Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Augrabies - 20 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -13 hours ago
wapen lisensie My nuwe voertuig Wessel Strydom -13 hours ago
Pragtige fotos 2025 Wonderland 45 Geert -13 hours ago
Dapper pa! 2025 Wonderland 45 Rona du Plessis -13 hours ago
Goeie Hout Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -14 hours ago

Len in die Kruger Wildtuin in Augustus 2026

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek weet dis nog 6 maande voor Augustus, maar ek weet ook Kampforum-vrinne hou daarvan om deel te wees van 'n ou se beplanning op 'n lekker wegbreek. Gegewe dat my omstandighede tot gevolg het dat ek nie meer kan karavaankamp nie, het ek gewonder met wie gaan ek nou my opgewondenheid deel oor 'n nie-kamp Wildtuin-vakansie ?  Gelukkig het ChrisB vir my gewys dat die Kampforum-vrinne netso lekker saamgesels al is daar nie 'n karavaan ter sprake nie.

Nouja, hier begin my storie : Vandat my karavaan verkoop is, kyk ek daagliks die TV-program WildEarth wat 24-uur daagliks vir jou in-tyds opreis neem met 'n toergids by verskeie wildtuine in SA en omliggende lande, maar veral by SabiSands en ander kleiner wildtuine. Hierdie program het my lus vir die Kruger Wildtuin aangevuur om plan te maak om so gou moontlik weer daar te kom. Dis nogal 'n helse aanpassing om nie 'n kampeer-bespreking te doen nie, maar wel 'n vaste-akkommodasie bespreking, maar ek is daardeur en dis gedoen.

My kinders deel my opgewondenheid, maar was uiter bekommerd dat hulle 79-jarige pa alleen die tog van 2000km van die Kaap af en nog 2000km weer terug aanpak.  Hulle wou gehad het ek moet eerder vlieg en 'n kar huur.  Ek is egter allergies vir vliegtuie (het oorgenoeg daarvan in my werker-dae gehad) en dit sal 'n gelol wees om my getroue Nissan Pathfinder tuis te laat. Dus :-

Ek en my broer (hy is 81) is ons ouers se enigste kinders en ons het geen ander oorlewende familie nie, behalwe ons eie kinders. My broer en skoonsuster woon die afgelope 29 jaar in Oostenryk waar hy verbonde was aan die Universiteit van Wenen voor sy aftrede.  Hy was ook vir jare lank 'n ere-veldwagter in die Kruger Wildtuin en is netso lief vir dié plek soos ek. Maar ek en hy was  laas saam met my ouers  in die Wildtuin toe ons nog skoolkinders was. Ek kom toe op die blink gedagte af om hom en my skoonsuster te nooi om saam met my aan te sluit in die Wildtuin dan kuier ons sommer in die wildtuin saam. Die uitnodiging is onmiddellik aanvaar.  Nou vir my kinders se beswaar dat ek alleen van die Kaap af Wildtuin toe ry : My broer se ongetroude dogter is 'n lektor aan die Universiteit van Bournemouth in Engeland en sy wil graag saam ! Toevallig werk haar universiteit en die Universiteit van Kaapstad saam aan een of ander projek en daarvoor moet sy Kaap toe kom.  Sy gaan dus Kaap toe vlieg vir die projek en dan ry sy saam met my tot in Pretoia, natuurlik met my Pathfinder ! Haar ouers vlieg dan van Oostenryk af Pretoria toe en alvier van ons ry saam in die Pathfinder Wildtuin toe.

Ons het drie hutte in Berg-en-dal en drie hutte in Letaba bespreek, 5 dae in elke kamp, vanaf 6 Augustus tot 16 Augustus 2026. Dis nogal wyd om die 240km te ry vanaf Berg-en-dal tot by Letaba, maar teen 30kpu (ChrisB se spoed) behoort dit 8ure te duur terwyl ons 12ure beskikbare het vanaf 06:00 t0t 18:00

Nouja, dis die plan tot dusver. Ek vertel later verder as ek julle nie vereel het nie.

 

Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 22/02/2026 - 10:29

So jammer om te hoor van al die nuutste nukke wat jou gesondheid betref. Ek hoop dat die drs. dit vinnig kan uitsorteer - gelukkig darem nog 'n rukkie voor jou vertrek wildtuin toe.

Wessel se advies t.o.v. vog-inname klink vir my 'n bietjie drastiessad Miskien net eers een glas wyn, een glas water...wink

0
Irene

Grootwind

Sun, 22/02/2026 - 10:32

We Buy Cars adverteer deeasdae dat hulle nie meer vereis dat daar min foute is nie, "lopend  of nie-lopend" , hulle stel altyd belang!laugh Sterkte daar Len.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 26/03/2026 - 12:14

Goeie môre kampeerders ! (Let op ek kan nie meer mede-kampeerders groet soos julle mos teen hierdie tyd weet hoekom nie).  Ewenwel, wees gegroet !

My planne Wildtuin-toe (in witlakens) in Augustus staan nog netso soos wat ek in Januarie besluit het ten spyte van die voortdurende reën daar bo in die noorde.  Ek merk wel op in die media en aanlyn platforms dat daar oral reuse vordering gemaak word met herstelwerk, wat natuurlik werklik prysenswaardig is.  Gelukkig is die trant van vordering nie soos die meerderheid munisipaliteite rondom finansiële administrasie, water en elektrisiteit en paaie-instandhouding nie.

Die vloed-skade is natuurlik probleem nommer (1) terwyl probleem nommer (2) , (veral vir iemand wat van die Kaap af padlangs moet/wil reis) dieselkoste is.

Dus, ek sal maar in Julie maand moet kyk of die dieselprys effens gedaal het en of dit vir hierdie pensioenaris tog moontlik sal wees om by die Wildtuin uit te kom.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/03/2026 - 12:54

...goed om van jou te hoor.

Jou wildtuin vraagstuk word natuurlik bemoeilik met die saamkuier van jou broer ensovoorts.

Dalk moet jy begin somme maak om eerder te vlieg, en voertuig hierbo te huur. Selfs met huidige pryse is dit goedkoper vir 'n enkelpersoon om te vlieg, as om te ry.

Julle kan mos maar die voertuigkoste deel tussen julle.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 26/03/2026 - 13:02

Altyd lekker om van jou te hoor en dan klink dit ook asof dit goed gaan met jou, wat goeie nuus is.

Vandag oor 3 weke is dit ons beurt om te gaan kyk of daar nog diere in die wildtuin is. Jou probleem no.1 (die vloedskade) gaan moontlik veroorsaak dat ons ons wildtuingewoontes sal moet aanpas. Ons het nog altyd bitter min tyd in kampe spandeer gedurende die dag maar indien baie paaie nog gesluit is en mens hoofsaaklik tot die hoofpaaie beperk is sal ons ander planne moet maak. Ons kan bv. kampe probeer uitruil en dan op hierdie manier daagliks ander paaie ry (so iets). Jou probleem no.2 is gelukkig nie vir my 'n remskoen nie (of liewer nie te erg nie) aangesien ons naby die wildtuin woon. Vandag is ek baie bly oor ons besluit om na aftrede hierheen te skuif, terwyl ons enige plek in die land kon kies. Ek het wel 'n probleem no.2 wat net gister opgeduik het - kan jy glo dat 'n mede forumlid en ons mekaar baie moontlik in Satara kan raakkuier hierdie keer!.... Ek maak net 'n grap en hoop dat Chris se planne uitwerk soos beplan - sal gaaf wees om vir hom en Ralie te ontmoet.

Moet dit nie eers oorweeg om jou vakansie te kanselleer agv die dieselprys nie. Dit gaan vir jou en jou mense baie spesiaal wees. Doen dit net...môre sal vir homself sorg. Geniet die uitsien, die maande raak vinnig minder.

0
Pretoria

Geert

Thu, 26/03/2026 - 14:00

Dalk moet jy begin somme maak om eerder te vlieg, en voertuig hierbo te huur. Selfs met huidige pryse is dit goedkoper vir 'n enkelpersoon om te vlieg, as om te ry.

Persoonlik self sou ek dit ook oorweeg....veral omdat gebruik gaan maak van wit lakens. Vlieg kostes het ook al begin styg, maar kan steeds tussen Kaapstad en Kruger(Nelspruit) retoer vlieg in Augustus vir R3500 retoer.  Buiten die kostes is die gerief! Ipv om 6dae...3 dae op en 3 dae af in kar te sit, onkostes vir oornag vir klomp aande, klim op vliegtuig....drink 2 biere en jy is daar! Lekker vars...nie moeg van reis nie. Geen kans van kar probleme nie....en dit alles goedkoper as ry

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 26/03/2026 - 18:59

............vir die reaksie op my plasing van vanoggend.

Om te vlieg : Miskien is dit 'n noodsaaklike oorweging, maar ai, in my werkende loopbaan en veral die laaste paar jaar voor my aftrede, het ek meer as genoeg van lughawens, lugrederye en vliegtuie gehad  -  ek haat dit om per vliegtuig iewers heen te reis.  Vir my begin my vakansie met die pak van die kar en die vertrek na my eindbestemming. Ek sien die hele rit as deel van my vakansie, die brekkies en koffie-stoppe oppad na my eindbestemming.  Die oorslapery is heerlik en vakansieagtig.  Dis net die brandstofkoste wat miskien lol.

Met my laaste Wildtuin-vakansie in Mei 2024 (met die karavaan) het ons 5600km (heen en weer asook in die Wildtuim) gereis.  Glo dit as jy wil, my begroting was R24 000 vir diesel bereken teen R27 per liter en 'n dieselverbruik van 16 l/100km.  As ek dus nou karavaanloos 6000km aflê teen 'n geskatte 10 l/100km en 'n koste van R31 per liter, gaan my dieselkoste R18 660 wees.

(Ek kon dit amper nie glo dat die dieselkoste in Mei 2024 R27 per liter was nie).

My wiskunde laat my op my huidige ouderdom (een jaar duskant 80 !) dikwels in die steek, maar as die bogemelde somme min of meer reg is, gaan ek sommer vanaand rustig slaap want my brandsofkoste gaan "goedkoper" wees as wat dit met die karavaan in 2024 was !

Ns. Ek hoop die Pathie kry dit reg om te ry teen 10 l/100km want ek het nog nooit langpad sonder 'n karavaan met hom gery nie en het hierdie syfer uit my duim gesuig.

 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 26/03/2026 - 21:23

Oom Len

Lei ek af dat niemand gaan saam ry nie? Alhoewel ek al ‘n paar keer solo op lang toere gegaan het weet ek darem nie of dit meer aan te beveel is nie. Oorweeg maar die risiko, en neem ‘n ingeligte besluit. Al reis mens net saam met ‘n ander voertuig help dit al. Veral met ‘n Nissan (grappie!)

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 27/03/2026 - 12:58

............ek ry nie alleen nie, my broer, sy vrou en hul dogter ry saam vanaf Kaapstad tot in die Wildtuin en weer terug tot in Kaapstad.  My broer en skoonsuster vlieg van Oostenryk tot in Kaapstad en 'n maand daarna weer terug vanaf Kaapstad tot in Oostenryk . Hulle dogter vlieg vanaf Londen Kaap toe en ook na 'n maand vanaf Kaapstad weer terug Londen toe.  In ons motor-rit vanaf Kaapstad tot in die Wildtuin en weer terug tot in Kaapstad is altyd 4 persone.

Die feit dat ons die motor- en oorslaapkoste  verdeel tussen 4 persone eerder as om te vlieg, gaan die koste aansienlik verminder. Behalwe dat ek verkies, soos hierbo verduidelik, om nie te vlieg nie, verkies my bejaarde broer om vir oulaas Suid-Afrika van onder na bo en weer terug per pad te deurkruis want hy sal heelwaarskynlik nie weer so 'n geleentheid hê nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 27/03/2026 - 16:12

Len, ek dink jou Padvinder gaan jou verbaas, met ligte dieselverbruik. 

Onthou net, mens kry 'n ligte en swaar wyn. Soos die Transvaalse omie vir my Swartlandkelder vriend gesê het---oom is met die kar hier, gee maar 'n ligte wyn.laugh

Jy sal jou bestuurstyl geheel moet aanpas by,  sonder daai luukse halwe paleis op sleeptou.

Beplan jy om verskillende roete heen en weer te ry??

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 27/03/2026 - 19:55

Ja Wessel, ter wille van my oorsese besoekers sal ek met die N1 oor Bloemfontein ry en daarna met die N4.  Terug sal ons by Phalabowa uitgaan en met die N1 tot anderkant Johannesburg ry waar ons afdraai op die N12 en ry dan oor Kimberley.  Ons sal ongelukkig nie agterpaaie kan ry nie want ons beskikbare tyd is maar beperk.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 09/04/2026 - 10:21

Nouja, soos die paar ouens weet wat darem nog hierdie "nie-meer-kampeerder" se stories leees,  ek is kinderlik opgewonde oor my Wildtuin-besoek in Augustus.  Die demper was nog altyd of ons bespreking vir drie rondawels in Letaba in Augustus beskikbaar gaan wees.  Ek lees  vroeër  hierdie week op sosiale media van iemand wat sê hulle is pas deur SANParke inkennis gestel dat hulle bespreking (ook vir drie rondawels) in Letaba vir einde Julie gekanselleer is omdat die vloed-herstelwerk nie betyds voltooi sal wees nie en ongelukkig is daar nêrens ander beskikbare akkommodasie om hulle heen te verskuif nie.

Ek kry toe wraggies gister 'n e-pos van SANParke dat ons bespreekte, drie 2-bed rondawels in Letaba nie gereed sal wees in Augustus nie.  MAAR hulle het ons bespreking opgegradeer na drie 3-bed rondawels in Letaba sonder enige addissionele kostes !

Wat 'n wonderlike nuus !  Die volgende verrassing moet nou net wees dat die dieselprys moet bly daal.  As dit dalk nie gebeur nie, is dit ook nie die heel ergste nie want ons is darem 4 mense in die Pathfinder wat die koste kan verdeel.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 09/04/2026 - 11:24

Ek tel ook onder die "ouens" wat graag jou wildtuinbeplanning volgsmiley en dis lekker om te lees dat dinge al meer in plek begin val. Geniet die uitsien - tyd raak vinnig korter tot julle vertrek.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 11/06/2026 - 16:32

............Ek kry gister 'n e-pos van SANParke om my vriendelik te verwittig dat ons bespreking by Letaba gekanselleer is omdat die betrokke eenhede nie soos beplan in Augustus gereed sal wees nie.  Hulle kan ook nie help met alternatiewe veblyf nie omdat die Wildtuin vir Augustus tjok-en-blok vol bespreek is.

Ek klop toe maar aan by my getroue vriendin Trudie by Sanparks Kruger Lowveld in Kaapstad en binne 'n paar uur is 'n groot gesinshuis met drie slaapkamers by Mopani-ruskamp vir ons bespreek. - en die koste is R11 000 minder as drie afsonderlike rondawels in Letaba !   Wil jy nou meer ?

So, dinge was vir 'n paar uur ontspoor maar intussen weer opkoers. Dis nou net ons twee ouballies se gesondheid wat moet hou. My broer is'n paar weke gelede gehospitaliseer met erge rug- en beenpyn as gevolg van vergroeïngs aan sy rugwerwels. Sy dokters wil hom nie opereer nie as gevolg van sy ouderdom (81). Hy kry nou spesialis-fisioterapie in 'n poging om die vergroeïngs weg van die geaffekteerde senuwees te kry.  Ons hou maar duimvas dat dit suksesvol sal wees.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 11/06/2026 - 17:27

My hart het 'n paar slae gemis terwyl ek jou eerste paragraaf lees.

So bly dat jy geholpe geraak het. Ek dink dit gaan vir julle baie gesellig en gemaklik wees in 'n gesinshuis. Die handvol wat jy spaar is 'n groot sluk op 'n bottel - moontlik die koste van eenrigting-brandstof. Ons hou saam duim vas dat jou broer reg sal wees om die vakansie aan te pak. Is daar 'n plan B indien hy nie kan kom nie? Ek kan nie glo dat jy 'n geleentheid om die wildtuin te besoek sal misloop nie.

Tyd raak min.....jy kan al die dae begin aftel.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 11/06/2026 - 17:41

...jy moet ry en vir Trudie 'n bos blomme neem. Dis nou diens !!!!  

Het jy gisteraand gesê dat julle ander kamp B&D is?? Dan sal julle maar moet wikkel om by Mopanie te kom. Tyd vir happie by Tshokwane en nie lank na leeus langs pad kyk nie.

Sonder 'n wa kan mens 283km teen 50km\hr darem maak.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 11/06/2026 - 22:42

Wessel, ja dit is 'n stywe end, maar ons kan oorweeg om eerder te ry tot by Skukuza en uit te gaan by Paul Kruger-hek en buite-om te ry tot by Phalborwa-hek, daarna  op met die noord-oos teerpad tot by Mopani.  Dit behoort maklik bereikbaar te wees met genoeg wildkyk-tyd en vir bene-rek. Met vaste akkommodasie het 'n mens natuurlik die "voordeel" dat jy net voor hek-sluiting by jou bestemming kan arriveer want jou plek is bespreek en ook, jy hoef nie nog kamp op te slaan nie. Kyk hoe probeer ek myself oortuig  omdat ek nie meer 'n karavaan het nie !

Interessant, Mopani is die enigste kamp in die Wildtuin (uigesluit die heel klein boskampies) waar ek en Annatjie oor 56 jaar van Kruger Wilduin kampering, nog nooit oornag het nie. Dus dit gaan vir my 'n besonderse ervaring wees om daar tuis te gaan.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 12/06/2026 - 04:59

...Mopani is 'n pragtige kamp. Lieflike restourant met stoep wat uitkyk  [op] die Plonierdam. Mooiplaas piekniek plek is letterlik 'n klipgooi weg, asof jy dit nie weet nie.

Ek sal jou nie aanraai om R40, oftewel oor Bosbokrand te ry na P. Borwa nie. Daai pad is berug vir moeilikheid en onrus.

0
Pretoria

Geert

Mon, 15/06/2026 - 05:56

Hierdie was 2 weke terug op Sanparks se blad....weet nie hoe is vordering nie. 

Soos Wessel sê dis n pragtige kamp. Ons het nog nie daar oornag nie....net piekniek gehou omdat Mooiplaas vol met Buffels was

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/06/2026 - 06:34

Dit kan jy weer sê Geert. Rondom Mopanie, Tsendze en Mooiplaas is daar vreeslik baie buffels, en ongelukkig ook olifante. Mens kan omtrent seker wees om hulle taak te ry so rondom drinktyd [~15h30].

Dan natuurlik langs die paaie S49, S50 en S143. Ons het nog elke keer in daardie omgewing baie wild gekry.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus