6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago

Kry vir jou..... (Oscar Pistorius)

Meyerton
Submitted by Segekok on
Forums

Sien ek noudat die man so wrintie nog nie geleer het om sy “ANGER” te manage nie.

Blykbaar het ’n ander inwoner van die staats hotel die man so ’n opstopper of  twee gegee omdat hy te lank op die foon gesels het...

 

Dit is egter nie wat my pla nie......

In die storie word daar male sonder tal verwys na sy ledemate ( wat kort is) en sy atletiek loopbaan ens.  Die man is mos nou in die tronk PUNT.  HY is nie meer ’n atletiek held nie. Waar om moet ons nou al die tyd hoor van wat hy in die gevangenis doen en nie doen nie. 

Die  hof het om skuldig bevind aan moord.  Dit maak hom ’n moordenaar en klaar.  Of moet ons nou by seg hy is ’n moordenaar wat vinnig kon hardloop. 

Wat van Riva se mense.....  sy is dood, vermoor deur ’n “HELD” wat vinnig kon hardloop. Daar word baie selde na haar of haar mense verwys. 

Miskien moet ek maar liewer net stilbly.....  Hy is seker nog die HELD van vele in die land...  die wat nog glo hy is onskuldig......

Seg ek stem ek wil nie hoor van die man se verjaarsdag of enige van sy foefies nie .Die probleem is dat die mense se helde glad nie meer rol modelle is om na op te sien .Ek hoop die manne in die Staat Hotel gee hom so PW klap dis nou die teenoorgestelde van n PK

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 15/12/2017 - 12:13

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek stem saam hy moet daar sit.  Al wat ek sê is die mense lig mense uit as hulle nie meer daar is nie en nou dat hy vas is probeer sommige mense hom ook uitlig bo die ander.  Hy is daar geplaas vir 'n rede en moet die selfde behandel word as die ander sonder om uitgesonder te word.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 17/12/2017 - 20:20

Ek dink weer, soos gewoonlik, anders oor die saak.  Die feit dat daar oor Oscar Pistorius se "faait" in die tronk gerapporteer is, is nie omdat hy nog 'n rolmodel is of iemand waarna opgesien word nie, maar omdat sy naam aan die hele Suid-Afrika en in baie wêrelddele bekend is en prominente mense (of jy nou van hulle hou of nie), sal altyd die kollig vang.   Weer eens, of jy daarvan hou of nie, gebeure soos hierdie is nuuswaardig vir sommige nuushuise en hulle kliënte.

Vaalpark

Johann L

Sun, 17/12/2017 - 20:49

Hy is skuldig,  daaraan twyfel min mense en hy het sy straf gekry.?

Ek stem hier saam net Len, sy doen en late, is "nuuswaardig" en die media gaan elke ou klappie as nuuswaardige sensasie behandel en in ons kele af druk.

Weer eens, of jy daarvan hou of nie, gebeure soos hierdie is nuuswaardig vir sommige nuushuise en hulle kliënte.

Deon raak ook 'n baie goeie punt aan, wat word van  Reeva se nagedagtes, nie meer sensasie nie? 

Wat van Riva se mense.....  sy is dood, vermoor deur ’n “HELD” wat vinnig kon hardloop. Daar word baie selde na haar of haar mense verwys. 

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 18/12/2017 - 06:29

Ek stem ook saam met Len.  Omdat hy 'n welbekende was, bly hy nuuswaardig.  Ook die sensasie rondom die moord bly voortleef daardeur.   Dit sal gebeur met enige welbekende wat tronk toe gaan.   

Ons weet egter net dat hy geslaan was omdat hy te lank op die foon gepraat het maar daar was nie berig of hy agressief was en wie eerste geslaan het nie.   Ek mag verkeerd wees maar ek sou reken daar is  gevangenes wat nie bereid sal wees om hom "special treatment" te gee nie en dalk rede soek om hom op sy plek te sit.

Omdat Reeva se ouers in die Baai woon, lees mens so nou en dan iets oor hulle in die plaaslike koerant.  Meestal oor die werk wat haar ma doen in haar nagedagtenis.   Op Reeva se verjaarsdag en op Valentynsdag sal daar berig word (soms 'n foto) oor hoe hul rose in die see gaan gooi vir haar.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus