Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto laai Forum Herstel en terugvoering Gryswater -7 minutes ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -4 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago

Beja Hengel Paradys

Tussen hemel en hêl
Submitted by GeesWatWandel on
Forums

Waar om te begin?

Om by die naam te begin dink ek sal heel van toepaslik wees. Beja hengel paradys is voorwaar n paradys en nie net vir hengel nie. Die natuur hier is asemrowend mooi en die oord self is baie mooi ingerig met die netjieste huisies reg op die oewer van die Albasini dam. Dit is een van daai hidden gems wat niemand van weet nie!

Die gesie kom van Pietersburg/Polokwane af en verduidelik gou dan die pad van Pietersburg af tot hier. n` Mens ry op die N1 van Pietersburg noord na Louis Trichardt. In Louis Trichardt op die N1 is daar n sirkel waar mens regs afdraai na Thohoyandou. Ry dan omtrent so 23 kilos op die Thohoyandou pad en aan die regterkant is daar dan die afdraai na Beja Hengel Paradys. Volg dan vir omtrent net so minder as 1 km n grondpaadjie en jy is daar.

Hier is `n baie mooi swembad om in koel te word. Daar is omtrent 10 huisies reg op die oewer van die Albasini dam wat die oord uit verhuur. Hulle is baie mooi van buite. Ek het kennis gemaak met een van die oord bestuur, Willem, en hy het gese hy sal my nog later die week na een toe vat. Sal dan fotos neem en vir julle wys hoe lyk dit binne. Self nuuskierig.

Hier is n snoepie wat omtrent al die basiese goed het. Van ys,brood,hout,chips,water, roomys,spice,blikkieskos en nog vele meer.

Kampstaanplekke is daar orals deur die oord en teen die water en verskye het ook kragpunte. Hier is n speelparkie vir kinders. Die swembad area en lapa is gesamentlik op so klein heuweltjie en baie netjies en mooi. Die oord kyk goed na die swembad en die water is altyd blou. Die lapa is so mooi en ek dink mens kan troues hou daar as jy wil so mooi is dit. Ek het my wa ingerig net so onder die heuweltjie van die swembad. Hele kampterrein word baie mooi na gekyk.

Gisteraand met sons ondergang het ek gesien hoe bokke kom water drink aan die oorkant van die dam, dit was mooi.

Graag sit ek vir julle n paar fotos op want hulle se mos pictures talk louder than words. Ek het hulle verklein 450 x 450 soos Voortrekker aanbeveel. Ek sal deur die week nog probeer bysit en as daar enigre vra is sal ek probeer help. Oh my word, hoop dit werk.

Regtig n awesome plek om rustig te raak.

Groete

Gesie

google kaart
Centurion

Voortrekker

Tue, 09/01/2018 - 10:20

NICE!

Baie dankie Gees vir die lekker vertel en mooi foto's!     Sal beslis dit onthou as 'n kamp opsie in daardie omgewing.

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 09/01/2018 - 10:28

Baie mooi ou gesie ek sal dae daar sit en net absoluut bokkerol doen behalwe braai en visvang

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Tue, 09/01/2018 - 10:34

Dankie oom Sleep nou en Voortrekker, ek voel bevoorreg om hier te kan kamp en ja dit baie mooi. Sjoe nou hard gewerk, laat ek maar die eerste bier gryp.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 09/01/2018 - 11:24

Dankie Gees, ek glo jy kamp lekker daar so op jou eie.   Alles is so pragtig groen en sulke mooi uitsigte.   Hoe lyk die ablusieblokke?   Byt die vis darem?   As jy nou 'n lekker vissie vang om te braai hoef jy nie blikkieskos te eet nie.smiley

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus