Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -1 hour ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -2 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -3 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -3 hours ago

Geert - Wildtuin Julie 2026

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Sanparks hoofkantoor Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het. 

My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit

Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/07/2026 - 08:22

.... vir sulke toue nie. dit moet seker die "army" dae se toustanery wees wat my geduld opgevreet het.

Ek het Meimaand ervaar dat Malelane hek se personeel uiters stadig te werk gaan, en BAIE aandag afleibaar is. Boonop het hulle hopeloos te min bemande dienspunte binne.    

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 18/07/2026 - 08:40

Dit klink nie vir my of my ou karavaantjie ooit by Hippo sal gaan kamp nie. Meer as 2 km gruispad, en dan nog sinkplaat ook, is nie vir haar bedoel nie. Ek sal dus volgende jaar weer maak soos verlede jaar, naamlik om van Klein-Kariba af deur te druk tot Malalane-kamp.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/07/2026 - 08:43

ek het nou nie 'n probleem om entjie sinkplaat te sleep nie, MAAR van Brits af sleep ek direk Malelane toe. Te lui vir werk

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 18/07/2026 - 10:57

"My vrou het 'n hele apteek ingepak" - of so iets het jy genoem. Ek verstaan nou hoe bring mens medikasie en apteek bymekaarlaugh

Kan nie wag vir ons beurt nie. Geniet die dag.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/07/2026 - 11:07

...as mens nou die medisyne bottel miskyk, lyk die veld of dit al begin afdroog en vaal word.

Dalk gaan julle gelukkig wees met wild.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 18/07/2026 - 16:07

Geert, die kamp lyk leeg. Tweedens lyk dit na 'n lekker staanplek. Moes jy weer gewig rondgooi vir 'n kragpunt??laughwink

0
Pretoria

Geert

Sat, 18/07/2026 - 18:40

Ek lief sonondergangs....en opkoms. Wessel....ek het spesifiek eers gaan kyk of daar kragpunt oop is. Daar is 2x staanplekke langs ons oop, maar net 1x kragpunt oor, want daar is iemand wat in area staan wat nie kampeer area is nie, wat krag vir hom aangelê het....so sports kan komlaugh

Ons het heelwat gewone wild gesien vandag, maar net olifant van die Big5...so stillerige dag. 

Vanaand tjop en wors op rooster met aartappel slaai

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 18/07/2026 - 19:52

Ai, dit lyk so mooi en lekker daar - soos altyd. Jou foto's laat my verlang. Een van die dae....

Om nie eens te praat van Tshokwane se roosterkoek nie! Yummy!

32°C raak al ongemaklik warm maar ek dink die aande om 'n kampvuur is heerlik. 

Dankie vir foto's en meer. Lekker aand verder en ek hoop julle het 'n goeie dag môre.

 

0
Pretoria

Geert

Sat, 18/07/2026 - 20:41

Die naaste wat ons seker aan n kat gekom het vandag was n grooterige vlakvark in die boom....geen luiperd in sig nie

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 18/07/2026 - 21:20

Los party dinge vir laterlaugh Die katte sal nog te voorskyn kom. Ek dink julle roer vroeg soggens en gaan hulle nog sommer in die pad kry. Het al die indruk gekry dat katte nie van nat gras hou nie en eerder snags op die paaie kom lê, totdat karre hulle onder bosse laat inkruip. Mag verkeerd wees?

0
Pretoria

Geert

Sat, 18/07/2026 - 21:34

Wilds droeë wors kos R266/kg by park winkels. Het n pakkie gekoop....sal môre testdrive, dis baie goedkoop 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 19/07/2026 - 12:38

Net omdat ons nie nou daar kan wees nie (grappie)laugh Dit lyk heerlik. Sal Olifants in gedagte hou.

0
Pretoria

Geert

Sun, 19/07/2026 - 17:19

Ons wou vanoggend Rona se pad ry, die S39, maar was steeds gesluit. Ons was darem toe beloon met n jagluiperd in die pad, maar het gou begin in die bosse stap. Ons het daar omgedraai en gery na Timbavati via S12 en S40

0
Pretoria

Geert

Sun, 19/07/2026 - 17:28

Van Timbavati het ons die S39 na Olifants kamp geneem. Net oorkant die hide wat oor rivier kyk, kry ons n luiperd teen die paf....3m vannons af. Hy het direk begin loop in veld....nie mooi foto ingekry nie....gesukkel om foon aan te kry met opgewondenheid, maar bewys is daar. Oppad terug vanaf Olifants kamp het ons leeus gekry so 15km voor Satara op teerpad

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 19/07/2026 - 17:48

Net die regte tyd op die regte plek. Dit ook nog 'n "eie" jagluiperd - sien geen ander voertuie nie. Pragtige dier.

S39crying  Ek het so geglo dat die pad al oopgestel is, ai! Sal maar volgende jaar weer moet gaan kyk.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 19/07/2026 - 17:57

Katte-droogte op 'n einde! Satara-omgewing is goed vir julle. 

In April was die S100 ook net oop vir +/- 12km, dan moes mens omdraai. Weet nie nou nie?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus