Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -11 minutes ago
Bygelowig Geert - Ballito Geert -2 hours ago
Geniet Ballito Geert - Ballito Rona du Plessis -5 hours ago
12 dae Geert - Ballito Geert -7 hours ago
Dinokeng Camp and Leisure November 2026 Geert -7 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago

Februarie 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Koffie en tee is oppad.

Lekker dag

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 09/02/2018 - 07:34

Hi Arie.   Is jy weer 'n man van min woorde vanoggend?

Die week is verby en dis naweek.   Ek hoop almal geniet hul Vrydag en dat jul 'n heerlike naweek gaan hê.    

Hopelik gaan die Kaap goeie reëns kry vanaf vanmiddag na more toe.   Ek hou sterk duim vas dat dit nie net weer gaan verbytrek nie en dat die opvanggebied darem noemenswaardige neerslae kry.   Len, hou ons op hoogte asb.

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 10/02/2018 - 06:24

Goeie more.

Saterdag. Koffie en beskuit was lekker.

Voel soos kamp  vanoggend behalwe tuinwerk. Geen krag in ons area vanaf 12:00 verlede nag. Vermoed kabels weer gesteel. Gelukkig werk my stoof met gas.

Lekker dag

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 10/02/2018 - 07:23

Stoffel, Anton, Deon, wees gegroet vanuit 'n "lyk na warm dag vuil 3hoek",  Arie, geniet jou dag.

More almal wat nog gaan inskakel hier.

Geniet hierdie dag.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 10/02/2018 - 08:14

Hmmm, ek hoop julle gaan meer spraaksaam wees by Mabalingwe.    En nie net mekaar Hi, Dag, More en Booo nie.

More almal, ek hoop julle het baie lekker geslaap.   Ons het gisteraand swaar weer gehad met blitse en donderweer maar net 'n bietjie ligte reën vir 'n kort rukkie.   Dit lyk nog steeds na reën vanoggend, so ons hoop maar weer!

Ek wonder wat gaan aan met die reën wat vir die Kaap voorspel was.   Dit lyk of daar ook maar nie veel geval het nie.

Ons het gister heeldag mense gehad en gaan vandag net rustig wees.   Ek wonder of Zuma se Zexit tot 'n punt gaan kom hierdie naweek?

Geniet jul Saterdag.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 10/02/2018 - 08:54

Boooo! ?

 Goeie more Gees!  Jy moet 'n lekkkerrrrr naweek hé!  smiley

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 10/02/2018 - 09:06

Dankie oom Voorie, Mag jy ook n fantasmagoriese lekker een he, Mag die kinders baie baie gehoorsaam wees en die Lolla wyfie vir jou baie baie bier aandra! 

Auntie Freda mag jy baie Zexit he en mag oom Colin nie n hart aanval kry daarvan nie. 

Oom Johan, Marius... whatever, n heerlike een.

Oom Arie, mag tannie Petra n woordeboek saam Brown Cow voorsit vir ontbyt, vir meer woordbbaarlikheid oom weet !

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 10/02/2018 - 09:16

Grrrrrrr.....,

Wil die yskas los draai en op sy kop draai. n Vriend het spanners kom leen en nie teruggebring nie, strip sommer my moerbaarlikheid!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 10/02/2018 - 10:48

Môre sê.

Ek moet vanoggend my soektog voort sit vir 'n battery.

Dan begin ek rond kyk om 'n nuwe silver seil te laat maak.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 11/02/2018 - 06:16

More Deon, Shaun en die ander.

Jip, koffie en beskuit was lekker. Sit nou rustig in die sitkamer en luister na die oggendlied van die voëls en duiwe. Dit maak my so rustig.

Beplan om vanmiddag my oudste broer in die hospitaal te gaan besoek. Hy het vroer die week n ligte beroerte gehad. Is moeilik om hom in die week te gaan besoek.

Lekker rusdag vir elkeen

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus