Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -37 minutes ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -44 minutes ago
Lava stone vir kosmaak Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -11 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -21 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -22 hours ago

Strydoms in Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Na 'n lang "aanhou" op die telefoon darem deurgekom na Ezibookings, om vir volgende jaar te bespreek. ek vermoed hulle fone lui onophoudelik.

Ons is baie gelukkig, ons bespreking is as volg;

Malelane-------4 Mei

Skukuza -------7 tot 13 Mei

Satara----------13 tot 19 Mei

Tsendze--------19 tot 25 Mei

P. Borwa -------25 Mei Safari park

Deposito betaal en sommer epos na Mopanie gestuur met staanplek voorkeure. Nou hou ons duimvas, gevra  in volgorde vir nr 28, 26 en 29.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/05/2026 - 17:47

...onthou Grompie staan in die pad, sonkol voor die wa is die buurman se staanplek, sy voertuig was net nie daar nie.

Die paadjie, so breed soos die bakkie, loop verby 2 ander staanplekke, vanaf die groter pad. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 17/05/2026 - 19:23

as ek nie sulke grênd bure gehad het nie, en hulle nie so breed in paadjie gestaan het nie, het ek die wa met bakkie agteruit verby hulle gestoot. Ek wou egter nie die Mobi Lodges, Prado's en LandCruiser-300 skraap nie. 

Ek slinger mos vroegdag al agteruitlaughlaughdevil

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 20/05/2026 - 12:56

Ek het nounet verneem dat ek my gelde vir die 12 aande in Satara en Tsendze gaan terugkry.

Ek moet 'n bank bevestigingsbrief vir hulle stuur, dan word dit in my rekening inbetaal.

Ek reken dis uitstekende diens

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus