Terwyl ons in Roemenië was het my seun ons ingelig dat hul vriende nie meer die vakansie na Eiland Spa kan meemaak nie. Die vriende se staanplek was op my naam bespreek omdat hulle ATKV-lidmaatskap nie op daardie stadium betaal was nie. Die gedagte was om die bespreking later op die vriende se naam oor te dra. Laasgenoemde het egter die volle besprekingsfooi betaal. Pappa se arm is toe gedraai (hy het mos maar 'n rubberarm) om saam te gaan.
'n Voorwaarde was dat hy (seun) moes reëlings tref om my karavaan te laat diens. Ek laat diens die "Ou Lady" elke keer voor ons langpad vat - dit gee my maar net 'n bietjie gemoedsrus. Dit is vandag hier by my huis gedoen voordat ons Sondag in die pad val.


Môre word 'n paar inkopies gedoen en Saterdag moet die inpakwerk afgehandel word vir Sondag se beplande wegtrek om 08:00.
Hilux 2.4
Ek is bly dat die trokkie jou geval. Ek dink jy gaan aangenaam verras word met brandstofverbruik.
Ek sleep teen 107km\hr [GPS] en op platpaaie raak myne so aan 9.5km/l.
Jis nou verlang ek na die KarooNP, daai staanplekke oorkant die ablusie is netjies en gemaklik.
Dit lyk na vakansie....
en by die KarooNP kan dit ook nie anders nie. Geniet die aand. Wens ek was nou daar. Hoor graag meer soos julle vorder.
Gariep toe
Ons het 09:15 vertrek uit Karoo Nas Park kampeerterrein. Ons sit nou by Travalia Padstal vir brekfis. Koelerig hier, maar hier brand 'n lekker groot kaggelvuur wat die ghawwermint natuutlik nie kan weerstaan nie.


Trippie
Mooi Chris. Dis nou lekker. Ou swaer Dirk stop ook nou soos ek by jou geleer het en hy by my, Travalia is n moet. Hulle sosaties is lekker.
Geniet Smokey Joe. Ek het n COBB aangeskaf wat ek gaan probeer. Hy is nog weg gesteek in Fleetline.
Julle kry seker die private ablusie op Gariep.
Veilig ry.
Forever Gariep
Ons was net na 15:30 hier by Ontvangs. Ons staan ons staan by een van die staanplekke met privaat ablusie. Dit bly maar 'n puik oorstaanplek waarmee ons al baie jare aankom.



Forever Gariep.....
was nog nooit op ons pad nie - altyd N12 en Kambro Padstal. Van waar ons nou woon kan dit moontlik 'n oorstaanplek word. Dit lyk lekker daar en ek glo julle gaan 'n goeie aand hê.
Amper halfpad!
Gariep
Chris, is die ander gewone staanplekke in die tyd in gebruik. ek het al daar gekom, en slegs die privaat ablusie staanplekke was in gebruik..
Ek moet seg, daai "ou lady" dra haar jare goed.
Stem saam met jou siening oor 'n puik plek. Gariep [privaat ablusie] is veel beter as Waschbank, slegs my beskeie mening.
Forever Gariep
Nou verlang ek na Gariep met hulle pvt ablusie hokkie.
Dit is maar n wenner daardie plek.
Rona, ek gaan Kambro probeer volgende jaar April.
Gemeenskaplike ablusie
Ons het ook destyds gebruik gemaak van hul privaat ablusies, maar sal nie omgee om gemeenskaplike ablusies ook te gebruik nie. Daai gemeenskaplike ablusies is vir my van die mooistes in die land. Al nadeel is dat as jy voor by waters staan, dit bietjie ver stap is, maar dis te verstaane agv watervlak wat gereeld kampeer area oorvloei.
Dankie vir die saam reis ChrisB.....veilig verder sleep
Smokey Joe en Etosha
As mens vir ChrisB soek in n kampeer terein, kan mens net uitkyk vir die Smokey Joe en sak Etosha....dis hy
.....en n pak Joey wors
Wimpy Bloemfontein
Jy's 100% reg Geert. Die Smokey Joe bly nie agter nie en daar's geen briket wat vergelyk met Etosha nie.
Nadat ons opgevul het met diesel by Springfontein (watter horribale stukkie pad tot daar - nooit weer nie) geniet ons nou 'n brunch by Bloemfontein Wimpy. Dit is hier waar ons die eerste keer vir Lapskag en Nellie ontmoet het en weggery het met 'n vrag van die lekkerste koekies denkbaar.
Aldam wit laken
Dit lyk al te gemaklik. het jy gespesifiseer dat jy met 'n woonwa langs die rondawel wil parkeer??
Ons het al 'n paar ysige aande by Aldam in die woonwa trotseer, dus vir net oorslaap, is jou idee puik.
Vat dit kalm om en deur JHB en Pretoria. Het jy 'n laphoedjie, dit help![]()
. Gelukkig ken jy mos die pad, N1 al die pad.
My skoondogter het verlede…
My skoondogter het verlede jaar op die bright idee gekom nadat hulle op pad Eiland toe baie koud gekry het in die karavaan. Alhoewel, dit was nie koud in die karavaan nie - daarvoor is hulle gerat. Dit was grootliks die yskoue ablusies wat haar laat besluit het om nie weer hier te kamp nie. Terwyl hulle by Eiland was het hulle geskakel om te verneem van 'n geskikte rondawel waar 'n karavaan maklik langsaan geparkeer kan word. Hulle het no. 82 gekry, maar gesien dat no. 76 'n beter opsie is. Toe het hy no. 76 vir vanjaar bespreek. Ons slaap dus in laasgenoemde vanaand en hulle môre-aand (vanaand in Karoo Nas Park).
Dit is maar koud hier, maar die lugreëlaars in die woon- en slaapkamer maak lekker warm.
Hulle slaap weer hier op 19 Julie en ons op 28 Julie.
Ek verpes die N1 om Johannesburg en Pretoria, maar gelukkig kom ons al baie jare daarmee aan. Gelukkig behoort ons dit nie tydens spitstyd te doen nie. Ek beplan gewoonlik om op 'n Sondag deur Gauteng te ry, maar hierdie keer was dit nie moontlik nie. Daarom noem ek dit "die onbeplande toer".
Môre-aand is Klein-Kariba aan die beurt en Donderdag die laaste skof Eiland toe.
Springfontein
Waar kom Springfontein in die prentjie.....is die diesel goedkoop daar?
Daai rondavel lyk baie netjies en gerieflik so met die karavaan langsaan parkeer.
As jy deur Pretoria ry...net voor die Garsfontein afrit sal jy n selfoon toring aan regterkant sien....ons bly net agter hom. Altyd welkom om n koffie te kom drink
Springfontein diesel
Geert, ja - Springfontein se Engen vulstasie is bekend vir goedkoper diesel as die groter vulstasies by Colesberg en Bloemfontein. Ons het in die verlede graag daar volgemaak teen bykans R2 - R3 per liter goedkoper as die bekende vulstasies wat geneig is om mens te 'rook' met hul pryse.
Die sowat 400 meter wat jy van die N1 af moet ry tot by genoemde vulstasie was nog nooit in 'n goeie toestand nie. Maar vanoggend was dit in 'n skrikwekkende toestand. Daarom sê ek nooit weer nie. Ek betaal eerder R2 - R3 meer as om my "Ou Lady" deur daardie straf te dit.
Dankie vir die uitnodiging vir die koffie, maar ons sal waarskynlik maar deur Gauteng probeer druk. Ons plattelanders is maar versigtig om afdraaipaaie (veral met 'n karavaan agteraan) in julle rowwe provinsie te vat. ![]()
Dankie vir die waarskuwing Paul
Ja - ek sal uitkyk vir jou. Ons kamp vir 5 aande vanaf 19 Julie in Shingwedzi, maar is ook daar vir 2 aande (10 & 11 Julie) in vaste akkommodasie.








Karoo Nas Park
Ons is vanoggend net voor 08:30 by die huis weg en ons eerste skof het ons tot by ons tradisionele ontbytstop (Veldskoen Padstal) geneem.
Ons het voorspoedig gery tot by ons aandbestemming hier in die Karoo Nas Park. Dit is (verstaanbaar) maar koelerig, maar niks gaan my weerhou om vanaand die Smokey Joe op te start nie.
Ons was gelukkig om staanplek no 8, regoor die ablusies te kry.
Ek was heel beïndruk met die Hilux se sleepvermoë. Die 2.4 staan min terug vir die 2.8. My brandstofverbruik tussen Kleinmond en Leeu-Gamka het geraak aan 7.9 km/liter. Noudat ek die grootste steiltes uit is, is ek baie optimisties dat dit nog gaan verbeter. My seun reken die Hilux is nog nie eens ingeloop nie - vandag oorgeslaan na 2 000 km.
Ons mik om môre-oggend sowat 09:00 hiervandaan te vertrek na Forever Gariep. Ons beplan om by Travalia Padstal (3 Susters) te brekfis en sommer ietsie lekkers vir môre-aand se braai daar te koop.