Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Umfula Goeie Hout -25 minutes ago
so 'n bloedrooie. Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -49 minutes ago
Sterkte Rona en Daan Lakeview Lodge and Camping Geert -1 hour ago
5.6kg Umfula Johann L -3 hours ago
Bo Umfula Johann L -3 hours ago
11 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Vrydag se stout grappie

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Aangesien Auntie Freda nog skottelgoed was sal ek maar n grappie plaas

Die meisie bring haar lang takhaar kerel huis toe vir die eerste keer .Hy het n leer baadjie aan en sulke vieselike oor-ringe .Die Ma en Pa kyk net en se niks die meisie nooi die ou vir aand ete .So sit hulle om die tafel en eet ,toe almal klaar ge-eet het sit hulle net daar die skottelgoed word nie verwyder van die tafel af nie en niemand se n woord .Die meisie fluister in die kerel se oor dat die eerste persoon wat praat moet die tafel afdek en skottel goed was .Hmmm dink die kerel en hy steek sy hand in die meisie se bloes in .Niemand se n woord die kerel staan op gryp die Ma en soen haar vurig .Weer se niemand n woord skielik begin dit te reen en die kerel haal sy Vaseline uit om op die Harley Davidson se chrome dele te vryf sodat dit nie roes nie .Die Pa sien die bottletjie Vaseline spring rats op en kondig aan Okay ,Okay ek sal die damn skottelgoed was .

Waar my wa staan

Arie

Fri, 05/01/2018 - 10:10

Sannie kom baie opgewonde by die huis, vertel haar ma dat George Pappadakes haar gevra het om te trou! Hulle trou volgende maand, ma is ook baie bly want sy glo sy sal nou haar inkopiesgoedkoper kan kry by George se winkel, Spaar.

Daardie aand het sy 'n lang en ernstige gesprek met haar dogter oor wat nou alles van 'n vrou verwag word in die huwelik, en sy sluit af met n waarskuwing dat die Grieke nogal lief is om die verkeerde opening te gebruik waneer hulle intiem verkeer.

Sannie en George is al drie jaar baie gelukig getroud toe George weer een aand so lekker wulps en vatterig raak daar in die bed, Sannie fluister in sy oor van die verkeerde opening wat haar ma haar oor gewaarsku het, sy vra vir George waneer gaan hy dit dan 'n slag probeer?

Baie verontwaardig vra George "Wat wil jy nou al kinders he?!"

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 05/01/2018 - 10:14

Sannie se ma staan daar by agter heining met buurvrou en skinder. Julle ken daai prentjie, altwee het slippers aan met 'n gat in gesny waar die "bunnion" uitsteek. Altwee het nog krullers in die hare en 'n lang sigaret in die mond.

Vra buurvrou vir Sannie se ma "Ek hoor Sannie wat 5 maande terug getrou het het, het gisteraand afgelaai?"

"Ja" se Sannie se ma "die arme kind was so onskuldig sy het nie geweet sy moet 9 maande dra nie!"

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 12/01/2018 - 08:22

Koos sit in die kroeg en lyk erg gestres.   Vra Piet vir  hom wat makeer.

"Ek het met my perd in die veld gaan ry en skielik 'n slang in die paadjie gekry.  Die perd wou hom trap en toe begin die slang praat."

"As jy my lewe spaar, sal ek jou 3 wense gee wat sal waar kom."

"Ek wens toe dat ek so aantreklik kan wees soos Tom Cruise, so goed gebou soos Sylvester Stallone en so wel bedeeld soos die perd waarop ek ry.   Toe ek by die huis kom, toe sien ek alles het so gebeur."

"Maar dis mos goed.   Is jy dan nie bly nie?" vra Piet

"Ek het skoon vergeet ek het met die merrie gaan ry!"

 

0
Centurion

Dusty

Fri, 12/01/2018 - 08:53

Twee bejaardes het besluit om te trou nadat hulle lank oor en weer gekuier het.

Na die troue en onthaal verby is gaan die twee kamer toe. Nog baie skaam vir mekaar.

Toe hulle hulle pajamas moet aantrek besluit die twee om die kas se deur oop te los en dan trek die een sy pajamas eenkant van die deur en die ander een aan die anderkant.

So gesê so gedaan. Maar die tannie sukkel met haar onderrok om dit af te kry. Sê sy toe kliphard. So kort en so styf.

Spring die omie om die hoek en sê:"Ek het gesê jy mag nie loer nie

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 12/01/2018 - 09:45

Dit reen al vir 3 dae en al wat skoonma doen is loer deur die venster dalk moet ek maar die deur oop maak sodat sy binne toe kan komlaugh

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 19/01/2018 - 06:33

'n Blond gaan vir 'n onderhoud by 'n hardewarewinkel.

Vra die bestuurder vir haar:   "Ken jy darem die verskil tussen 'n spyker, 'n naald en 'n paperclip?"

Die blond dink so rukkie:  "Wel,  ek was nog nooit genaald of gepaperclip nie...."

0

Nurses aren't supposed to laugh... "Of course I won't laugh," said the nurse. "I'm a professional. In over twenty years I've never laughed at a patient." "Okay then," said Bob, and he proceeded to  drop his trousers, revealing the smallest male part the nurse had ever seen.   In length and width was almost identical to a AAA battery.
 
Unable to control herself, the nurse tried to stop a giggle, but it just came out. And then she started laughing

at the fact that she was laughing.  Feeling very badly that she had laughed at the man's part, she composed

herself as well as she could. "I am so sorry," she said.. "I don't know what came over me. On my honor as a

nurse and a lady, I promise That won't happen again. Now, tell me, what seems to be the problem?"
 
"It's swollen," Bob replied.
 
She ran out of the room. 

0
Meyerton

Segekok

Fri, 19/01/2018 - 07:41

Koos het n baie ernstige probleem.  Hy kan glad nie n kortbroek dra nie. Daar is gedeeltes wat tot onder sy knie hang.

So gaat Koos die Dokter sien. Dokter reken daar is geen probleem nie, met n klein operasie is al sy probleme opgelos.

Koos is klaar onder narkose toe dokter agterkom hy het nooit met Koos bespreek hoeveel dan nou verwyder moet worre nie. Dokter roep die nurse, sy sal dalk nou beter kan weet en help net die besluit.  Die nurse bekyk die saak so en vra ”Dokter kan ons nie eerder sy bene langer maak nie?”

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 25/01/2018 - 09:48

Wat is die verskil tussen jag en kafoefel?

1.  Maak nie saak hoeveel wyn jy drink nie, jy bly lus vir jag

2.  Jy kan heel dag en heel naweek jag

3.  Jy hoef nie jou jag tydskrifte weg te steek nie

4.  Die Tien Gebooie verbied nie jag met verskillende jagmaats nie

5.  Jou jagmaat is nie gepla oor jou vorige jagmaats nie

6.  Dis heel aanvaarbaar om met 'n vreemdeling te jag

7.  Daar is geen jagverwante aansteeklike siektes nie

8.  Jy hoef nie jag op te gee wanneer jou jagmaat nie meer wil jag nie

9.  Jou jagmaat sal nooit sê:  Wat?  Wil jy alweer Jag?   Ons het dan laas week gejag!

10. Jy kan foto's van jou jag op facebook sit.

11. Jy kan met verskillende gewere jag.

12. Jou jagmaat raak self lus vir jag

13. Oupa kan ook nog jag

 

 

 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 25/01/2018 - 10:05

Dit tel nie Feda, jy kan nie op 'n Donderdag, Vrydag se grappie plaas nie.   Dit tel nou net as Donderdag se stout grappie ?  ok

 

14.   Boete en sussie kan ook  sam jag surprise

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 25/01/2018 - 14:35

Nee, ek mag nie meer as een stout grap 'n week vertel nie.  Ek is dalk al klaar op die rand van verbanning.   Een van die dae gaan Len my kortvat!

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 26/01/2018 - 09:17

Len, jy is mos die kortvatter of die forum. yes   Sien jy, ek gee dit 'n thumbs up?

OK, jy sê:   Sê wie.......???    Hoe lyk dit dan met 'n stout grappie?    Die een oor die donker op die ander draad, tel nie!    Wat sê jy, Oom Kaap?  (ek sien die manne noem jou deesdae so, nogal oulik, en almal weet dadelik van wie gepraat word). smiley

0

Freda se storie oor die hardeware winkel en die blond het my aan die dink gesit toe ek vandag so deur Builders Hardware stap. Eintlik is daai winkel ook maar net n groot huis van prostitisie. Ek stap so en kyk na al hul afdelings; Jy kan daar spyker, saag, stoot, skuur, boor, opklim, ens. Dan is daar nog n spesiale afdeling vir draadtrek ook! Nee kyk hulle cater vir enige soort afwyking daar. Nog so vinnige enetjie; Hoe kanseleer jy n afspraak by die spermbank? Jy bel hulle en se jy kan nie meer kom nie!
0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 26/01/2018 - 16:10

He-he, Arie, dis g'n wonder die mans hou so baie van hardeware winkels nie.  Dis al die verleidinge daar.laugh

Die ou sê vir sy vriend hy het iets belangriks uitgevind met 'n toets wat hy gedoen het met wurms.   Hy het vier bottels gevat.  In die een het hy brandewyn gesit, in een sigaretstompies, in een sperm en in die laaste een grond.   Toe sit hy 'n wurm in elke bottel.  'n Dag later is die eerste drie wurms dood, net die een in die grond leef nog.

"Dit bewys, as jy genoeg drink, rook en seks het, sal jy nooit wurms kry nie."

0
Centurion

Dusty

Fri, 02/02/2018 - 05:24

Toe al die diere nog op die ark was loop die ooievaar en die vark hand om die lyf. Die vark baie ongelukkig en loop en kla by die ooievaar. Hy sê dat almal sy naam baie misbruik.. Wanneer iemand iets doen wat die ander nie van hou nie dan is hy 'n vark. en so gaan dit aan. Later klop die ooievaar die vark op die rug troos hom en sê: "

Toemaar, ons sal hulle kry, die varke"

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus