Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Spur se Hot Rock Oktober 2026 saam gesels Geert -19 minutes ago
16 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -30 minutes ago
Cordierite... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
"Hot Rock" steak Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Sluitingsdatum..... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Lekker werk Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago

Kuier in Montagu

Jeffreys baai
Submitted by Lapskag on
Forums

Nou chip ek in tussen al die ander kampeerder, ons kry ook n beurt. Ons beplan om nou Mei maand in Montagu te gaan kamp en om lekker te gaan rus. Die laaste 18 maande was rof hier by ons met geen kampe nie, daarom nou my beurt. Gaan sommer die 30 dae bejaarde opsie vat. Gaan maak soos ChrisB, gaan niks doen nie en as ek moeg word sommer net slaap en weer niks doen. Dit sal my die eerste paar dae besig hou. Sal dan iets anders soek om saam met niks te doen.

 

Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 19/05/2026 - 14:35

Inderdaad so gewees Wessel. Die onderste 2 fotos is van Silverstrand karavaanpark (hulle het groot skade daar). Daai skewe huisie was net oorkant die park gewees en die res was maar in die kontrei tussen Robertson en Bonnievale.

Die Herfs fotos is buite Ashton en hier buite Montagu afgeneem. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 19/05/2026 - 15:43

Ten minste was ek reg met Silwerstrand. Volgens my suster het die rooibrug oor Breerivier, tussen Bonnievale en Robertson ook weggespoel. Dit was gebou in 1929. Ek twyfel of dit daai pilare in van jou fotos is. 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 19/05/2026 - 17:10

Geert, ek het dit ook oor RSG gehoor.  Ek hou van swem en ons toer volgende jaar so ek kan dan plek plek swem.

Het iemand al gehoor van Annies camping en BNB in Williston.  Jy kan nie vir April 2027 bespreek.  Is dit omdat hulle dit nog nie oopgemaak het.

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 19/05/2026 - 19:26

Dat ek jou draad vervuil het.

Geniet jy nog die Nat Kaap.

Dankie vir die fotos.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 19/05/2026 - 20:51

Daar is nie foute nie, lekker om so oor alles in die kontrei te kan gesels. Die nat kan nog gaan, hou net nie van julle ruk winde nie. 

Wessel ek vermoed dat daai pilare die rooi brug van julle was. Laer af in die stroom was ook n los sement blok. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 27/05/2026 - 19:39

So saam met die mooi weer het ons toe vandag Montagu se trekker rit bergop gaan ry. Wat n belewenis is dit nie. 1500 meter bo see spieël as jy daar bo kom. Die een kant sien jy die Kiesie en Koo vallei en die anderkant sien jy Robertson en die Breede rivier. Die berg is oortrek met proteas en baie roots formasies. 

Met die afkom slag het ons n 3 gang ete geniet, vetkoek en tuisgebakte brood, 3 verskillende potjie kos en sjokolade poeding met roomys en toe moerkoffie van die kole af. Smaaklik en ek dink beslis n besoek werd sou julle in die geweste besoek aflê. Sal n foto of 2 plaas. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 27/05/2026 - 19:40

Lapskag, ek sien nerens jou presiese datums nie, net dat julle vir die maand in Montagu sou kamp. Dit lyk asof niksdoen so lekker geraak het dat jy glad geen tyd meer het om iets hier te deel nielaugh Miskien het julle besluit om sommer daar te oorwinter - wie weet?

* Pas nadat ek die "save" knoppie gedruk het jou skrywe gesien. Verskoning.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/05/2026 - 19:49

...dis darem maar mooi wêreld daai!!! Ek is bly julle het bergrit geniet, of dalk net daai lekker ete.laugh  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 27/05/2026 - 19:50

Sekerlik iets om te onthou wanneer ons weer in daardie geweste kom. Dit klink en lyk na 'n lekker uitstappie. Pragtige foto van die klipformasies.

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 27/05/2026 - 19:52

Hi Rona, iewerste het ek genoem van die datums, maar ja, ons kuier staan einde se kant toe en moet ongelukkig die 1ste Junie terug huistoe. 

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 27/05/2026 - 20:22

Ai dankie dankie vir die fotos.

Werklik mooi.

Ek gebruik jou gadgets...

veilig terug ry.

0
Pretoria

Geert

Wed, 27/05/2026 - 20:34

Wow, dis pragtig daar. Daai trekker rit ook baie spesiaal. Eendag as ons weer Kaap toe gaan, is hierdie area op my lys.

 

Dankie vir die deel van mooi foto's en geniet die laaste klompie dae

Het julle na die reen weer teruggetrek na jul ou staanplek?

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 27/05/2026 - 21:08

Hi Geert, nee ons het toe maar op die boonste vlak gebly en net aangegaan om niks te doen nie. En as ek vervelig geraak het, het ek probeer klippies verf.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 27/05/2026 - 21:16

Lapskag, jy hou seker van klippies en coke of is dit die Vrystaatse voorry en springbok - Klippes kritzinger...

Spot net Lapskag....

Ek like die ladybird.

0
Kaap

Goeie Hout

Wed, 27/05/2026 - 21:18

Ek het al gehoor van die trippie na bo en die lekker potjie kos.

Gaan dit ook probeer.

0
Pretoria

Geert

Thu, 28/05/2026 - 05:19

Hi Lapskag. Ek hou van daai geverfde spoelklippe. Jy is lyk my baie kunstig....baie mooi gedoen. 

In Ballito is mense wat op n gereelde basis spoelklippe verf en dan op die strand of meestal langs die 4km walkway langs strand sit. Toeriste of vakansiegangers kan dan huistoe vat as hulle daarvan hou. Ons het ook al van dit langs die loopvlak gesien. Daar is al n facebook groep...Ballito Rocks, waar mense fotos dan plaas watter klippe hul opgetel het. Baie oulik, lyk my dit het nou tradisie geword daar. Enig iemand kan klippe verf en dan op die strand versteek

0
Jeffreys baai

Lapskag

Thu, 28/05/2026 - 18:16

Ons vandag weer so draai naby die Breederivier gery en sien baie skoner dele en dat die water baie terug gesak het. Die boere hard besig om skoon en reg te maak. Die ouer bome word sommer uit gehaal. 

Kon van daai kelders teen die rivier besoek vandag wat 2 weke terug onder  water en modder was. Die lekker wyne is weer beskikbaar en kon darem weer proe. Maar het nie uitgespoeg nie, is te kosbaar en het maar gesluk. 

So lyk die rivier nou. 

 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Sat, 30/05/2026 - 19:08

En so kom ons by die voor laaste aand van ons kuiertjie hier in Montagu. Beslis n mooi dorpie en redelik rustig. Ons het n lekker prawn skottel met sampioene gemaak en pannini broodjie saam dit geniet. Dit alles afgesluk met so n Bolandse voggie om ons huweliksherdenking van 45 jaar te kon geniet.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus