Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -2 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -3 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -3 hours ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -4 hours ago
Chris B Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -5 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 18/03/2026 - 07:25

Wessel, wat ek nie verstaan nie is hoe die spul werk. Sê nou maar jy ry voet in die hoek en het al 140kw nodig vir sommer ñ paar uur soos bv uithou wedren. Hoe word 140kw in die batterye voortdurend gepomp??  Dan klink dit meer soos die Diesel lokomotiewe waar ń diesel enjin, ṅ generator draai wat direk aan ñ elektriese motor gekoppel word wat dan die wiele draai. Of so iets.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 18/03/2026 - 07:52

Ek het op bladsy 61 van hierdie gesprekslyn die skakel na die resensie van die Changan REEV geplaas vir die wat belangstel. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 18/03/2026 - 07:53

...ek dink jou vergelyk is korrek. Soos wat die batterye ontlaai, op 'n stadium skop die enjin in, om te herlaai.

Die bondige artikel was in vandag se Citizen, motoring afdeling.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 19/03/2026 - 17:16

Nog ‘n Sjinese SNV kom hierheen. Dis wel deel van die Chery groep. Beide modelle is net elektries.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/03/2026 - 18:04

...Jeep of Land Rover Defender se voorkoms slaan sterk deur. 

Net soos wat die Foton [ligpartikel] sterk ooreenkomste toon met die Hilux panele, soos myne!!! As ek weet watter golflengte die Foton is, kan ek sy energie bereken.laugh 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/04/2026 - 12:09

Afgelope maand se syfers toon 'n paar verrassings!!!!

1] Hilux -----4118

2] Isuzu------3008

3] Ranger----2074

4] Mahindra--1037

5]Poer---------785

6] Amarok----466

Veel laer af die volgende waarneming;

Kia Tasman [73] wat meer is as die 47 Tritons. Dit moet seker met prys te doene hê.

Die sensitiewe vraag is, wat veroorsaak die ommeswaai na Isuzus toe. Laag op die diefstallys, of die bi-turbo wat nie meer in Rangers gebruik word nie 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 03/04/2026 - 11:28

Met die nuwe dieselprys kan die 2,3 EcoBoost enjin dalk Ranger verkope ‘n hupstoot gee. Die enjin is nie net petrol nie, maar lewer ook geweldige krag en wringkrag.

Een van die gesinne van Worcester wat ook tans hier is het ‘n 3l Isuzu en Bi-turbo Ranger Wildtrak. Ek het hom gisteraand gevra hoe vergelyk die twee. Hy is ‘n boukontrakteur, en sê die Isuzu is meer geskik vir werk maar die Ranger se gerief is ongeëwenaard.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 03/04/2026 - 11:49

Verstaan die nuwe Ranger het reeds vooraf bestellings van oor die 20 000 in Aussieland. Diesel het skielik ongewild geraak danksy Trompie se manewales...sal seker weer verander behalwe as die ou dit regkry om alles so te breek dat dit moeilik gaan wees om om te keer

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/04/2026 - 12:28

Net jammer dat die 6 spoed outokas in goedkoop modelle ook met 10-spoed vervang is.

Die Ranger is dalk 'n mooier bakkie as die nuwe Hilux

ranger

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/04/2026 - 07:47

Die bakkie is nou beskikbaar plaaslik. Nogal 'n "vreemde" voorkoms, leliker as die skrefiesogies se trokkies.

Dit het 'n 2.2l turbo diesel masjien, met 8-spoed outo-kas. Pryse vir die 3 modelle is tussen kR680 en kR1000. Laagste prys is vergelykbaar met Triton, en duurder as 2.4 Hilux. Ek vermoed hoogste prys is vergelykbaar met duurder Hiluxe en Rangers. 

Ek twyfel of dit gaan verkoop met daardie prys en die kompetisie. Kan 'n oorweging wees uit diefstal oogpunt

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 09/04/2026 - 11:59

Sou ek nie die Tasman gekoop het nie. Ek sou die Ranger met die 2.3 EcoBoost oorweeg het. Maar gelukkig het ek nie eers twee oranjes om teen mekaar te vryf nie want ek weet darem nie of ek my siel weer met ‘n Ford wil versondig nie. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 09/04/2026 - 12:10

Terloops, die neiging om al hoe meer raak skerms met miljuisende seleksies en verstellings in nuwe generasie voertuie te sit begin problematies raak. Dit trek die bestuurder se aandag af en, dink ek, maak 'n bespotting van die verbod op selfoongebruik terwyl mens bestuur. Verlang ek nou terug na die dae van liggies en eenvoudige skakelaars! Maar die Concorde ontwerpers het so effe oorboord gegaan!

aircraft design - Why was Concorde's cockpit so complex ...

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/04/2026 - 12:40

....se instrumentasie paneel laat SAFARI-1 se beheerkamer na 'n kinder-speel kamer lyk. By 'n reaktorpaneelbord soek mens eers die SCRAM knoppie.

Sommer vir die wat belangstel, SCRAM staan vir Safety Control Rod Axe Man.

Met die 1ste proefreaktor in Amerika, het die beheerstawe aan dik toue gehang. As die reaktor hiperkritiek raak, en die krag gaan te vinnig op, moes "Axe man" die toue afkap sodat die beheerstawe inval en reaktor blus.

My foon kan koppel aan Grompie se stelsel [skerm en klank]. Dis veilig om 'n oproep te ontvang, MAAR moet nie probeer om 'n oproep te maak nie. bitter moeilik om nommer te soek op skerm, jou aandag is heeltemal van die pad af. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 09/04/2026 - 12:57

Lyk my Toy is alweer agter met tegnologie. In my se Ford trokkie is die maak van oproepe stem gedrewe..ekke seg net "Phone Sannie" dan kom die nommer op, en indien Sannie meer as een nommer het seg ekke net Line 1 of Line 2 en dan word Sannie gebel!

Wat die SCRAM knoppie van 'n kern reaktor aanbetref sal die Concorde en meeste ander vliegtuie 'n "Master Caution" liggie/knoppie hê. As iets fout is kom slegs die master caution liggie (gewoonli groot genoeg om dit nie te mis nie!) aan waarna ky die keuse het om dit bloot te kanselleer of anders te vra vir meer detail....

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/04/2026 - 13:18

... dalk is die ou agter die stuur onbeholpe met sulke tegnologie, of hy het die laphoedjie te laag oor die ore getrek. Ek ken ook nie 'n "Sannie" niedevilwinklaugh.   

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 09/04/2026 - 13:29

Sit ek laasweek en oorweeg opsies indien ek ooit Grompie moet vervang.

Die volgende bakkies en riglynpryse het my nogal laat dink;

Ranger XL ----------kR 590

Ranger XLT---------kR655

Hilux 2.4------------kR640

Triton----------------kR680

Isuzu 3l 4x4---------kR797

Mahindra S11-------kR514

Foton-----------------kR500

Almal, behalwe Isuzu is 4x2 outomaties, almal dubbelkajuite . Ongelukkig kry mmens nie 'n 3l Isuzu in 4x2 drywing nie. Nou vir die kardinale moeilike vraag, wat koop 'n pensioenaris wat belegging nie te veel moet laat krimp nie?? 'n Nuwe Foton of Mahindra, of 'n gebruikte van die ander bakkies.

Dit is waarom Grompie meestal agter slot en grendel staan, en net in daglig in die dorp met 'n stuurwielslot ook gesluit word.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus