Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -4 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -4 hours ago

Die ANC se verkiesingskonferensie

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek dink die organisering van 'n konferensie met ongeveer 5000 ANC afgevaardiges en die hantering van ongeveer 1000 geakrediteerde joernaliste vanoor die hele wêreld moet 'n logastieke nagmerrie wees.  My loopbaan agtergrond was in bedryf  ("operations") om my organisasie instaat te stel om operasioneel te kan funksioneer en ek dink ek het 'n gevoel van watter geweldige uitdagings so 'n massiewe konferensie van die bestuur moes verg.

Ten spyte van die geweldige vertragings wat kritici dalk mag uitbuit, was die vertragings die gevolg van drie hofuitsprake die dag voor die konferensie en die ANC-bestuur het optrede uiters versigtig probeer hanteer om te voorkom dat die konferensie later op regsgronde ongeldig verklaar word.  Hierdie drie hofsake is nougeset gerespekteer en uitgevoer voor akkreditasie van stemgeregtigdes toegelaat is.

Die belangrikste agendapunt is natuurlik die verkiesing van die president van die ANC, sy adjunk en die ander lede van die uitvoerende komitee.  Hoe dit aanvaar gaan word in 'n uiters verdeelde ANC, sal ons later vandag met ons eie oë kan sien.

Wat my betref, haal ek my hoed af vir die ANC wat hierdie massiewe konferensie tot dusver ordelik en suksevol bestuur het.

My voorkeur vir 'n ANC president is Cyril Ramaphosa en my redes is :-

  • Jacob Zuma moet so gou as moontlik as President van SA herroep word
  • Jacob Zuma moet so gou as moontlik aangekla word vir sy korrupsie
  • SA het dringend 'n nuwe en kleiner kabinet nodig
  • SA kan nie bekostig om tot 2019 verdere stommiteite van JZ te waag nie
  • Die kader-ring rondom JZ moet so gou as moontlik gebreek word
  • Dlamini-Zuma sal alleenlik die uitstel van optrede teen JZ tot gevolg hê  -  sy is maar 'n na-prater van JZ
  • Dlamini-Zuma is ook nie vir my 'n tipe dinamiese persoon wat veral met 'n sake-/finansiële agtergrond die land vorentoe kan neem nie
Meyerton

Segekok

Mon, 18/12/2017 - 11:42

Len ek stem saam dat daar van JZ ontslae geraak moet word. Hy het hierdie land baie skade berokken.  ( Hy sal nooit eers daardie soort van syfers kan uitspreek nie.)

Wat my egter pla is die feit dat daar geen waarborg is dat CR vir JZ sal herroep nie. Dit is immers nie net sy besluit nie.  Dit is n besluit wat deur die top 6 geneem sal moet word. 

Dit is baie duidelik dat daar korupsie en stem kopery was. Niemand sal dit ooit erken nie maar juis die hofsake waarna jy verwys het is n baie groot aanduiding dat dit wel gebeur het. Al 3 die streke wat betrokke was by die hofsake was NDZ georiënteerd  

Soos wat Freda ook vroeër genoem het ...  vertrou ek nie een van die twee nie. 

Die  finansiële markte hou beslis van CR. Ek dink net dit is re voortydig.  As dinge nie gaan soos hulle verwag nie gaan die rand deur sy eie gat val. en voorsien ek R15.20 / $ teen die einde van die jaar.( dan is my kamp dae m%$# toe.)

Sover dit die reelings en die organisasie van die konferensie aangaan ...  dit is sekerlik n pivaar organisasie wat dit gereel het en dan teen April gaan kla dat hulle nog nie betaal is nie. 

Die vertragings is ook nie net die Hofsake se skuld nie.  n Seker persoon het so 7 uur laat opgedaag....

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 18/12/2017 - 12:25

Ek het XE app op my foon wat lewendig die ZAR vs. $ wys.  Sien hy sit nou op 12.90 en wonder of dit iets met die bogenoemde te doen het?

Wanneer word uitslae bekend gemaak en word dit dan in werking geplaas?

My stem gaan ook vir CR net omdat hy na aan Mandela was en hopelik iets van daardie visie kan terugbring?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/12/2017 - 13:14

Die uitslag word teen laat vanmiddag of vanaand verwag.

My opinie is ook dat sou CR verkies word, hy nie noodwendig die redder van SA sal wees nie.  Ek glo egter net dat hy 'n beter kans het om SA op 'n beter pad te plaas as wat na-prater Dlamini-Zuma het.  Sou sy wen, gaan niks drasties verander nie.

Die terugroep van JZ is ook nie 'n uitgemaakte saak nie.  Sou die res van die Top-6 wat verkies word (veral die adjunk-president) van die Dlamini-Zuma faksie wees, dan gaan CR 'n opdraende stryd hê.

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 18/12/2017 - 13:37

CR het darem heelwat meer nominasie stemme gekry as DZ.   Ek dink net die stoere JZ ondersteuners staan agter haar, soos bv die Vroueliga.    Vir eers is ek net bly dat daar iewers van Zuma ontslae geraak word.   Soos Segekok ook vanoggend gesê het, die verdeeldheid in die ANC kan hopelik help vir 'n beter resultaat met die 2019 verkiesing.   

0

Kan die manne asseblief iets vir my verduidelik .Ons is veronderstel om n Demokratiese land te wees maar die president kandidaat kom uitsluitlik van die ANC  hoekom word van die ander partye se kandidate nie ook ingesluit nie .Dit lyk vir my dis n “One Party Affair” .So ons as burgers en belasting betalers het absoluut geen insae oor wie die president kan wees .Nou sien ek dat daai sleg Karl Niehaus en Tony Yengeni ook baie te se het maar waar was hulle toe die paw –paw die fan gestrike het . En hoekom het die top 6 NEC lede so baie mag om te se wie loop en wie bly ? Afrika bly maar Afrika

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 18/12/2017 - 15:19

Ek stem 100% saam met wat julle hier noem, CR is die beste kandidaat, hy het baie goeie skool opleiding, is 'n sakeman van formaat, en het sterk leiers eienskappe. DZ is hopeloos en gaan vir JZ beskerm, met mening.

Dassie, hierdie verkiesing gaan oor 'n president vir die politieke party (Anc) te stem, wie ookal wen, kan met meerderheid van stemme, (van die top bestuur van die ANC) vir JZ die trekpas gee. 

Ek sit my geld op CR as wenner.

0

Askies mense ek het die h*l uit die hoender geruk hier .Ai dis Maandag my  brein is nog na-week .Korrek dis die ANC president verkiesing .Ek sny sommer my pols met " jelly babies" indecision

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/12/2017 - 15:51

Ons is in 'n land met 'n demokratiese bestel en daarvolgens het die ANC as politieke party die meeste stemme van SA landsburgers verkry.  Die ANC verkies dus hul ANC President, Adjunk-President en die res van die Top-6 in die ANC  Dit word gedoen ooreenkomstig die ANC se konstitusie.  Daar was gister 'n voorstel uit die JZ-kamp om die konstitusie te wysig sodat twee ANC adjunk-presidente gekies kan word  -  duidelike poging om Dlamini-Zuma daar te kry sou CR wen en sy keuse vir 'n adjunk-president is Lindiwe Sisulu. Gelukkig is die voorstel totaal van die tafel afgevee want dit was so duidelik soos daglig wat daaragter gesit het.

Die algemene verkiesing in 2019 wat die ANC hoogswaarskynlik weer sal wen (alhoewel dalk met 'n kleiner meerderheid), gee hulle die reg om SA se President en Adjunk-President te benoem wat normaalweg hulle party-leiers is.

0

Len baie dankie vir jou inset ek verstaan dat die ANC  het die meerderheid stemme maar beteken dit dan dat die ANC Carte Blance het wanneer dit kom by die land se President te kies ? Ek vra maar net aangesien ek Amerika se verkiesing gevolg het en die 2 hoof kandidate was van verskillende politieke partye

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 18/12/2017 - 19:50

Die SA verkiesing word heeltemal anders as die van die VSA bedryf.  Die ANC alleen besluit wie sal die land se president wees.

Die nuwe "Top-6" gee vir CR beperkte beweegruimte omdat van hulle Dlamini-Zuma en JZ ondersteuners was.  Gelukkig is die nuwe Voorsitter darem een van sy ondersteuners, maar David Mabuza, premier van Mpumalanga wat Adjunk President word, is redelik omstrede en speel sy kaarte naby sy bors.

CR het nie met 'n baie groot meerderheid gewen nie wat nog steeds die tweestryd in die ANC demonstreer.

Dit gaan interessant wees om te sien hoe sake gaan uitspeel.

0
Meyerton

Segekok

Mon, 18/12/2017 - 20:37

Wat ons nie uit die oog moet verloor nie is dat die Zulu's nog steeds n koning het.  Die gevoel onder die meeste Zulu mans is dat die koning nie aan n vrou verslag kan doen nie. 

Al sê die ANC dat hulle reg is vir n vrou as leier gaan dit nog steeds n probleem wees vir baie mans.

Dus as NDZ wel sou gewen het was dit n probleem waarmee daar nie rekening gehou is nie.

Met die Top 6 is juis waarna ek verwys het toe ek gesê het dat as CR wen dit nie noodwendig gaan beteken dat JZ recall gaan word nie.  Die besluit is nie net sy eie nie.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 18/12/2017 - 21:59

Ongelukkig is dit soos jy sê Deon, daar moet 'n meerderheid stem, tussen die 120 stemme,  wees om JZ uit te lig, of hy moet self bedank.

Sy magte is nou redelik beperk, soos Maroela Media sê, JZ regeer die land, maar CR beheer die mat waarop hy dans. 

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 19/12/2017 - 07:24

Tyd sal leer of die verbetering korttermyn of langtermyn gaan wees.   Die volgende positiewe stap sal moet wees dat Zuma uit sy pos as staatspresident gelig word.   Solank hy die toutjies daarbo trek, glo ek sal dinge mettertyd net aangaan soos nou.   Ek hoop Ramaphosa bewys my verkeerd.   En as hy self staatspresident sou word, wag daar vir hom 'n reuse taak om die gemors,  wat Zuma met die land aangevang het, reg te maak.   Die meeste van Zuma se korrupte maatjies is nog daar, dit sal interessant wees om te sien hoe Ramaphosa hulle gaan hanteer.

Op 'n meer positiewe noot, ek wens Ramaphosa sterkte toe en hoop regtig hy gaan 'n verskil maak.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus