Goeiedag Almal.
Laat weet asseblief op hierdie draad indien julle enige probleme ervaar of dinge raasksien wat verander het of funksies wat nie meer toegangbaar is nie.
Dankie!
Veranderinge
Gaan min tyd hě in die volgende klompie dae om hier in te loer. Daarom dat ek vra, Voortrekker, voordat jy die finale 'save' knoppie druk - die emoji's is klein, maer en vaal (wel 'n lekker groot keuse vir iemand soos ek wat nie deur my tande praat nie, maar hande gebruik en gesigte trek). Tevore het dit 'n 'statement' gemaak.
Ek hakkel nou al - die kappie-e is nie daar nie - Omega werk nie in ons taal nie.
Dankie solank. Hoop wanneer ek weer kyk was die tower-feetjie hier (smiley face).
Ron. Werk jy oop 'n tablet…
Rona. Werk jy oop 'n tablet of laptop?
Op foon of tablet of laptop,…
Op foon of tablet of laptop, as jy die letter e inhou dan sal daar opsies verskyn om die e aan te pas ê ë è
Laptop e.....
werk nie dieselfde as my foon nie. Dit gebeur wanneer ek die letter e inhou op die laptop eeeeeeeeeeeeeee. Moet ek 'n ander sleutel saam met die e druk? Baie dom met die tegnologie.
Kappie e se toets
toets1 met Omega roete--- allerhande e, maar nie met kappie nie.
Toete 2: ek tik sommer altyd "alt136" ---ê. dit werk nog altyd op PC.
Anton: hou nou op goete bylaai, netnou maak dit koffie ook. Grootmense kan nie byhou nie
Rona: probeer ook "alt137" vir deelteken ë
alt147 vir kappie o---ô
Laaste oor die dekselse kappie
Indien ander nie 'n probleem het met die nuwe stelsel nie, sal ek vorentoe die Alt opsie gebruik - moet dit net weer onder die knie kry. êêê. Dan nie nodig vir verdere moeite nie, dankie.
Vir Wessel. Ek ken die Alt kodes. Was net gewoond aan dit wat op die forum beskikbaar was. So, die (Alt)ernatiewe metode sal dit wees, en dit is goed so.
Hou net die letter e in vir…
Hou net die letter e in vir paar sekondes en dan sal die èéêëěẽēėę opsies verskyn.
Wessel daar was 'n paar…
Wessel daar was 'n paar dingetjies wat die funksionaliteit van die Forum sal verbeter wat ek al vir 'n geruime tyd wou opsit. Privaat boodskappe, Thumbs up op insette en dan die derde een is om lede in staat te stel om met hulle ander sosiale rekeninge aan te teken.
Die nuwe Editor met sy smileys en spesiale letters het saam met die opgraddering gekom en daaraan kan ek niks nou doen nie. Die vorige Editor word nie meer ondersteun in Drupal 10 en 11 nie. Ons hardloop nou op 10.
Ek dink die privaat boodskappe gaan goed werk en sal nou forum lede instaat stel om lekker te skinder.
GOOGLE aanteken
Goeiemôre. Die funksie om nou op Kampforum aan te teken met jou Gmail / Google rekening is nou moontlik.
As jy graag jou Google / Gmeail will opstel vir Kampforum en om makliker aan te teken dmv Google, kliek asseblief op jou profiel en kies dan die opsie "connected accounts" daar sal dan 'n opsie verskyn was sê "connect to google" - kies die opsies en volg die gewone Google proses om jou rekening met Kampforum te verbind op jou profiel.
Ek wil byvoeg. Die manier hoe die google aanteken nou werk is slegs vir lede wat 'n aktiewe profiel het. 'n Nuwe Kampforum profiel kan nie geskep word d.m.v google nie. Slegs huidige lede kan hulle profiele koppel aan google. 'n Nuwe lid moet nogsteeds deur die tradisionele Kampforum registrasie proses gaan en eers daarna kan hy sy profiel aan google koppel.
Ek sal kyk hoe dinge vorentoe loop en slegs as ek seker is en ook as die regte Kampforum moderators in plek is ,sal ek nuwe profiel registrasies oopmaak dmv google alleenlik. Dit maak natuurlik dan die deure oop vir enigiemand om vinnig op Kampforum te registreer en saam te praat, maar sal ook moderators benodig indien nuwe lede snert en spam kom plaas.
So... op die punt van Moderators, wie sou belangstel daaraan. Dit moet lede wees wat gereeld aanlyn is en dan die gesag sal hé om enige inset of onderwerp te verwyder asook moontlik om stoute lede te verban!





Thumbs Up
Ek het nog 'n funksie op die forum gelaai wat 'n Thumbs Up teller het. Ek het dit ook beskikbaar gemaak aan besoekers wat nie ingelog is nie.