Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 minutes ago
👍👍👍👍 Forum Herstel en terugvoering Gryswater -16 minutes ago
Umfula is nie n slegte plek… Umfula Lapskag -45 minutes ago
Leeu Kgalagadi Oktober 2026 Geert -1 hour ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago

Die ANC se verkiesingskonferensie

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek dink die organisering van 'n konferensie met ongeveer 5000 ANC afgevaardiges en die hantering van ongeveer 1000 geakrediteerde joernaliste vanoor die hele wêreld moet 'n logastieke nagmerrie wees.  My loopbaan agtergrond was in bedryf  ("operations") om my organisasie instaat te stel om operasioneel te kan funksioneer en ek dink ek het 'n gevoel van watter geweldige uitdagings so 'n massiewe konferensie van die bestuur moes verg.

Ten spyte van die geweldige vertragings wat kritici dalk mag uitbuit, was die vertragings die gevolg van drie hofuitsprake die dag voor die konferensie en die ANC-bestuur het optrede uiters versigtig probeer hanteer om te voorkom dat die konferensie later op regsgronde ongeldig verklaar word.  Hierdie drie hofsake is nougeset gerespekteer en uitgevoer voor akkreditasie van stemgeregtigdes toegelaat is.

Die belangrikste agendapunt is natuurlik die verkiesing van die president van die ANC, sy adjunk en die ander lede van die uitvoerende komitee.  Hoe dit aanvaar gaan word in 'n uiters verdeelde ANC, sal ons later vandag met ons eie oë kan sien.

Wat my betref, haal ek my hoed af vir die ANC wat hierdie massiewe konferensie tot dusver ordelik en suksevol bestuur het.

My voorkeur vir 'n ANC president is Cyril Ramaphosa en my redes is :-

  • Jacob Zuma moet so gou as moontlik as President van SA herroep word
  • Jacob Zuma moet so gou as moontlik aangekla word vir sy korrupsie
  • SA het dringend 'n nuwe en kleiner kabinet nodig
  • SA kan nie bekostig om tot 2019 verdere stommiteite van JZ te waag nie
  • Die kader-ring rondom JZ moet so gou as moontlik gebreek word
  • Dlamini-Zuma sal alleenlik die uitstel van optrede teen JZ tot gevolg hê  -  sy is maar 'n na-prater van JZ
  • Dlamini-Zuma is ook nie vir my 'n tipe dinamiese persoon wat veral met 'n sake-/finansiële agtergrond die land vorentoe kan neem nie
Secunda

Sleep nou

Tue, 19/12/2017 - 09:34

Zuma nog inbeheer vir 2 jaar die rand se beweging gaan van korte duur wees tot Zuma van onsla geraak word

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/12/2017 - 09:34

'n Opdraende stryd lê voor :-

  • Dis eintlik jammer dat die opposisie nou weer vra dat JZ teruggeroep moet word want die ANC sal NOOIT in die hande van die opposisie speel nie.
  • Veral omdat die Top-6 (en moontlik die ander 80 lede wat nog gekies moet word) verdeeld is tussen JZ lojaliste en JZ-kritici, glo ek CR sal eerder poog dat JZ homself ophang.
  • Dit gaan moontlik gemaak word om JZ nou te laat teregstaan op die aanklagte teen hom, die staatskaping-kommissie dadelik te laat aanstel en die gratis studente onderrig op die spits te dryf.
  • Laasgenoemde sal nie kan realiseer in 2018 nie en dit gaan weer tot studente-onrus aanleiding gee  -  dan dink ek JZ se doppie is geklink.
0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 19/12/2017 - 17:32

........moes gewees het "dan dink ek JZ se doppie is geklink"......................

Jammer.

0

laugh Ek dink al doppie wat geklink sal word is by Saxon world se shebeen

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus