6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -1 hour ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -5 hours ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -6 hours ago

September 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek het met groot gesukkel en lank aanhou vir Ezibookings, my bespreking vir Mokala en KarooNp gedoen. 

Ek het later vir Chris B gebel, hom gevra om klaar te maak, sodat ek ook 'n beurt kan kry. Die vriend pleit toe geheel onskuldig.

Teen 10h30 kry ek bespreek, en vra sommer vir Nossob ook. Volgens die kantoor was Nossob toe reeds vol bespreek, seker vir Aug'27. MataMata en Twee rivieren het nog plekke oop gehad.

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 10/09/2026 - 13:43

Nog ene. Waneer n ram-lam sy puberteit beryk, seker so by 6 maande, dan rek die rammetjie sy nek so lank- reguit voor hom uit en kom druk so teen die ooie terwyl hy sy lippe " klap, of lek". In my jong tyd was n jong tiener man gereeld na verwys as rammetjie uitnek.

Ek wonder hoeveel jong mense, behalwe nou plaas seuns daar is wat dit al gehoor het. Die ou gesegdes raak in onbruik. 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/09/2026 - 19:33

....word dus meestal deesdae verkeerdelik gebruik. Ek dink dit word gebruik waar 'n man so effe windgat en uit sy plek optree. Soos waar 'n jong ou iemand ouer konfronteer, of teengaan.  

Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/09/2026 - 09:13

E k verneem van Paul Mulder dat die kampie onlangs oopgestel is vir kampering. Hy gaan einde van die maand 'n paar dae daar kampeer.

Ek hoop hy gee terugvoer oor die ablusie ook. Dit sal rerig 'n groot verbetering wees as daar nou sonkrag-beligting ingesit is.

Indien wel, het ek lus om my Satara bespreking te verander na Balule toe.  

 

Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/09/2026 - 11:04

...na 'n swartgat, ek bedoel nou wetenskaplik, "black Hole". Behalwe dat alle materie daarin kan verdwyn, kom daar ook niks uit nie.

Nou wonder ek net----het die forum in 'n swartgat verander???

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 12/09/2026 - 12:12

... is veral groot oor naweke. Dit is hoekom ek sommer iets oor my beplande Kgalagadi-trip vanoggend gedeel het. Ek het al gereken dat Anton kan maar dié forum sluit.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 12/09/2026 - 12:23

Wessel, jy moet maar die beterhelfte tydens dagligtyd laat stort.

Alhoewel ek nie van Balule gebruik maak nie a.g.v. die gruispad wat ek met die Ou Lady moet sleep, het die kampie 'n nostalgiese atmosfeer wat ek eintlik graag sal wil beleef. Ons het slegs een keer daar gebly (1981) in een van die ou rondaweltjies. Toe het hulle nog saans 'n groot vuur gemaak en bykans een en elk het saans daar rondom die vuur gekuier en gebraai. Ek onthou die gedurige honk-honk van die seekoeie vanuit die aangrensende Olifantsrivier.

Ek dink dit is wonderlik as hulle die paraffienlampe in die ablusie behoue laat bly.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 12/09/2026 - 13:13

Tydens een van ons kuiers in Olifants (iewers tydens die 90's) het ons besluit om piekniek te gaan maak in Balule. Dit was gedurende die tyd toe Balule nie slegs toeganklik was vir inwonende gaste nie.

Daar aangekom, sien ons 'n persoon met 'n R-1 geweer oor die skouer in die kamp rondloop. Ek het dit vreemd gevind en met hom gaan gesels oor waarom hy met 'n geweer in die kamp loop. Hy sê toe dat daar 'n trop bobbejane is wat amok maak in die kamp. Die doelwit was om die tropleier te skiet. Die eerste poging was nie suksesvol nie - die leier was slegs in die been gekwes, maar hy lei steeds sy trop na die kamp toe. Die idee was om hom dood te skiet.

Toe ons daar wegry kry ons die trop net duskant die laagwaterbrug. En daar sit die leier op 'n klip met sy uitgedroogde onderbeen. Tussen sy knie en die uitgedroogde voet was dit net spietwit been. Nogal aardig gelyk.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 12/09/2026 - 13:23

Toe ons in 1987 vir 3 aande in Orpen was, het hulle ook nog olielampe in die huisies gebruik. Daar was ook groot vuur gemaak en die indoena het jou kole na jou braai by jou hut gebring.

Terwyl ek een aand besig was om te braai, hoor ons die gegrom van leeus voor by die watergat. Ek het net die rooster met vleis van die kole op die skottelbraai afgedraai en my na die kampheining gehaas. Ons kon maar nie ons teleurstelling verberg toe dit 'n trop buffels was wat soos leeus geklink het nie. Nietemin was dit 'n wonderlike "sighting".

Op pad terug na die hut het ek my eerste muskeljaatkat in die wildtuin gesien - in 'n boom in die kamp.

Wanneer ek van vaste akkommodasie in die wildtuin gebruik maak, bly Orpen een van my gunsteling-kampe.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/09/2026 - 13:37

Tydens ons besoeke aan Balule was daar 'n lieflike boom onder in die hoek, soos mens kloksgewys om die binne plein ry. Daar het ons heerlik heeldag koelte gehad. 

Dit was die tyd wat ons nog 'n gesin van 5 was, en ek ook 'n grênd sleepkombinasie gehad het. 

ford

boom

Nou is ons net twee grootmense en die "grênd" kombinasie het verander. Groot was my verbasing om met laaste besoek te vind dat daai koelteboom verwyder is. 

bo

Moenie vra watter woonwa kamp die lekkerste nie, ek wil nie jok nie. Kavango kan grondpad hanteer, maar....laughwink

 

 

 

Brits

Wessel Strydom

Sun, 13/09/2026 - 07:54

'n Vriend het gister teruggekom na 'n toer deur Namibië en Botswana. Hy het oral ongeveer R20/l betaal. 

Dit is darem BAIE goedkoper as ons huidige ongeveer R30/l terplaatse. Dit kan net SA-heffings en ekstra belastings wees wat daartoe bydra. Die internasionale prys is sekerlik vir tersaaklike lande dieselfde. 

Ek wonder skielik, koop Namibië en Botswana direk oorsee aan, of kry hulle diesel van SA af, sonder die ekstra rabatte??

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 13/09/2026 - 09:42

... was altyd goedkoper as ons s'n. As ons Hentiesbaai toe ry maak ons altyd 'n laaste keer vol by Agrimark in Vanrhynsdorp en dan druk ons deur tot Noordoewer waar ons opvul met die eerste goedkoper diesel. Maar verlede Februarie was die Namibiese dieselpryse oral in lyn met SA s'n. Ek is dus verbaas om te lees dat hulle pryse nou skielik weer sóveel laer as ons s'n is.

Ek dink (let wel dink) dat hulle voer grootliks hul eie brandstof via Walvisbaai-hawe in. Tussen Okahandja en Swakopmund (waar ons noord draai Hentiesbaai toe) sien jy nogal heelwat tenkwa-vragmotors wat waarskynlik brandstof vervoer.

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 13/09/2026 - 17:33

Namibië kry volgens Google vanaf Oman, India, en buurland Angola en paar ander lande af. Goed ge- deversifiseer as jy my vra.Skepe kom in Walvisbaai aan. Ook glo vanaf SA rafinaderye in Durban .... weet nie hoeveel bestaan meer nie. So die prys strukture wissel van ons sin.

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/09/2026 - 09:49

In my kinderdae het mense geterg en gesê dat 'n dokter se rekening voor jou by die huis aankom, as hy in Kaapstad is, en jy op platteland woon.

Dis nounog so, ek was vanoggend by dokter en ek was kwalik tuis, toe kom rekening per epos daaraan. Het ek langer gedraal by Toyota was dit voor my by die huis.

Onthou julle die grappie van die brief wat huisdokter gewoonlik saam met pasiënt gestuur het, om vir die spesialis te gee. Die omie maak toe die brief oop, en al wat daar staan is, die man kan betaal!!! 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/09/2026 - 12:25

...welkom terug, ek hoop julle het 'n lekker vakansie by kinders en kleinkinders [?] gehad.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 16/09/2026 - 15:53

... sommer nuuskierig - hoe gaan dit met daai knie? Beweeg jy al redelik normaal?

Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 16/09/2026 - 17:42

Dit gaan baie goed dankie Chris. Verlede week die Dr. besoek en die twee steke laat uithaal. Toe al met net 'n kierie geloop. Die wond lyk baie goed en het nou alle medikasie voltooi. 

Kon al 17dae na die operasie gras sny en dit het al klaar beter gegaan as voor die vervanging van die knie. Loop nou normaal sonder kierie en oefeninge kom mooi aan.

Is maar net nog die kop wat nou bly vermaan om virsigtig te wees. As ek geweet het dit gaan so goed afloop sou ek dit al lankal gedoen het. 

Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 16/09/2026 - 18:29

Dr. Nic van der Watt in die nuwe Mediclinic George. Sy spreekkamer is ook in Mediclinic so alles is gerieflik naby. 

Sy virwysings is baie goed en die dat hy van 'n robot gebruik maak is die proses makliker. Hy is ook in gekontrakteer by Discovery en reël alles. 

Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 17/09/2026 - 21:27

Dié wat my al soortvan ken sal  sê "what's new?", maar ja, ons is in die Wildtuin - net vir 4 aande. Ons het Maandagoggend gery en by Hippo Waterfront kort duskant Nelspruit oornag. Daan het Dinsdag 'n dr's afspraak gehad en daar moes nog eers vroeg bloed getrek word. Kort en lank van die saak is dat die uitslag uitstekend was, en ons is baie dankbaar ná 'n maand van asem-ophou. Die gewone pad huis toe was toe nie die eerste keuse nie.... Sanparke se kantoor in Nelspruit kom altyd tot ons redding. Sal kyk om vorentoe meer te vertel met moontlik 'n paar foto's. Dis 'n kort kuiertjie en ook al amper op 'n einde. Eerste aand was in Krokodilbrug, tweede in Onder Sabie, vanaand kamp ons in Satara en môre in Skukuza. Ons geniet dit soos altyd.

Pretoria

Geert

Thu, 17/09/2026 - 22:06

Baie dankbaar saam met julle oor Daan se bloed uitslae. Wat n lekker manier om dit te kan vier met n wildtuin trip. Geniet dit...ons kyk uit vir terugvoering 

 

Ns....is jul gunsteling S39 al oop tussen Orpen pad en Timbavati picnic area?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus