Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len?? Verskoning Rona du Plessis -20 minutes ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -49 minutes ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -1 hour ago
Sterkte Len.    Ek moet ook… Verskoning Voortrekker -1 hour ago
Laat die Internasionale… Help met kamp beddens en… Voortrekker -1 hour ago
Braai broodjie debat Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago

Geert - Wildtuin Julie 2026

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Sanparks hoofkantoor Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het. 

My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit

Pretoria

Geert

Sat, 01/08/2026 - 19:17

Die drade waarop hulle hardloop is nie deel van elektriese omheining nie. Maar sou hulle daarop hardloop behoort hul okay te wees solank hulle nie êrens earth nie

0
Pretoria

Geert

Sat, 01/08/2026 - 19:22

Dis ons laaste aand in wildtuin. Dit het met hoë noot ge-eindig met Big5 gesien. Leeu was laaste op die lys teen son onder 300m vanaf kamp grondpad ingang. Vandag 3x geleenthede bedreigde gesien waar ons ander dae glad nie gesien het nie. Buffels naby Ampie se boorgat en luiperd op teerpad naby ou dagbesoekers afrit

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 01/08/2026 - 20:18

dat ons amper tree-vir-tree saam met julle hierdie vakansie, wat ek glo onvergeetlik was, in die Wildtuin kon kuier. Met al die vertellings en pragtige foto's het ek dit baie geniet.

Lekker aand verder en ek hoop dat jy môre 'n veilige pad sal hê.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 01/08/2026 - 20:57

Dankie Geert. Dit was heel spesiaal om saam julle die Wildtuin te geniet. Ek begin verstaan hoekom mense so herhaaldelik terugkeer. Al is dit omhein en op enige oomblik meer mense in die Park as diere, waar gaan mens nog so ervaring beleef. Groetnis.

0
Pretoria

Geert

Sat, 01/08/2026 - 21:51

Net voor ons wou gaan slaap, sien ons hierdie katjie in die veld voor ons. Ons het wel by Skukuza in die kamp gesien, maar is meer spesiaal so in die veld

0
Pretoria

Geert

Sun, 02/08/2026 - 15:18

Ons is veilig tuis. Ons wou by Joubert en Seuns gaan inloer, so het die Schoemanskloof pad geneem. Google maps het ook gewys dat daai roete op daai oomblik 9min vinneger was. Ek was verbaas om te sien hoe ver hulle gevorder het sedert ons Maart daai pad gery het. Die gedeelte tot verby Viva is klaar en ry heerlik. Daar was 1x STOP-GO gewees. Kan roete tans aanbeveel want dit het heelwat meer verbysteek areas as tonnelpad

0
Pretoria

Geert

Sun, 02/08/2026 - 17:22

Ek het lanklaas sulke skoon ablusies in die wildtuin gesien. Dis so skoon....lyk soos nuut. Dan airfreshners wat die plek nog laat lekker ruik ook. Daar is sanitizers in toilet hokkies om toilet brilraam skoon te maak.  Kombuis fasiliteite tops...selfs lappe, drup rakke en skottelgoed seep word voorsien. Soggens is werkers al 6uur daar....sprayers word dan al aangesit op grasperke en hul het besproeing ingesit in hedges in kampeer area.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 02/08/2026 - 17:51

Ek het lekker saamgekuier en is steeds verstom oor julle geluk met daardie "dinge" wat ons mos almal graag wil sien wanneer ons in die wildtuin is.

En wat Malalane-kamp aanbetref kan ek nie meer saamstem nie. Die twee kere wat ons vir 'n enkele nag daar gekamp het (altyd die eerste aand van ons wildtuinkuier) was altyd puik. En 2 jaar gelede het ons die laaste nag in 'n rondawel oorgebly - die een verste links in die kamp - en dit was puik versus dié huisvesting wat ons in Skukuza, Satara en Onder-Sabie benut het.

Daarom dat ek volgende jaar met 3 aande afskop in die wildtuin.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sun, 02/08/2026 - 18:26

dat jy voorspoedig gery het en ook dat Schoemanskloof julle goed behandel het. Ek dink julle groot geluk is dat dit Sondag was, en minder (indien enige) groot masjiene vandag daar gewerk het en ook minder trokke. Ons was in Julie eenmaal deur Shoemanskoof - dit was op 'n weeksdag met 3 padstoppe en die meeste trokke wat ons nog daar beleef het. Meeste van die dubbelbane (verbysteek plek) was afgeskort met cones sodat masjienerie en werksvoertuie daar kon parkeer, wat ons dan ook net met enkelbane gelaat het. Stem saam dat die pad ordentlik reggemaak word en dit 'n groot verbetering gaan wees. As dit nie vir onvoorsiene omstandighede was nie het ons julle moontlik in die kloof gesien - bespreek gewees in Malelane kamp vanaand. Biltong en droë wors is by Viva..........

0
Pretoria

Geert

Sun, 02/08/2026 - 22:43

Ons sou graag langer wil staan by Malalane kamp, maar paaie in die omgewing is maar beperk. Ons ry gewoonlik net die grondpaaie om Ampie, Gardenia en loop om Berg-en-Dal.  Na 3 dae het ons alle roetes heelwat keer gery en raak versadig. Op die ou einde was die 2x leeu en 2x luiperd sightings op die teerpad gewees oppad Berg-en-Dal toe....maar mens kan dit ook net soveel keer ry. Ons het gedink daaraan om 3 aande te verminder na 2 aande in toekoms, maar die netjiese en lekker kampie maak dit aantreklik vir n 3de aand

0
Pretoria

Geert

Sun, 02/08/2026 - 22:52

Ja, dis jammer oor julle onvoorsiene omstandighede. Hopenlik kampeer ons mekaar nog raak in die toekoms. Ja, ek dink die Sondag ry het baie verskil gemaak in die Schoemanskloof roete aangesien niemand daar vandag gewerk het nie....net personeel van stop/go borde. Ek dink volgende jaar as ons afry wildtuin toe,  is daai pad klaar

0
Pretoria

Geert

Sun, 02/08/2026 - 22:55

Ons koop gewoonlik onder andere naartjies by Joubert en Seuns, maar het hierdie keer gelos....hulle naartjies kos presies dubbel as wat ons Spar vra wat se naartjies ook baie lekker is

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/08/2026 - 06:35

...ons stem saam oor twee waarnemings;

1] Malelane kampie/ablusie is  netjies.

2] Joubert en seuns se pryse is rof. 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 03/08/2026 - 06:50

Bly julle is veilig en dat die Kruger met ons gedeel is.

 

0
Kaap

Goeie Hout

Mon, 03/08/2026 - 08:14

Geert, bly julle is veilig.

Ek gaan nou die Malelane kamp uit probeer.  Is hy sonder krag.

Schoemanskloof is mooi.  Daardie padstal is ook heel skaflik.  Nie so baie gekoop dat die pryse my geruk het nie.

 

Weereens dankie Geert.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 03/08/2026 - 08:41

....het elektrisiteit. 

Goeie Hout, die kampie het een groot nadeel----dis 'n laaang grondpad tot by sy hek, seker so 1500m laugh

0
Pretoria

Geert

Mon, 03/08/2026 - 19:01

Ons het by al 4 kampe baie lekker gekampeer, maar as ek n gunsteling moes kies sal dit Lower Sabie wees as dit by kampeer ervaring kom en Satara as dit by wildsbesigtiging kom.

Alhoewel ons baie lekker by Skukuza gekampeer het, dink ons om volgende jaar eerder langer te bly by Lower Sabie en Skukuza te los omdat die 2 kampe so naby aan mekaar is. Toe ons in Lower Sabie was het ons tot in Skukuza gery...en toe ons in Skukuza was, het ons tot in Lower Sabie gery. So maak nie baie sin om die 2 kampe op te split nie

0
Pretoria

Geert

Tue, 04/08/2026 - 17:26

Ons het tydens besoek 2939km net in die wildtuin afgelê....dis amper gemiddeld 200km n dag. (Kon Kaap toe gegaan hetlaugh)

Het kar vandag carwash toe geneem....was vrek vuil, veral stof...maar kan dit glo, dink meer as helfte van kilometers was op grondpaaie....so oor die 1500km, dis hoekom canopy se venster so gelyk het. 

Agter flap wou ook nie meer oopmaak nie. Sien toe dat die 2 skroewe een kant van slot gedeelte uit was....moes losgekom het van sinkplaat paaie 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 04/08/2026 - 18:22

Joh, dit is baie vir in die wildtuin.

Stem saam met Satara en Laer Sabie.  Alhoewel , Skukuza my na aan hart le.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/08/2026 - 19:43

...ek kan myself ook nie keer nie. Ry hopeloos te veel in Kruger. Ons ry 'n roete in die oggend, kom maak kos, rus en ry dan weer 'n roete in namiddag. Daai kilo's in wildtuin stoot mens se totale uitgawe nogal baie op.

In Pilansberg maak ons ook so, maar gelukkig is die roetes afstand gewys kort, maar tydgewys lank.   

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus