Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -12 minutes ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -33 minutes ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -36 minutes ago
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kieterkatte Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -1 hour ago

Politiek en Kampforum

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ons weet almal daar is 'n gebrek aan gesprekke oor kampering op Kampforum en net om die geheue te verfris, hier is die goedjies waaroor vanoggend geklets is :-

  • Lag 'n slag
  • Vrydag se stout grappie (vandag is al Maandag !)
  • 228 nou 424 lede
  • Tee & Koffie
  • Oscar se faait
  • Blompotte
  • Lewer in suursous
  • ensovoorts

Terwyl gesprekke oor kampering al lankal opgedroog het, wonder ek al lankal hoekom word 'n onderwerp wat elkeen van ons daagliks raak op elke denkbare forum verbied ? En ek verwys nou natuurlik na gesprekke waar politiek by betrek word.   Voor iemand nou dalk vir my die lessie wil leer dat ons almal verskillende politieke denke het en dus verskillende politieke partye ondersteun, ons beskou mos Kampforum as 'n forum wat baklei-vry, nugterdenkend en volwasse optree.  Hoekom kan ons nie op 'n beskaafde manier tussen die klompie kampeer-geselsies ook so dan en wan gesels oor 'n onderwerp wat jy in geen opsig kan afskei van elke faset van ons daaglikse lewe nie ?

Dit is só opvallend dat geen woord nog gerep is oor die ANC se verkiesingskonferensie nie en dit is tog onteenseglik iets waarvan die uitkoms elkeen van ons vorentoe gaan raak, ongeag wat jou politieke siening is.  Dit kan tog nie wees dat ons môre-sê gesprekke en die Oscar-faait in die tronk op die Tee & Koffie-draad belangriker is as gebeure op die politieke terrein wat ons, ons kinders en kleinkinders daagliks drasties gaan raak nie ?

Ek sou graag wou weet wat is jou siening oor 'n meer oop forum-beleid om gesprekke met 'n politieke strekking amptelik toe te laat  -  dit sal beslis 'n eerste wees op forums en FB groepe !

Ns.

Ek moet sê, ek hou baie van die ANC se logo wat so dan en wan hier aan die linkerkant op die skerm verskyn met die byskrif dat die ANC is in kraam en dat dit of 'n seun of 'n dogter gaan wees.  Kostelik !

Centurion

Voortrekker

Mon, 18/12/2017 - 09:49

Hallo Len!    

1. Uit Forum reels:

"Ons sal versigtig wees om enige Godsdiens of politiek te bespreek op hierdie forum en alhoewel ons almal se menings respekteer, nie toelaat dat sulke gesprekke die doel en gees van hierdie forum benadeel nie."

Ek sien nie dat dit nie toegelaat word nie, net dat ons versigtig moet wees en nie dat dit die doel en gees van kampforum benadeel nie.

2.  Ons het mos die "kontroversieel of nie" sub-forum waar jy idees kan uitdaag.  Polietieke idees?

3.  Ek sit hier en wag vir iemand om 'n draad te begin daaroor .....   smiley

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 18/12/2017 - 10:00

10 uit 10 vir jou.  Ek stem saam.   Ek glo ons sal kan gesels oor politiek op die forum.   Ons moet ons regmaak dat daar verskillende opinies sal wees en sommige kommentare dalk nie byval by almal sal vind nie.   Solank ons mekaar se sienswyse respekteer en nie iemand wil aanval oor wat hy of sy sê nie.  Elkeen het tog die reg om eerlik te sê hoe hy voel.

Ek wou vanoggend 'n draad begin oor die verkiesing.  Veral toe ek sien die stryd is nou net tussen Ramaphosa en Zuma vir president.   Deesdae is mens nie seker hoe goed of sleg 'n president gaan wees, voordat hy daar is nie.   Ek is eerlik, ek weet nie of ek volle vertroue in enige van die twee het nie,  maar Ramaphosa is my gunsteling (onder die omstandighede).  Daar is ander lede van die ANC wat ek eerder sou verkies maar hulle word nie inaggeneem nie.  Ek is net bly Jacob Zuma gaan uit!!

Nouja, daar het ek die bal vir jou help rol.  Kom ons hoor wat sê Kampforum se mense.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/12/2017 - 10:02

Dankie Anton vir die herbevestiging van die reël waarvan ek glo almal vergeet het  -  heelwaaskynlik hoekom daar nie oor hierdie onderwerpe gepraat word nie.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 18/12/2017 - 10:08

O jittetjie, hoop ek het nie te gou gepraat nie.  blush     Ek en Voories het gelyktydig geskryf.   Maar ek hoor wat Voortrekker sê, ek glo daar moet by die reëls gehou word as ons oor politiek gesels.  En as dit sou handuit ruk, kan Voortrekker altyd ingryp.   

0
Meyerton

Segekok

Mon, 18/12/2017 - 10:08

90% van alle politieke gesprekke loop op n onenigheid uit. Selfs binne ’n sekere politieke party is dinge nie altyd so wel nie. Stoel gevegte kom by my op as ’n voorbeeld. Selfs in die sogenaamde  beskaafde lande het daar al ’n paar skoene rond gevlieg.

Ons klomp mense kon maar nog nooit saamstem oor die politiek nie en ook nie oor godsdiens nie.  Dit is die vinnigste manier om van ’n eerbaarlike  mens on oneerbaarlike mens te maak.

Dit is net my siening en ek moet dalk ’n bril kry......

0
Meyerton

Segekok

Mon, 18/12/2017 - 10:14

Freda ek sou dalk eerder wou hê dat Zuma verkies moet word.    My rede hiervoor is dat as dit gebeur die ANC n baie groot verlies gaan hê aan kiesers wat dan sal lei dat die 2019 verkiesing dalk die einde van die ANC as die regerende party kan beteken.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/12/2017 - 10:18

Die gooi van stoele op politieke vergaderings tussen lede van dieselfde politieke party kan nie maklik gestop word nie, maar wanneer onaangename politieke beledigings op 'n forum rondgeslinger word, kan dit onmiddellik in die kiem gesmoor word deur die bestuur van die forum.

Ek dink dis die moeite werd om te probeer en ek gaan 'n draad begin soos wat Anton uitgenooi het om te doen.

0
Meyerton

Segekok

Mon, 18/12/2017 - 11:16

 

Ek dink dis die moeite werd om te probeer en ek gaan 'n draad begin soos wat Anton uitgenooi het om te doen.

 

Len ons wag in spanning

Die stemme word al getel en ons het nog nie ons voorkeur kandidaat bespreek nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus