Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -4 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -4 hours ago

WilSur se Travel Blanket

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Almal kla oor die travel blanket,

  • hy vrot as jy hom nie laat droog wored nie
  • hy krap die groot voor ruit
  • hy krap die karavaan
  • hy is 'n beslomernis
  • ens........

 

Wel ek het een op die Regal gehad en geen probleem,

Toe ons die Classique koop in 2007 het ons ook een opgesit en geen probleme gehad nie.  Het hom net afgehaal as ons die karavaan gewas het en dan die kombers ook.

In 2011 het ons die Classique ingeruil op die Exclusive met geen merkies op die voor ruit of aan die voorkant van die karavaan nie.

Een op die Exclusive het ek besluit om hom nie met daai "gritzz" vas te plak nie maar met die "ropeline" aan die bokant.

In Februarie 2013 is ons af Hartenbos toe en by een van die verleggings se een spoor sien ek daar voor staan klomp werkers langs die pad en daar is so blinkstreep oor die pad, ek dink toe dit is seker water wat oorloop.  Toe dit te laat is besef ek dit is nat gesmelte teer wat uit 'n drom oor die pad loop en die gevolge is op die foto's.

By die oorslaap plek het die buurman vir my "parafien" in-die-hande gekry en so het ek en Surette tot baie laat die kante van die karavaan probeer skoon maak.

Dink net as dit verf was wat dan ?

In Hartenbos het ek hom gevat maar hulle kon nie die "travel blanket" skoon kry nie en het ons hom later terug by die huis vervang.

Steeds lyk dit of die onderkant ge-"ruberize" is.  

En steeds na meer as 4 jaar het die Exclusive geen merke op die voor ruit of voorkant nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/01/2018 - 12:28

Ons karavaan staan altyd so, want hy kry laat namiddag somer son.

So het die eerste "Travel Blanket" gelyk na die trip Kaap toe. 

Besluit maar self wat verkies jy.

l

l

l

As jy mooi kyk sal jy die merke van die teer op die kant ook sien.

l

l

l

 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 06/02/2018 - 21:36

Ek het juis vandag my kombers af gehaal en gewas.

Toe ek die kombers was, sien ek so paar plekkies begin dit "skeur", sulke krakies / barsies. Die kombers sal maar nog 'n jaar of twee moet hou dan sal ek 'n nuwe gaan kry.

Die keer  gaan ek 'n "extrusion", bo by die dak, op sit en tou laat inwerk dat dit soos Johan Viljoen sin stewiger kan sit.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 07/02/2018 - 14:55

My Classique en die Exclusive het ek daai  "extrusion" laat insit want ek het dakkies wat op 'n lang kamp daar in-ruig om koelte op die voor ruit te gee.

Ek het by Pta. Karavane se Campworld verlede jaar 'n winskoop gekry op 'n nuwe een (baie beter materiaal as die oue) volgens hulle was hy bestel vir 'n Elegance maar het nie gepas nie, betaal toe R500.00 vir hom.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus