Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -29 minutes ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -2 hours ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -2 hours ago
Dinokeng kampe.... Dinokeng Camp and Leisure… Wessel Strydom -2 hours ago
Nog iets op die horison.  … Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Willem se Thrust Bearings op Hoek Stutte

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek en 'n viend het dit jare terug (laat '80's) gedoen, ek het dit aan Jurgens gewys en gevra of hulle dit nie by ons wil oorvat as 'n verbetering op die karavane nie.  Noodloos om te sê jare later het hulle dit begin doen op die nuwe Jurgens karavane en ek het niks gekry nie.

Wel hier is die foto's

Dié bearing is die een wat ek gebruik het, hy moet net oor die threaded rod kan gaan.
Thrust Bearing

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/01/2018 - 12:35

Maak die agterste lock-nut los (van hulle verskil) om die hele skroefdraad te kan uit draai.
Lock-nut 1

Lock-nut 2

Draai die skroefdraad uit en was hom mooi skoon (ek het die hele Steady afgehaal want was maklikker)  Aan die kant waar jy hom oplig is 'n waser vas gesweis, dit is waarteen die thrust bearing druk.  Na die skroefdraad skoon is sit die thrust bearing oor en skroef die rod terug.  Soms is daar ook 'n los waser wat verwyder kan word, van die rods het 'n klein skouer op die as, die thrust bearing se een kant se binne diameter is griter sit hom dan eeste oor die rod.  Ek gebruik nie gries nie maar 'n motorfiets kettang lubricant (soos op die foto) dit trek nie stof nie, of jy kan ook die chain wax gebruik.
Thrust Bearing side 1

Thrust bearing side 2

Steady Lubricant

Nou sal jy voel hoe lig draai daai Steadies op/af.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 31/01/2018 - 12:37

Saam met dit gebruik ek ook 'n boor maar 'n ou een.  Dit is 800 Watt vorentoe en agter toe met beheerbare spoed.

Die verleng stuk wat in die boor pas is agter 'n 3 kant gemaak sodat hy nie gly in die boor nie.

.

'

.

.

0
Centurion

Dusty

Thu, 01/02/2018 - 05:30

Het myne ook die "thrust bearings" in gesit. Ek het sommer albei kante in gesit. die voorste een effens kleiner.  Vir R5.00 vir die een wat dieselfde is as Willem sin en R4.00 elk vir die agterste een was dit 'n winsknoop.

Wanneer jy albei monteer is die maklikste om die waster wat op die as vas gesweis is los te maak en dit dan te skuif en weer vas te sweis

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 21/07/2022 - 12:18

Willem, ek hou van die chain wax wat jy aan spuit, ek het gewone chain lube olie, en dit werk, maar word tog nog steeds vuil.

Ek sal, sodra ek weer in die dorp kom, gaan kyk by Midas.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus