Eerste winter maand het aangebreek. Kampeer jy in die winter? Deel sommer waar was jou koudste kamp ooit gewees
Goeie hout...
....jy sal ook my ouderdom bereik, waar jy oor die WP voel, soos oor 'n broer in die tronk. Geen skaamte nie.
Ongelukkig soos met 'n broer, bly WP maar my span
SAL museum
In die 1990's het ek vanaf OR Tambo (toe nog Johannesburg Int. Airport) teruggevlieg George toe ná die begrafnis van my lief-ouma. Ek was alleen en baie bedroef. Terwyl ons nog in die vliegtuig wag om op te styg vra ek toe vir 'n lugwaardin of dit moontlik is om die vlug in die kajuit mee te maak. Die gedagte het maar net gekom omdat ek iets gesoek het om my op te beur, al baie maal 'n passasier was en ook nuuskierig oor wat in die kajuit aangaan. Na 'n rukkie kom sy terug en sê ek moet saamkom, die vlieënier sê ek is welkom. Nou praat ek onder korreksie, maar ek onthou die vliegtuig as 'n Boeing 737-200 met die Vlieënde Springbok embleem. Daar was 'n 3e sitplek in die kajuit beskikbaar. Ek vermoed dat dit bedoel is vir 'n vlugingenieur (indien nodig). Dit was net agter die twee loodse, maar in die middel, sodat ek al die instrumente, liggies en hefbome ook mooi gesien het. Dié twee het die druk van elke knoppie en aksie met my gedeel. My bewondering vir 'n pilot het nog verder gestyg. Ons was so bokant Beaufort Wes toe die lugwaardin my kom haal - ek moet teruggaan na my sitplek vir die landing. Skaars 2 minute later was sy terug - die vlieënier vra of ek die landing wil meemaak in die kajuit. Ek onthou ook die ligte op die landingstrook - 4 rooi, 4 wit. Meer wit ligte het beteken die vliegtuig is te hoog en meer rooi, dan was dit te laag om te land. 2 Rooi, 2 wit was die regte hoogte. Hierdie was 'n ervaring van my leeftyd. Soos Geert sê, jy moet dit self beleef. Om dit vir 'n ander te beskryf is nie moontlik nie. Ek dink 'n verdere geluk is dat dit voor die 2001 9/11 aanval was. Vandag sal dit moontlik nie meer toegelaat word nie. Daarom sal ek dan ook baie graag so 'n toer by die SAL museum wil meemaak.
Ja, die Bulle....
As geswore Bulle-ondersteuner het ek gister ook nogals die Stormers kliphard ondersteun. 'n Finaal in SA sou darem lekker gewees het. Ek glo geskiedenis herhaal homself nie altyd nie - die boeke kan herskryf word. Ons moet maar die 2 weke geduldig wag daarvoor![]()
Sou ook nie
Eerste foto - nie seker of ek gemaklik saam met daardie ou sou vlieg nie
Ek sou ook nie...wyse besluit![]()
RonaEk het 'n vriend gehad…
Rona
Ek het 'n vriend gehad (R.I.P Ralph) wat vir Comair gevlieg het. Op daai stadium het ek gereeld gevlieg vir werk en altyd my vlugte so gekies dat ek saam met hom kon jumpseat vlieg. En soos jy tereg sê, met elke vlug het my agting net gestyg vir vlieêniers. Om te aanskou hoe proffesioneel hulle saamwerk daar voor in die neus, wek net agting
Ek het 'n kollega gehad wat ook baie moes vlieg en hy het 'n fobie daarvoor gehad. Reêl toe eendag vir hom 'n jumpseat vlug en na dit was ou Mike genees van sy vrees vir vlieg
Vlug personeel
Ja, daar voor in die neus is goeie sanewerking. Daar was ook n man wat by OR Tambo gewerk het op vliegtuie wat ons buite op die toer geneem het...daar is ook baie meer dinkwerk as wat ek gedink het...soos byvoorbeeld brandstof gooi....dis nie net van volmaak en vlieg nie....
Berg en Dal
....nog van Maart maand se besoek. Wens ek kan die kampeer area weer so stil ervaar
Comrades
Dit was voorwaar lekker om te sien hoe dat Gerda Steyn wen, en die groot verrassing dan George Kusche. Ek haal elke jaar my hoed af vir elke deelnemer aan hierdie moordende ultra maraton. Die deursettingsvermoë is net ongelooflik so ook die kameraadskap. En dan huil ek vir almal se onthalwe wat 'n paar meter van die eindstreep The Last Post moet aanhoor. Maar welgedaan aan elkeen wat dit kon voltooi. Die kameradekking was net swakker as ander jare en dit was ook waarmee die kommentators moes werk. Hoop dit is komende jaar beter.
Jan praat niks. Dit laat my wonder of hy so in die stilligheid nog een draffie aangepak het.
Israel-VSA en Iran
Ek hoop nou rerig die lot kan tot 'n ooreenkoms kom. Ek sien dat Israel vandag, waar gehoop is op 'n ooreenkoms tussen VSA en Iran, weer Beiroet aangeval het.
Ek kan verstaan as die Israeli's hulle vyande, Hamas en Hezbolla jag, maar sjoe die vernietiging van soveel onskuldige eiendom en infrastruktuur, is 'n duur prys.
Ek kan ook nie rerig verstaan waarom Iran op onpartydige infrastruktuur in naburige lande vuur nie. Nog minder vertrou ek hulle.
Ek dink Trompie wil "eervol" uit die gemors kom, en ek glo ook nie meer al die teenstrydige stellings wat hy maak nie. Iran skiet nog te maklik missiele en hommeltuie na omliggende teikens af. Dit beteken hulle het nog baie slaankrag, wat Trompie as onwaar probeer verkoop.
Daar is sprake van die Uraan herwinning en afmeng na laer graad. Dit beteken dan dat dit tog bereik kan word, of nie.?? Iran behoort nie instaat [toegelaat] te wees om die verarming te doen nie, want daarvoor benodig jy ook maar kernaanlegte, of dan die vermoë om met verrykte Uraan te werk. Sonder direkte toesig van die IAEA oor so 'n proses, sal ek nie Iran vertrou nie.
Dit laat die vraag--wat het Trompie nou eintlik bereik???





Bulle
Weer Bulle en Leinster in finaal. Ek wil nie sê dis n herhaling nie, want ek hoop die Bulle bring hierdie keer die koppie huistoe