Goeie more.
Koffie en tee is oppad.
Lekker dag
Ja dag tog maar almal…
Ja dag tog maar almal![]()
Die Kaap was altyd soos 'n baba...nat en winderig.
Goeie more…
Goeie more.
Saterdag. Koffie en beskuit was lekker.
Voel soos kamp vanoggend behalwe tuinwerk. Geen krag in ons area vanaf 12:00 verlede nag. Vermoed kabels weer gesteel. Gelukkig werk my stoof met gas.
Lekker dag
Hallo Dusty! Jy moet die…
Hallo Dusty! Jy moet die tuinwerk geniet. My 15 m2 grasperkie is gister gesny ![]()
'n Lekker dag vir almal!
Stoffel, Anton, Deon, wees…
Stoffel, Anton, Deon, wees gegroet vanuit 'n "lyk na warm dag vuil 3hoek", Arie, geniet jou dag.
More almal wat nog gaan inskakel hier.
Geniet hierdie dag.
More More
Hmmm, ek hoop julle gaan meer spraaksaam wees by Mabalingwe. En nie net mekaar Hi, Dag, More en Booo nie.
More almal, ek hoop julle het baie lekker geslaap. Ons het gisteraand swaar weer gehad met blitse en donderweer maar net 'n bietjie ligte reën vir 'n kort rukkie. Dit lyk nog steeds na reën vanoggend, so ons hoop maar weer!
Ek wonder wat gaan aan met die reën wat vir die Kaap voorspel was. Dit lyk of daar ook maar nie veel geval het nie.
Ons het gister heeldag mense gehad en gaan vandag net rustig wees. Ek wonder of Zuma se Zexit tot 'n punt gaan kom hierdie naweek?
Geniet jul Saterdag.
Dankie oom Voorie, Mag jy…
Dankie oom Voorie, Mag jy ook n fantasmagoriese lekker een he, Mag die kinders baie baie gehoorsaam wees en die Lolla wyfie vir jou baie baie bier aandra!
Auntie Freda mag jy baie Zexit he en mag oom Colin nie n hart aanval kry daarvan nie.
Oom Johan, Marius... whatever, n heerlike een.
Oom Arie, mag tannie Petra n woordeboek saam Brown Cow voorsit vir ontbyt, vir meer woordbbaarlikheid oom weet !
Grrrrrrr.....,…
Grrrrrrr.....,
Wil die yskas los draai en op sy kop draai. n Vriend het spanners kom leen en nie teruggebring nie, strip sommer my moerbaarlikheid!
Ai ou Gesie, bly maar kalm…
Ai ou Gesie, bly maar kalm en geniet 'n rusbaarlike dag.
More Deon en ander
More almal julle moet n lekke dag he koffie loop soos stroop vrede
More Deon, Shaun en die…
More Deon, Shaun en die ander.
Jip, koffie en beskuit was lekker. Sit nou rustig in die sitkamer en luister na die oggendlied van die voëls en duiwe. Dit maak my so rustig.
Beplan om vanmiddag my oudste broer in die hospitaal te gaan besoek. Hy het vroer die week n ligte beroerte gehad. Is moeilik om hom in die week te gaan besoek.
Lekker rusdag vir elkeen





More al die mense
Hi Arie. Is jy weer 'n man van min woorde vanoggend?
Die week is verby en dis naweek. Ek hoop almal geniet hul Vrydag en dat jul 'n heerlike naweek gaan hê.
Hopelik gaan die Kaap goeie reëns kry vanaf vanmiddag na more toe. Ek hou sterk duim vas dat dit nie net weer gaan verbytrek nie en dat die opvanggebied darem noemenswaardige neerslae kry. Len, hou ons op hoogte asb.