Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -11 hours ago
wapen lisensie My nuwe voertuig Wessel Strydom -11 hours ago
Pragtige fotos 2025 Wonderland 45 Geert -11 hours ago
Dapper pa! 2025 Wonderland 45 Rona du Plessis -11 hours ago
Goeie Hout Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -12 hours ago
Raai wat's vir aandete vanaand. Nog lekker hoender resepte Goeie Hout -12 hours ago

Len in die Kruger Wildtuin in Augustus 2026

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek weet dis nog 6 maande voor Augustus, maar ek weet ook Kampforum-vrinne hou daarvan om deel te wees van 'n ou se beplanning op 'n lekker wegbreek. Gegewe dat my omstandighede tot gevolg het dat ek nie meer kan karavaankamp nie, het ek gewonder met wie gaan ek nou my opgewondenheid deel oor 'n nie-kamp Wildtuin-vakansie ?  Gelukkig het ChrisB vir my gewys dat die Kampforum-vrinne netso lekker saamgesels al is daar nie 'n karavaan ter sprake nie.

Nouja, hier begin my storie : Vandat my karavaan verkoop is, kyk ek daagliks die TV-program WildEarth wat 24-uur daagliks vir jou in-tyds opreis neem met 'n toergids by verskeie wildtuine in SA en omliggende lande, maar veral by SabiSands en ander kleiner wildtuine. Hierdie program het my lus vir die Kruger Wildtuin aangevuur om plan te maak om so gou moontlik weer daar te kom. Dis nogal 'n helse aanpassing om nie 'n kampeer-bespreking te doen nie, maar wel 'n vaste-akkommodasie bespreking, maar ek is daardeur en dis gedoen.

My kinders deel my opgewondenheid, maar was uiter bekommerd dat hulle 79-jarige pa alleen die tog van 2000km van die Kaap af en nog 2000km weer terug aanpak.  Hulle wou gehad het ek moet eerder vlieg en 'n kar huur.  Ek is egter allergies vir vliegtuie (het oorgenoeg daarvan in my werker-dae gehad) en dit sal 'n gelol wees om my getroue Nissan Pathfinder tuis te laat. Dus :-

Ek en my broer (hy is 81) is ons ouers se enigste kinders en ons het geen ander oorlewende familie nie, behalwe ons eie kinders. My broer en skoonsuster woon die afgelope 29 jaar in Oostenryk waar hy verbonde was aan die Universiteit van Wenen voor sy aftrede.  Hy was ook vir jare lank 'n ere-veldwagter in die Kruger Wildtuin en is netso lief vir dié plek soos ek. Maar ek en hy was  laas saam met my ouers  in die Wildtuin toe ons nog skoolkinders was. Ek kom toe op die blink gedagte af om hom en my skoonsuster te nooi om saam met my aan te sluit in die Wildtuin dan kuier ons sommer in die wildtuin saam. Die uitnodiging is onmiddellik aanvaar.  Nou vir my kinders se beswaar dat ek alleen van die Kaap af Wildtuin toe ry : My broer se ongetroude dogter is 'n lektor aan die Universiteit van Bournemouth in Engeland en sy wil graag saam ! Toevallig werk haar universiteit en die Universiteit van Kaapstad saam aan een of ander projek en daarvoor moet sy Kaap toe kom.  Sy gaan dus Kaap toe vlieg vir die projek en dan ry sy saam met my tot in Pretoia, natuurlik met my Pathfinder ! Haar ouers vlieg dan van Oostenryk af Pretoria toe en alvier van ons ry saam in die Pathfinder Wildtuin toe.

Ons het drie hutte in Berg-en-dal en drie hutte in Letaba bespreek, 5 dae in elke kamp, vanaf 6 Augustus tot 16 Augustus 2026. Dis nogal wyd om die 240km te ry vanaf Berg-en-dal tot by Letaba, maar teen 30kpu (ChrisB se spoed) behoort dit 8ure te duur terwyl ons 12ure beskikbare het vanaf 06:00 t0t 18:00

Nouja, dis die plan tot dusver. Ek vertel later verder as ek julle nie vereel het nie.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 30/07/2026 - 07:38

Ek dink daardie sleephaak is aan die Pathfinder. Laasgenoemde word mos gereken as een van die lekkerste sleepvoertuie - veral as jy dit agter 'n Hilux sleep devil.

Alle grappies op 'n stokkie. Len ons kyk uit vir jou terugvoering as nie-sleper. As ek net oor kampeervakansies moes terugvoering gee, sou daar weinig van my gehoor word.

Dalk kruis ons mekaar môre op die pad wanneer ek van Travalia-af huistoe ry. Ons slaap vanaand daar oor - kon mos nie plek kry in Karoo Nas Park nie a.g.v. Sanparke veldwagters-saamtrek.

Die Ou Lady word vanaand langs die chalet (die eerste een regs soos wat jy die werf inry -No 24) geparkeer vir 'n laaste aand van rustig kuier.

Jy sien logies met opgewondenheid uit na jou vakansie. Ek sien weer uit daarna om 'n slag by die huis te kom na bykans 3 maande se afwesigheid.

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 30/07/2026 - 17:39

Oom Len, jy gaan my nie verveel.  

Waenkie lyk sommer spoggerig.

Veilig ry.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 30/07/2026 - 19:35

Dankie Len, van môre af kan ons lekker begin saam toer met 'n idee van oorslaap plekke.

Ek wonder of nuwer sleepwaentjies by hierdie outjie kan kers vashou - stewig gebou en dan nog pragtig ook.

Geniet die rit môre. Ons hoop jy het 'n veilige pad en dan sien ons ook uit na meer foto's en so bietjie van 'n vertelling (sonder om kuiertyd in te boet)laugh

0
Pretoria

Geert

Fri, 31/07/2026 - 11:19

Veilig reis oom Len en Fsmilie/vriende. Hoop julle het n goeie tyd in wildtuin.  Die verwelkomings span was vanoggend reg voor Berg-en-Dal se hekke....luiperd  hy wag vir jul aankoms..was besig om rooibokke te bekruip

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 31/07/2026 - 13:48

Ek verneem ou olifante het al die kleintjies aangesit om ballonne op te blaas. Len, en veral ouboet gaan 'n moerse verwelkoming kry by die hekke. Rooi ballonne, trompet geskal en katlagters oefen reeds aan " Die lied van ou Suid Afrika" 

Reis veilig en geniet jou familie.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 01/08/2026 - 17:50

Goeie middag al my kampvriende vanuit Reyneke Park, Bloemfontein.  Ons het vandag om 15:15 hier gearriveer na 'n heerlike nagrus by Travalia, Driesusters. Travalia is 'n pragtige oornagplek met luukse kamers en toerusting, TV, WiFi, lugversorging en selfs elektriese komberse op elke bed. Ek weet dis ChrisB se gunsteling plek in hierdie omgewing.

Vanoggend (Saterdag) was die N1 vanaf Driesusters redelik rustig, maar vanaf Matjiesfontein het dit begin rof raak, veral vanaf Colesberg was daar baie trokke. Ten spyte hiervan het  ons, ek en my broerskind, tog lekker gery. Sy is 'n lektor in Engeland in "Media Production" en het al 'n paar dokumentêre films oor veral olifante en renosters gemaak.  

ChrisB, ek het toe by 'n wit Hilux met 'n Gypsey Caravette B op die N1 naby ?????? (die huidige spookdorp waar daar destyds baie trein-lokomotiewe omgeruil is) verby gery - ongelukkig te laat om vir jou te waai, daar was 'n groot trok voor my.

Ons ry môre tot in Pretoria  en dan op 6/8 by die Wildtuin in.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 01/08/2026 - 18:36

Bly dat julle voorspoedig ry tot dusver en hoop die Vrystaat gee julle vanaand so bietjie afslag op die koue.

Interessante passasier wat jy het. Daar is waarskynlik min stil tyd  met baie om oor te gesels op die padlaugh

Ry mooi môre.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/08/2026 - 07:18

....amper daar!!!! Nog 2 dae, dan ry julle die willw Krugertuin binne.

Deel tog met ons die indrukke van jou broer oor wat hy nou sien van Suid Afrika. Dit behoort baie interessant te wees.

Ek hoop van harte vir julle part, dat die diere in die pad kom paradeer vir julle.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 04/08/2026 - 17:44

Goeie middag kampvriende !

Ek is veilig in Pretoria en kuier tans by familie vir 'n paar dae.

Oormôre (Donderdag) beplan ek om 05:30 hier uit Pretoria-Noord te vertrek om die res van my oorsese span (my broer, sy vrou en hul dogter) by hul familie in Centurion te gaan oplaai.  Ek ry maar so vroeg om die vroegoggend verkeer te probeer misloop. Vandaar is dit reg oos op die N4  tot  by Malelane-hek  en dan om die draai tot by Bergendal.

Ek het vandag by Koos Mol in hul nuwe huis in Fairy Glen gaan kuier. Hy was voorheen ook baie aktief op die forum, maar 'n reeks gesondheidsprobleme het hom redelik platgetrek. Sy Parkinsons-sindroom het fantasties verbeter na breinchirurgie.  Maar prostaatkanker het toegeslaan en chirurgie asook bestraling was gelukkig baie suksesvol. Toe val Koos en breek sy heup wat ook vervang moes word. Maar hy voel baie goed en hy en Irene het 'n nuwe GWM 4x4 dubbelkajuit asook 'n boswa gekoop. Hulle beplan 'n Botswana, Namibië en Kgalagadi toere en vertrek binnekort. ChrisB, hy stuur spesiaal vir jou groete en ook vir almal wat hom kan onthou.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/08/2026 - 19:38

...weet nie wat se roete na Centurion,  raad om te gee nie. Dalk is dit beter om maar met N1 om te ry tot waar jy moet afklim vir woonbuurt in Centurion. Ek aanvaar jy ry met 'n GPS. 

Jy moet tog vir Koos Mol aanmoedig om weer aktief op forum deel te neem.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 04/08/2026 - 20:02

... vir daardie groetewense vanaf Koos. Ek is jammer om te hoor van sy gesondheidsprobleme, maar ook baie bly om te hoor van sy beterskap - sodanig dat hy en Irene weer kans sien vir kamp.

Lekker verder kuier Len.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 04/08/2026 - 20:21

Give that man a Bells. Ongelooflik dat die twee nou kans sien vir bietjie rof kamp. Het hulle nie met n Sesnsation of ook so luukse mee gekamp nie?

En dan die, noem dit terugslae wat nie die geesdrif demp nie!!  Regtig ongelooflik. Wens hulle n wonderlike en fantastiese toer. En jy moet julle trip geniet Len.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/08/2026 - 21:52

....vir Koos Mol!!!!

Hier is nog 'n paar forumvriende wat met positiewe uitkyk op lewe al erge mediese terugslae,  bemeester het en 'n absolute voorbeeld vir  my persoonlik is.

Salute!!!! julle manne

0
pretoria

pieterc

Thu, 06/08/2026 - 20:19

Oom Len en familie

Ek glo julle is veilig in Berg-en-dal en het sommer n lekker vuur gemaak om dit te vier!

Geniet elke oomblik - jy (julle) verdien dit.

 

0
Sandbaai

maurits1

Thu, 06/08/2026 - 21:31

Ek weet ek is seker nou buite perke want ek kan nie saamgesels oor die KrugerWildtuin nie. Ek wil net met julle deel dat ek op die oomblik in die Steytlerville omgewing op n plaas kuier. Hierdie Karoo is pragtig. Alles is mooi groen en hier is genoeg water op die oomblik. Hier kry n mens weer jou siel terug. Vanaand lekker skaaptjops  en kudu wors gebraai

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/08/2026 - 05:08

...goed om van jou te hoor. 

Jare gelede saam met 'n Francois du Plessis in die koshuis op Stellenbosch gewees. Hy het BSc-Landbou studeer, en het van daai omgewing gekom. Vandag bly hy daar naby jou in Hermanus, in Vermont. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/08/2026 - 11:19

...ek hoop julle is ingeburger in B&D, en dat die wild julle bederf met hulle teenwoordigheid.

Ons wag in spanning om te hoor hoe dit gaan met julle.. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus