Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Braai rots of net.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -16 minutes ago
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Lava stone vir kosmaak Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago

Die onverwagte (onbeplande) Boucher-reis

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Terwyl ons in Roemenië was het my seun ons ingelig dat hul vriende nie meer die vakansie na Eiland Spa kan meemaak nie. Die vriende se staanplek was op my naam bespreek omdat hulle ATKV-lidmaatskap nie op daardie stadium betaal was nie. Die gedagte was om die bespreking later op die vriende se naam oor te dra. Laasgenoemde het egter die volle besprekingsfooi betaal. Pappa se arm is toe gedraai (hy het mos maar 'n rubberarm) om saam te gaan.

'n Voorwaarde was dat hy (seun) moes reëlings tref om my karavaan te laat diens. Ek laat diens die "Ou Lady" elke keer voor ons langpad vat - dit gee my maar net 'n bietjie gemoedsrus. Dit is vandag hier by my huis gedoen voordat ons Sondag in die pad val.

Eiland

Eiland

Môre word 'n paar inkopies gedoen en Saterdag moet die inpakwerk afgehandel word vir Sondag se beplande wegtrek om 08:00.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 24/06/2026 - 14:21

Vir die eerste keer kan ek die logika agter kort ritte insien - Voordat ons nog vasgegespe is, is Chris al by sy ontbyt-stop en ons kry terugvoer; kort daarna, afgepak met die foto as bewys. Dit sê 'n paar dinge.....

Dankie Chris dat jy terug is en ons besig hou met die vordering van julle vakansiereis. 'n Klompie dae gelede het Geert die woord "Gevrek" (nie jy nie, die forum) gebruik hier iewers - dit was waar. Ek het my flou geskrik en aan die praat gegaan - tot sover as sokker, wat ek andersins maar sou kyk sonder om kommentaar te lewer. Nou is ons lekker saam op reis!!

0
Pretoria

Geert

Wed, 24/06/2026 - 15:13

Ook voordeel om op pensioen te wees, dan het mens tyd om klomp sulke kort afstaande te kan doen. Anders soos sy seun wat in 2 dae op en 2 dae af ry, andersins is dit amper 1½ week se verlof. 

Ek toer ook lekker saam, alhoewel ek vandag saam verby ons huis gereis hetlaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 24/06/2026 - 17:21

Daardie woorde het my al menigmaal skoon jaloers gehad (darem nie lelik nie). Verby ons kleinhoewe op Buffelspoort moes ek meer kere toekyk hoe karavane / boswaens / sleepwaens afdraai na die ATKV oord, of eenvoudig aanry, waarskynlik Botswana toe. Dit is veral laasgenoemde wat my laat verkleur het. Ons woon nie meer daar nie, maar die toestand het steeds nie verbeter nie. Ek het intussen by Kampforum aangesluit en elke keer wat een van die lede (ek kan name noem) op die N4 by Belfast verby ry, kry ek presies dieselfde gevoel - daardie pad loop net in een rigting.....

Gelukkig ry Chris môre die N1laugh Hoop dat die stadsverkeer saggies was met jou vandag en dat môre sommer seepglad sal verloop.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 24/06/2026 - 19:27

Ons het vanoggend met 9°C by Aldam vertrek -watter bonus vir hierdie van die jaar. Ons is so gewoond om in die oggend daar te vertrek met minus temperature. Na 'n lekker Wimpy-brekkie by Kroonvaal Engen/1 Stop het die temperatuur stelselmatig geklim hoe verder die dag gevorder het en soos ons verder noord beweeg het. Tussen Pretoria en Bela-Bela het die Hilux gewys dat die buite-temperatuur 26°C is - die ghawwermint was in haar noppies (sommer begin terugverlang na die lekker weer wat ons in Roemenië ervaar het).

Ons was 16:00 op ons staanplek. Maar het dit nie vinnig afgekoel nie!! Soos ek nou hier sit en tik langs die Smokey Joe, is dit dit sommer lekker koud. Die ghawwermint sit sommer met 'n kombers om haar gevou. Maar danksy 'n waaierverwarmer is dit sommer gou-gou lekker in die "Ou Lady".

Klein-Kariba

Klein-Kariba

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 24/06/2026 - 20:01

dat julle veilig daar aangekom het. Van nou af kan julle maar uitsien na die heerlike warm dae wat voorlê. Mooi ry môre.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 25/06/2026 - 07:13

...trokkie lyk darem spoggerig met sy effe anders sierrooster as myne.

Moet jou nie laat flous deur GPS by Pietersburg nie. Mens moet die 2de afrit neem vir R71. Ek twyfel elke keer as die ding eerste keer seg--draai links af.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 26/06/2026 - 08:22

Die ou lotjie het gistermiddag hier by Eiland Spa ariveer - in een stuk. Ons het van Klein-Kariba af gery en my seun-hulle vanaf Aldam. En ons was net 45 minute voor hulle by Eiland. Ek moet sê dat hulle al 06:00 vertrek het en ons het eers 09:00 gery. Maar boeta sleep teen 'n veel hoër spoed as sy pa. Dit lyk blykbaar of ek parkeerplek soek as ek ry.

Die grootste opslaanwerk is gedoen sodat ons darem gisteraand ons eers rustige kampvuur-aand kon geniet. Die res van die opslaanwerk, soos die skadunet-heining en 'n stoortentjie vir die los goed soos karavaan-spaarwiele, tentsakke ens. moet nog gedoen word.

Ek sal 'n foto of twee plaas sodra ons werf heeltemal klaar is.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 26/06/2026 - 09:12

Dankbaar julle is veilig daar. Veral die vliegende Boucher.laugh

Moenie te veel opslaan nie, dink aan die afbreek en oppak. Ek aanvaar julle 2 gesinne staan bymekaar, wat kuier soveel aangenamer maak.

 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Fri, 26/06/2026 - 09:12

Julle moet die warm weer geniet. Ons eiland vakansie met ons toer destyds het toe nie gebeur as gevolg van my operasie nie. Was jare laas by die eiland. 

Dit is verbasend lekker weer hier by ons vir hierdie tyd van die jaar. Die dae is lekker warm maar snags kry ons koud. Die aarde is nat en ons ry baie reën.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 26/06/2026 - 11:44

of so iets. Die ouer Bouchers se timing was perfek. Kom +/- saam met die jonges daar aan, en met meer hande is die opslaanwerk  sommer kinderspeletjies. Slim gedink, Chrislaugh. Bly julle is veilig. Geniet die kuier, rus tussenin en moenie vergeet van ons nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 26/06/2026 - 12:55

Eiland

Eiland

Eiland

Nou kamp die ou spulletjie. Boeta het hout by die houtverkopers langs die pad, Letsitele toe, en vir ons 'n paar stukkies hout gekoop vir (volgens hom) die eerste week se vuurmaak.

Eiland

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 26/06/2026 - 13:36

....is sommer doer in agtergrond weggebêre!!! Gaan seker net gebruik word as noodgeval, dis nou as bietjie hout skielik op raak.

0
Pretoria

Geert

Fri, 26/06/2026 - 13:49

As ek die setup so bekyk, kan ek sien daar gaan lekker gekuier word. Miskien goed jy het nog paar dae in die wildtuin bespreek....om te rus van al die lekker kuiers voor jy die langpad weer aanvat. Geniet dit!

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 26/06/2026 - 13:51

... reg Wessel. Boeta glo aan vuurmaak - GROOT vuurmaak. Gevolglik sal pappa nie inmeng met 'n Smokey Joe nie. Laasgenoemde sal seker eers weer in Shingwedzi gebruik word wanneer die 2 oumense alleen is.

Nou nie dat ek skotvry afkom met die vuurmakery nie. Boeta het gisteraand die vuur gestook en pa is afgevaardig om die steak te braai met kole wat in die braaier uitgeskep is. Pa sal seker vanaand weer moet braai, want daar is hoender op die spyskaart en die kleinkinders hou van die manier waarop oupa hoender braai - sy eie speserymengsel afgerond met Jimmy's .

Verder is ons nou net rustig vir die res van die dag. 'n Mens kan mos nie net werk nie.

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 26/06/2026 - 15:34

Lekker kamp en geniet die kinders.

Bly julle is veilig.

Mooi rus.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 26/06/2026 - 20:28

... dis lekker by Eiland (op die wysie van Leon Schuster se "Aag man, dis lekker in die army". Om langs 'n mopanievuur te kan sit met 'n glasie Bolandse voggies - watter voorreg!! Bachus - jou ou doring!!

En dit saam met mense wat vir jou kosbaar en dierbaar is. Jy kan nie vir beter vra nie. Dit klink gesellig hier rondom ons - die vakansiegangers kuier gesellig rondom hulle vure.

Hoenderdye en boudjies is op vanaand se spyskaart. Oupa is wonder bo wonder vrygestel van braaidiens vanaand - boeta is aan diens. En lekker Maluma avokado's en roosterbroodjies as bygereg - waar kan jy vir beter vra.

EilandEk verstaan dat daar môre-aand 'n lamskenkelpotjie aanmekaar geslaan gaan word. En môre-oggend word afgeskop met 'n sjampanje-ontbyt. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 26/06/2026 - 22:08

soos net in die Bosveld hierdie tyd van die jaar. Ek glo dat daar groot geselligheid rondom die vuurpit en braai is. Geniet!

O ja, ek kan om 09:15 daar wees vir ontbyt. Dankie solanklaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 26/06/2026 - 22:18

Is die oord vol. Ek het mos iets om uit te toets, nuwe speelding!!!

Soek 'n plek om te gaan oefen/speel/kamp

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 26/06/2026 - 22:19

... ek wag vir jou Rona. 09:15 sal doen, maar selfs 'n bietjie later. Want ons slaap maar tot laterig soggens. Alhoewel, dit is die voorneme. Maar vanoggend het die blessitse blou-ape ons al vroeg wakker gehad toe hulle ons kamp kom "raid" het.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 26/06/2026 - 23:00

... brei bietjie uit - watse speelding? Dan sal ek jou sê of dit vol is of nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus