6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gesiggies Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -9 minutes ago
Lede aanlyn.... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 minutes ago
Neef Herman 😈    Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Wimpy Kruger 2026 Geert -3 hours ago
Het die Hi Lux traction… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Neef kla nie oor die groen… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -4 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Pretoria

Geert

Wed, 15/04/2026 - 14:35

Nog n daggie bygesit by Satara. Ek sien daar is heelwat beweging in besprekings vir Julie skool vakansies....heelwat wat kanseleer, maar word weer vinnig opgeraap

Brits

Wessel Strydom

Wed, 15/04/2026 - 15:58

Ek vermoed baie mense sit en wonder wat om te maak met hulle besprekings. Baie wat vêr moet sleep, dra of kanselleer seker maar hulle besprekings. 

Ons gaan wel volgende maand Kruger toe. Ek wik en weeg egter of ons moet voortgaan met Augustus toer tot onder in Baviaans en Tuinroete. 

Pretoria

Geert

Wed, 15/04/2026 - 16:11

Hi Rona. Ek weet nie of jy alreeds in die bussie sit en wag nielaugh, maar jy en Daan moet môre veilig ry wildtuin toe. As ek dit reg het slaap julle môre aand in Berg en Dal?

Worcester

Wildehont

Wed, 15/04/2026 - 16:23

Roelof Botha het vroeër op RSG gesê die doemprofete wat ‘n R40/l prys voorspel (soos ek) sit die pot mis. Ek sal egter my laphoedjie eet (as ek een gehad het) indien die prys nie nog verder styg Meimaand nie. Dit mag wel dalk daal voor Julie, maar dit gaan sekerlik steeds hoër wees as voor Benjamin en Donald se oorlog. En intussen raak alles duurder en styg inflasie en waarskynlik rentekoerse binnekort.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 15/04/2026 - 18:57

Alles is gepak en nadat ek die beddens opgemaak het (my eie wit lakens) het ek gewens om sommer net daar om te val vir die nag. Dit lyk, voel en ruik soos vakansie binne in my bussie - kort net 'n bietjie wildtuinstoflaugh. Stres (die huurder-storie) het 'n vreemde uitwerking op my gehad. Ek het myself aan bakkery oorgegee - behalwe die gebruiklike beskuit het ek ook 2! soorte kleinkoekies gebak wat 'n uiters seldsame verskynsel is. Daan is 'n soettand en gevolglik baie in sy noppies. Verder het ek lekker braaivleise gekoop en sien vreeslik uit na die buite-braaie saans (ons dorpie is te koud daarvoor).

Ons het uiteindelik besluit om eers môreoggend te ry. Indien die weervoorspelling reg is gaan daar nie mistigheid op ons pad wees nie. Tans reën dit en ek hoop maar vir die beste. Om 4:30 (half vyf klink darem beter) moet ons al opstaan. Dis baie erg, maar vir hierdie trippie sal ek dit met graagte doen want a change of scenery is nou nodig.

Net hierdie slapelose nag omkry..... môre aand is dit dan Berg en Dal se geluide.

Worcester

Wildehont

Wed, 15/04/2026 - 20:45

Kleinkoekies, beskuit, braaivleis, ‘n bussie met wit lakens en Berg-en-Dal in die Krugerwildtuin. Veilig ry en geniet dit!

Brits

Wessel Strydom

Wed, 15/04/2026 - 21:21

...onthou, sien is glo. Daarom sal insette vergesel van fotos baie waardeer word. 

Jy moet sommer wildbesigtiging per padnommer rapporteer, makliker vir my om die diere dan volgende maand op te spoorlaugh

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 16/04/2026 - 22:08

Dankie vir almal se goeie wense. Ons pad het veilig verloop en dit is lekker soos altyd om net hier te kan wees. Ongeveer 15:00 by Malelane hek aangekom en besluit om net kamp toe te ry en nie nog draaie nie. Die veld is steeds pragtig - ruig en groen. Diere was skaars - slegs rooibokke, 'n waterbok, olifante en dan 'n bosbok rammetjie wat hier by ons kampplek kom inloer het. Die kampeerterrein is vol (amper). Toe ons plek gesoek het was hier net drie oop staanplekke waarvan een spesiaal vir ons bedoel was. Een van die ander plekke is langs ons, en hier het niemand ingetrek nie. Padkaravane is in die meerderheid, en verder iets van alles - boswaens, kampwaentjies, 'n Mobi lodge en heelwat tente.

Teen sonsondergang het die tarentale kom groet, daarna ook 'n naguiltjie. Leeus is in die omgewing - een het 3x gebrul met tussenposes, wel 'n paar kilometer ver vanuit die weste, maar duidelik. Nou is dit eers stil en net die klein goggatjies wat gesels.

Indien môre se dag diere oplewer sal ek foto's kan plaas, andersins kry julle bome-prentjieslaugh

Beste nuus ook gekry vandag - Daan is fine! - geen klonte meer nie.

Pretoria

Geert

Thu, 16/04/2026 - 22:29

Dankie vir terugvoering Rona. Dis goeie nuus van Daan....neem hy nog medikasie teen klonte? Bly julle nog n aand of is julle môre oppad Satara toe?

Kaap

Goeie Hout

Fri, 17/04/2026 - 07:19

Dankie vir terug voering.

Geniet oom Paul se tuin.  Dink aan ons wat hieronder die Kaap sit en terug verlang.

Goeie nuus van OOM DAAN.

Mooi loop.

Pretoria

Geert

Fri, 17/04/2026 - 09:23

Ek sien vanoggend n video van Wildehonde wat olifant uit pad jaag op die Orpen/Satara pad. My broer se seun het ook laasweek op 2x geleenthede wildehonde naby Maroela gekry. Ons is oor die algemeen  gelukkig met katte ensovoorts, maar wildehonde kruip vir ons baie goed weg.....dink ons het 3 jaar laas een in wildtuin gesien

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 17/04/2026 - 11:07

Dis al 'n hele klompie jare wat 'n trop wildehonde in die omgewing van Orpen en tot by die Maroela-indraaipad rondbeweeg.  Ons het oor die jare hulle dikwels hier teëgekom.

Hier is 'n foto van so 'n geleentheid langs die teerpad by die grondpad na Maroela.

.

.

Pretoria

Geert

Fri, 17/04/2026 - 16:11

Kyk hoe stil was Malelane kamp begin Maart. Wonder of dit altyd so stil is daai tyd. Daar was maar 2x kampeerders en 1x witlaken bewoner

video
Brits

Wessel Strydom

Fri, 17/04/2026 - 16:58

....dankie, ek is klaar benoud om 'n gaatjie daar te kry Meimaand. Volgens Sanparke se beskikbaarheidsblad, is die kampie vol as ons daar is/kom.

Dis die lekker van Tsendze, jou plek is wel daar, per nommer soos bespreek.laugh 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 17/04/2026 - 17:02

Skitterende video van Malelane-kamp. Dit laat my net weereens besef dat ek langer in Malelane moet bly as die enkele eerste nag in die wildtuin wat ek gewoonlik doen.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus