies. Dit kan 'n baie mooi kunswerk afgee.... Nie dat ek enige iemand windstorms en pyn toewens tydens 'n seevakansie nie, maar dit gebeur....

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/01/2026 - 10:05

So kamp ons op 'n keer by Gonubie, eintlik by 'n oord genaamd VSA---Vereniging vir Staatamptenare. Veilig uit die wind, agter 'n sandduin, met 'n grondpad [2 spoor] strand toe. 

Die oggend raps 'n bloublasie my seun, toe seker so 10jaar oud. Hy vat die pad met 'n moerse spoed woonwa toe, al skree skree, en ek agterna. Hy sien nie die geelslang in paadjie nie, ek skree so al wat ek kan. Gelukkig trap hy die slang mis en is los, ongepik bo-oor. Daar het ek besluit om op te hou rook, want die asem was te min om hom in te hardloop.  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 26/01/2026 - 15:33

Die Honda het ons veilig en sonder teëspoed teruggebring tot by die huis. Ons was net na 14:00 hier nadat ons 09:25 daar weg is. 'n Vinnige besoek by die Aloe Ferox fabriekswinkel buite Albertinia, 'n lekstop by Buffeljagsrivier en 'n middag-etestop by Ou Meul Bakkery in Riviersonderend is al wat ons bietjie teruggehou om nie vroeër by die huis te wees nie. 

Die Hilux is afgehaal - en ek moet sê dit lyk of die manne 'n netjiese werk gedoen het.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 26/01/2026 - 17:57

... ou Grapgat!! Japie Botma (eienaar van Overstrand Paneelkloppers) het ook vandag gevra wanneer ek weer Atlantis toe gaan.angry

Nee - die eerste sandryery sal seker eers in Kgalagadi wees. Die 4x4 roete wat jy aanbeveel het.

0
Irene

Grootwind

Tue, 27/01/2026 - 12:49

Die Ingilse seg mos "the proof of the pudding is in the eating". Ek glo glad nie dat daai blik mekaniek  'n ordentlike joppie gedoen het nie. Die forum lede sal graag "de evidence" wil sien. Hoe lyk dit met 'n intydse video komende naweek oor 'n sand duin of twee...net om seker te maak daai buffer sal nou bly sit waar hy moet?laughdevil

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/01/2026 - 14:57

Seg ek mos ook so. Sal graag 'n foto wil sien van nuwe Hilux. 

Dalk is jy te besig om al die nate tussen bakpanele met 'n venier te meet, om seker te maak alles is presies opgelynwink 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 27/01/2026 - 15:38

... alhoewel - dit ís mos 'n nuwe Hilux. Met minder as 500km op die klok ruik dit nog na 'n nuwe voertuig binne. Die ouens het waaragtig 'n netjiese job gedoen.

Hilux

Hilux

Hilux

Versus hoe die outjie gelyk het.

Hilux

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 27/01/2026 - 16:04

Daai paneelklopper en sy span ken hulle werk. !!!

Geniet jou 4x4, ek is jaloers. 

0
Pretoria

Slowstrike

Tue, 27/01/2026 - 19:14

Ek is saam bly hy is mooi reggemaak en soos vermoed was dit maar net plastics wat beskadig was. 

Geniet hom ry weer daai duine grondpaaie modder en deur water dis waarvoor hy gemaak is.

Soos Worsie visser gesê het gee die hond wind.

Veilige myle voorentoe

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus