Sien ek noudat die man so wrintie nog nie geleer het om sy “ANGER” te manage nie.
Blykbaar het ’n ander inwoner van die staats hotel die man so ’n opstopper of twee gegee omdat hy te lank op die foon gesels het...
Dit is egter nie wat my pla nie......
In die storie word daar male sonder tal verwys na sy ledemate ( wat kort is) en sy atletiek loopbaan ens. Die man is mos nou in die tronk PUNT. HY is nie meer ’n atletiek held nie. Waar om moet ons nou al die tyd hoor van wat hy in die gevangenis doen en nie doen nie.
Die hof het om skuldig bevind aan moord. Dit maak hom ’n moordenaar en klaar. Of moet ons nou by seg hy is ’n moordenaar wat vinnig kon hardloop.
Wat van Riva se mense..... sy is dood, vermoor deur ’n “HELD” wat vinnig kon hardloop. Daar word baie selde na haar of haar mense verwys.
Miskien moet ek maar liewer net stilbly..... Hy is seker nog die HELD van vele in die land... die wat nog glo hy is onskuldig......
Is seker soos skilders en…
Is seker soos skilders en skrywers wat vereer word as hulle nie meer daar is nie ?
Is seker so
Willem ja maar die skilders en skrywers word onthou vir die positiewe goed wat hulle agter laat .Oscar het alles gehad ,roem ,geld hy het net nie n brein gehad ![]()
Dassie is n PW n PK maar net…
Dassie is n PW n PK maar net met sie ander hand ![]()
Wilsur. Ek dink nie regtig…
Wilsur. Ek dink nie regtig so nie. Skrywers en skilders het iets nagelaat ( nou nie eintlik dooimense nie..)
Ek weet nie hoe om die 1 te antwword
Seg dit is nou moeilik om jou vraag te antwoord maar laat ek dit so stel as iemand jou n PW klap gee dan Wapper die bok se klok jy kan maar net dink waarvoor die P staan
Voortrekker tot die rescue
Dankie Voortrekker het geweet jy sou dit dadelik snap
Moet my nie verkeerd…
Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek stem saam hy moet daar sit. Al wat ek sê is die mense lig mense uit as hulle nie meer daar is nie en nou dat hy vas is probeer sommige mense hom ook uitlig bo die ander. Hy is daar geplaas vir 'n rede en moet die selfde behandel word as die ander sonder om uitgesonder te word.
Dassie ek weet wat n PW is…
Dassie ek weet wat n PW is... sommer net so bietjie gespot.
Ek dink..........
Ek dink weer, soos gewoonlik, anders oor die saak. Die feit dat daar oor Oscar Pistorius se "faait" in die tronk gerapporteer is, is nie omdat hy nog 'n rolmodel is of iemand waarna opgesien word nie, maar omdat sy naam aan die hele Suid-Afrika en in baie wêrelddele bekend is en prominente mense (of jy nou van hulle hou of nie), sal altyd die kollig vang. Weer eens, of jy daarvan hou of nie, gebeure soos hierdie is nuuswaardig vir sommige nuushuise en hulle kliënte.
Hy is skuldig, daaraan…
Hy is skuldig, daaraan twyfel min mense en hy het sy straf gekry.?
Ek stem hier saam net Len, sy doen en late, is "nuuswaardig" en die media gaan elke ou klappie as nuuswaardige sensasie behandel en in ons kele af druk.
Weer eens, of jy daarvan hou of nie, gebeure soos hierdie is nuuswaardig vir sommige nuushuise en hulle kliënte.
Deon raak ook 'n baie goeie punt aan, wat word van Reeva se nagedagtes, nie meer sensasie nie?
Wat van Riva se mense..... sy is dood, vermoor deur ’n “HELD” wat vinnig kon hardloop. Daar word baie selde na haar of haar mense verwys.
Oscar
Ek stem ook saam met Len. Omdat hy 'n welbekende was, bly hy nuuswaardig. Ook die sensasie rondom die moord bly voortleef daardeur. Dit sal gebeur met enige welbekende wat tronk toe gaan.
Ons weet egter net dat hy geslaan was omdat hy te lank op die foon gepraat het maar daar was nie berig of hy agressief was en wie eerste geslaan het nie. Ek mag verkeerd wees maar ek sou reken daar is gevangenes wat nie bereid sal wees om hom "special treatment" te gee nie en dalk rede soek om hom op sy plek te sit.
Omdat Reeva se ouers in die Baai woon, lees mens so nou en dan iets oor hulle in die plaaslike koerant. Meestal oor die werk wat haar ma doen in haar nagedagtenis. Op Reeva se verjaarsdag en op Valentynsdag sal daar berig word (soms 'n foto) oor hoe hul rose in die see gaan gooi vir haar.





Oscar
Seg ek stem ek wil nie hoor van die man se verjaarsdag of enige van sy foefies nie .Die probleem is dat die mense se helde glad nie meer rol modelle is om na op te sien .Ek hoop die manne in die Staat Hotel gee hom so PW klap dis nou die teenoorgestelde van n PK