Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -22 minutes ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Rona... Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Satara se cam... Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago

Geert - Wildtuin Julie 2026

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Sanparks hoofkantoor Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het. 

My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit

Pretoria

Geert

Sun, 26/07/2026 - 22:09

Lowe Sabie bly maar baue rustig teenoor snder kampe in wildtuin. Ek dink dis hoofsaaklik omdat staanplekke klein is en groepe nie huer kamp nie. Soos vanaand....na 7pm klink dit of almal al slaap, hoor nie n stem nie, net daai water wat bruis onder deur brug. Seekoeie ook hierdie jaar baie stil...nog net gisteraand gehoor

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 27/07/2026 - 07:47

... bly ook maar een van my gunsteling-kampe in die wildtuin. Sommige staanplekke is maar 'n bietjie beknop, maar ek hou van die skeidings tussen meeste kampeerplekke.

Alhoewel ek nie baie gebruik maak van restaurante in die wildtuin nie, is Onder-Sabie s'n altyd 'n plesier om te besoek.

Gevolglik is ek reeds weer vir 6 aande bespreek in Onder-Sabie volgende jaar.

0
Pretoria

Geert

Mon, 27/07/2026 - 18:03

Ons het vanoggend so 10am in Skukuza aangekom. Keuse van ons gunsteling staanplekke was nie dasr nie, maar het n lekker plekkie gekry in hoofpad op regterkant.....bietjie ver van ablusies, maar bietjie oefening is seker goed. Ons het toe iets gaan eet by restaurant en ontmoet toe n ou werksvriend van my wat al 26 jaar terug Australia toe ge-emigreer het....ons het toe tot 13h00 daar gekuier....was heerlike verrassing gewees.  Oppad hiernatoe n leeu sighting gehad en n uil. Die laaste foto is n otter wat voor restaurant in rivier opwaarts geswem het

0
Pretoria

Geert

Mon, 27/07/2026 - 18:09

Ek het na aanleiding van Rona en oom Len se gesprek oor die lekker groen melkskommels by Afsaal, soontoe gaan ry en self gaan proe...heerlik

0
Pretoria

Geert

Mon, 27/07/2026 - 18:43

Ek weet nie of dit nog van Satara is nie....of miskien met grondseil saam gevat na Lower Sabie....is dit moontlik?

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/07/2026 - 19:38

...ek dink jy is reg, saamgeneem hetsy in grondseil, langbroeke, sokkies. Hoop nie dis in woonwa se beddegoed ook nie. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 27/07/2026 - 21:10

Die keuse was toe hoender stukkies ipv ribbetjies. Ek het onder die hoender foelie gesit om maklik skoon te maak....het goed gewerk

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 27/07/2026 - 21:35

Dáárdie staanplekkie - as dit die een is waaraan ek dink - ek wens nog altyd om daar te kan kamp. Al is dit langs die grootpad kan mens 'n gesellige nessie skrop - heel privaat.

In April het ons elke groot klip en rots op ons pad gefynkam, maar nie 'n enkele Klipspringertjie gesien nie. Miskien het hulle weggekruip vir reën en yskoue wind wat ons toe beleef het. Verstommend hoe hulle met daardie klein kloutjies bo-op rotse kan kom en dan weer af ook nog.

Groen melkskommel. Of Afsaal s'n die lekkerste in die land is sal ek nie kan sê nie, maar net omdat dit dáár is en gewoonlik warm, is dit nou al 'n instelling by ons.laugh

Dan: die sandvlooi byte. Ek voel vir julle baie jammer. Dit moet erg wees om mee saam te leef. Kan ook net dink dat dit in die grondseil wegkruip, skoene of so iets. En dan, of dit in die hele kamp voorkom (hoor ook van chalets) en of dit beperk is tot sekere gedeeltes. Dié sal ons seker nooit weet nie. Reeds besluit dat ons "stomp" gaan kamp - geen grondseil. Ek het twee groot handdoeke waarvan ek nie hou nie - môre word dit opgeknip in weggooibare trappie-matjies.

Oorweeg julle ook om moontlik oorblywende dae oor te dra na 'n volgende besoek? Klink darem asof Parkeraad begrip het vir die probleem.

0
Pretoria

Geert

Tue, 28/07/2026 - 17:59

Ons het vanoggend Tshokwane toe gegaan. Bittermin gesien oppad soontoe. Ons het ook daai paadjies rondom Orpen dam gefynkamp, maar niks. Terwyl ons daar ontbyt eet, het die persoon by die tafel langs ons gesê hul kom van Satara af en het nie ver voor Tshokwane leeus langs die pad gesien. Ons het na ete toe nog verder noord gery....so 6km aan kry ons toe die teelpaar so 100m in veld. Omdat gras kort gebrand is, was hul mooi sigbaar deur verkyker. Vandaar het ons daai grondpad langs grens by Krugerhek gery. Laaste draai was om weer luiperd te soek by Renosterkoppies, maar nie geluk hierdie keer nie. Die wildstrokkies is vreeslik baie....amper soos die trokke oppad see toe laugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 28/07/2026 - 18:28

en verder is daar nog heel genoeg diere om dit 'n goeie wildtuin-dag te maak. Ek verstaan nou wat die woord "stiller dag" beteken - dis wanneer mens geen luiperd of wildehond sien nielaugh

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 28/07/2026 - 19:45

Geert, ek geniet ou Pumba.

Dankie vir fotos.

Lyk my brekkie is lekker.

0
Pretoria

Geert

Tue, 28/07/2026 - 21:15

Ek hou gewoonlik can ribbetjies braai op n oop vuur, maar het gedink om dit vanaand in die Smokey Joe te sit....soos n Weber maar doen, heerlik en sag

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 29/07/2026 - 07:17

Niks, soos in heeltemal niks, wat by 'n Smokey Joe kersvashou nie.

Ystervark in 'n wildtuinkamp!! Eerste keer ek daarvan hoor. Jare gelede, toe die Vaalbos Nas Park nog bestaan het, het my suster-hulle 'n ervaring met 'n ystervark langs hul braaivuur gehad.

Ekself het nog net 'n verlies d.m.v. 'n ystervark gehad toe Karoo Nas Park se berugte kalant my koelsakkie voor my karavaan gegaps het en dit tot anderkant die leeuheining saamgesleep het.

0
Pretoria

Geert

Wed, 29/07/2026 - 19:42

Laaste dag by Skukuza

Ons het vandag Krokodilbrug toe gery en terug. Oppad ondertoe het ons 2x maanhare gekry by die kruising by groot brug oor Sabie rivier. Die een het toe oor die brug anderkant toe geloop terwyl die ander een heeltyd by die kruising rond gedwaal het. Weet nie of hul later by nekaar weer aangesluit het nie....dink die baie karre  het hul gepla. By Krokodilbrug het ons n Sandslang gekry by die hek wat kampeer area toe geseil het. Oppad terug het ons na Nkhulu n pragtige luiperd gekry....foto is van my vrou se kamera. By die laad grondpad ompad voor Skukuza kry ons die Wildehonde op die sandbank. Pragtige afsluiting by Skukuza 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 29/07/2026 - 21:19

lyk so dik (miskien geëet) hy/sy moet mooi balanseer, sjoe!

Daardie slang gaan opkyk en as ek dit reg het word dit genoem Western Yellow bellied Sand Snake. "Mildly venomous", maar ek wil hom nie graag in ons kamp hê nie.

Visarende. Opgewonde dat daar nuwe kleintjies gaan wees!

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/07/2026 - 07:13

...veral van luiperd met kop op voorpote. Of lekker dik gevreet, of dragtig.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus