6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -23 minutes ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -2 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -2 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -3 hours ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -10 hours ago

Wie lees Huisgenoot?

Bosveld
Submitted by Gryswater on
Forums

Wie lees nog huisgenoot?    Ek onthou baie goed hoe my moeder weekliks die Huisgenoot aangekoop het, ek was altyd as kind net agter Bollie aan.  Dit is ook al wat ek daarvan onthou, want ons koop dit nie meer nie.   

Huisgenoot is mos deel van N24?

 

boikot huisgenoot

 

Vaalpark

Johann L

Tue, 13/02/2018 - 18:40

Nee wat, ek het nie geld vir sulke tydsktifte nie, my vrou het jare  gelede graag dit gelees, maar gelukkig dit gestop.

Ek sou graag Car, Wiel en sulke tipe tydskrifte wou koop,  maar is maar beperk tot Wegsleep en Caravan and Outdoor. 

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 13/02/2018 - 19:33

Ek koop ook geen tydskrifte nie.  Ek lees boeke, lekker dik storieboeke en dit voorsien in my behoefte om te lees.   Ons koop ook, soos Johann, C&O life en het Weg&Ry gekoop tot ek die prys vir die digitale weergawe gewen het.  Tydskrifte het hopeloos te duur geword.

Waar my wa staan

Arie

Wed, 14/02/2018 - 12:49

Ons lees glad nie afrikaans nie, koop weekliks die You, dan lees ek maar engelse koerante en tydskrifte, Car en sulke goed. Ek kry op lyn die New York Times en die London Times, altwee die verkorte weergawe. Hou daar van om te lees hoe hulle daar dink en die wereld sien en ook veral wat hulle oor SA te skrywe het.

Ons lees hope boeke, ten minste een per week maar die is ook alles Engels, ons, en ook my kinders [seker om hulle so groot geword het] lees baie lekerde en verstaan beter in Engels as in Afrikaans? 

Port Elizabeth

Frieps

Wed, 14/02/2018 - 15:12

Arie, ek lees ook net Engelse boeke.   Ek het gister 6 boeke gaan koop by die "swop shop".  Het gisteraand tot hoe laat gelees, lekker spannend.  Dit gaan oor 'n reeksmoordenaar van jong vrouens, Retribution deur Jilliane Hoffman.

Pretoria

Slowstrike

Thu, 15/02/2018 - 09:47

Ons het opgehou die Huisgenoot koop toe die kinders nie meer skooltake moes maak nie.

My pa het dit altyd die Afrikaner bybel genoem omdat die ou tannies altyd geglo het dat as dit in die huisgenoot was dit mos die waarheid moet wees (Sorry tantes wat hier lees)

Ek hou ook baie van lees en lees enige iets en afrikaans en engels anders as tante Freda en oompie Arie geniet ek gereeld `n afrikaanse boek hou van o.s Deon Meyer Ettiene van Heerden ens ens.

Hou baie van autobiografieë en dan het ek `n versameling van Astrix & Obelix en Mad Magazine comics wat skrik vir niks en ek lees hulle weer en weer.

Koerante lees ek deesdae aanlyn en vir die eerste keer in 35 jaar het ek vanaf Januarie opgehou om elke dag die Beeld te koop. R11.50 vir die koerant wat soms uit 8 bladsye bestaan is nie meer geregverdig nie.

Groetnis

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 15/02/2018 - 13:01

Dis ongelukkig 'n tekort in my mondering om te lees  -  ek lees net daagliks die koerant en maandeliks die tydskrifte Caravan, Weg Ry & Sleep en ook Weg.  Verder luister ek aktuele nuusprogramme oor die radio en TV (KykNet Nuus en KykNet Verslag en dan ook e-NCA op kanaal 403.

Wat Huisgenoot aanbetref, my ander helfte is mal daaroor en ek koop dit met graagte vir haar weekliks.

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 16/02/2018 - 07:33

My wyfie lees die huisgenoot getrou en glo elke woord daarin amper soos die bybel. Van een week dat botter die beste ding op die aarde is tot die volgende week wat dit nou weer die slegste ding onder die son is vir jou.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus