Die Krugerpark bly darem die beste medisyne om 'n man weer rustig en stil te kry. Was sopas vir net drie dae in die park, tuisgegaan by my seun op Skukuza. Net die rustigheid van die veld maak 'n man weer opgewonde oor die lewe. Die veld lyk mooi groen en daar is plek plek heelwat water. Dis nogal ruig en die wild is dus nie so goed sigbaar nie. Die piekniekgeriewe by Tshokwane is mooi opgeknap, hoop net die diensverskaffer daar hou die plek so. By Mkhuhlu lyk dit maar beroerd, die plekkie sal ook hopelik opgeknap word sodra hulle 'n nuwe diensverskaffer aanstel om die plek te bedryf. Maandagaand so om en by 18h00 kry ons toe 2 jong leeumannetjies wat die strate in die personeeldorp kom bewandel, nogal "scary" om te dink die menere loop op straat rond terwyl jy in die agterplaas 'n vleisie braai.
Al wat vir my nie lekker is van die suide van die park is die geweldige verkeer, die Onder Sabie pad lyk laatmiddag behoorlik soos die Ben Schoeman snelweg met die hoeveelheid voertuie op die pad. Gee maar vir my die noorde van die park vir 'n rustige verblyf. Ons het by Orpenhek uitgegaan nadat ons eers die S100 roete by Satara op en af gaan verken het (so skelm leeu gekry wat in die langgras wegkruip), mense dit is die saligheid self. Hopelik hou my onttrekkingsimptome nou bietjie op.
Ander wereld
Johann, dis vir my asof die anderkant van die wildtuinhek 'n ander wereld is. As ek deur die hek gaan voel dit of al 'n ou se sorge agterbly. Seker maar 'n gevoel wat mens vir jouself opgebou het, maar nogtans 'n lekker gevoel.
Sielkundig, het die natuur…
Sielkundig, het die natuur mos maar daai uitwetking op mens, waar kan jy nader aan die natuur kom as juis op oom Paul se plaas.
Mense wat nog nie daar was nie, mis werklik baie.
As jy by Eiland kom op jou reise, kyk uit vir Willie Kotze (Karel) op cp forum, hy kamp daar van April tot September jaarliks, baie aan gename persoon.
Ons wil ook eendag KNP toe,…
Ons wil ook eendag KNP toe, maar as ek so kyk ,, lyk my dan moet jy n staanplek vat wat oop is. Kannie staanplek boek nie.
Desember ??
Wat se julle manne wat gereeld binne kamp. Watter tyd en hoe gemaak met die staanplekding. Ons was al verskeie kere daar maar elke keer van buite af. Witrivier,. Hazyview. Dan bly ons in vakansie punte wooneenhede en dit werk nie so lekker nie. Wil graag in my wa daar binne slaap.
Oom Jeep, Beste tyd is in…
Oom Jeep, Beste tyd is in die winter voor en na die skool vakansie, nie in die skool vakansie nie, Nou sê ek iets wat ek nie doen nie, ons kuier elke jaar "in die skoolvakansie" het nie 'n keuse nie. Sleep jou wa en proe die atmosfeer, sit so bakkie water uit vir die voels naby jou staanplek. Dit is hemels.
Moet ook nog
Koos Mol nou dat ek die draad lees kom ek agter dis n besteming wat ons soms miskyk maar ons mis baie die wiltuin wil ek ook deur toer begin by Phalaborwa hek en toer tot onder wiltuin wanneer die weet ek nie maar plan moet daar gemaak word
Maak plan......
Sleep nou. Jy moet jou planne maak, die wildtuin wag vir jou. Net die plek om daai batterye weer te "charge". Ons is besig met ons beplanning vir September die jaar. Wil vir so drie weke of wat gaan, moet nog besluit oor die kampe, so drie of vier kampe. Jy moet loer op Sanparke se web daar is nog heelwat plek oor die Augustus/ September afslagperiode beskikbaar.
Koos........
Koos, nog 44 dae dan vertrek ons van hier af en ry die eerste 500km rus-rus tot by The Vale, tussen Beaufort-Wes en Drie Susters. Daarna is dit die volgende 500km tot by Riviera anderkant Bloemfontein waar julle ook al was en dan nog 500km tot in Pretoria waar os 'n paar dae sal oorstaan. Vandaar is dit by Phalaborwa Safari Park en dan Shingwedzi vir 5 dae, Letaba vir 5 dae en laastens Balule vir 5 dae. Dan gaan ons 'n bietjie kuier by Die Eiland en hierna keer ons terug huis toe via Upington en Calvinia.
Ons verkies ook die meer noordelike kampe in die Wildtuin.
Koos / Len
Verseker Koos plan moet daar gemaak word , Len daai tyd wat julle gaan is laeveld nie meer so warm nie julle moet geniet
Shaun...
Shaun, dis juis hoekom ons jaarliks verkies om in Meimaand te gaan. Die laat-aande kan soms baie koud word, maar die dae is kortbroek-heerlik. Die veld is dan nog redelik mooi voor die winterdroogte sy merk laat. Maak geen fout nie, hier van die Kaap af is dit in Mei oral deur die Karoo, Vrystaat en Pretoria waar ons altyd oorslaap, ysig koud in die nagte, maar dan is dit heerlik verfrissend om die Laeveld se lekker winter temperatuur te ervaar.
Wat ons aanbetref, is Meimaand die heel beste besoektyd in die Wildtuin en doen dit al vir jare.
Enige tyd......
Die wildtuin bly 'n bonus...... van Januarie reg deur tot weer Januarie, jaar op jaar.
Ek was................
Dit bly by my 'n lewenswens om in die Wildtuin te wees wanneer daar oorvloedig reën is en die riviere in vloed is. Dit gebeur gewoonlik in Februarie-Maart. Maar dan wil ek nie kamp nie, sou verkies om dan eerder in 'n chalet tuis te gaan, iets wat ek baie jare laas gedoen het in 'n baie kort tydjie toe ek sonder 'n karavaan was. Hierdie wens van my sal moet oorstaan totdat ek my kampskoene vanweë ouderdom opgehang het. Intussen kamp ek 'n hond-uit-'n-bos-uit in die laat herfs of wintermaande in die Wildtuin - dae heerlik en aande lekker "cosy".
Ns. Dit was in die verlede 'n lekker ontvlugting van 'n nat, klam, reënerige, koue Kaap, maar deesdae sou ek eintlik graag hier in die Kaap in die reën wou staan net om dit weer te waardeer...............
Weet julle ?
Ek nog nooit wilde honde in lewende lywe gesien nie, wil graag dit beleef waar sal julle voorstel moet ek gaan kyk of is dit maar geluk by die geluk sou jy hulle sien
Daar is .............
Daar is al vir jare 'n groot trop wildehonde naby Orpen, in die omgewing tussen die afdraai na Maroela-karavaankampie en die S106 grondpad. Hulle is sommer nou die dag weer gekiek op die Orpen webcam. (Ek weet jou Ma is in Phalaborwa).
Daar is ook 'n trop wildehonde in die ogewing van Phalaborwa-hek op die S131 grondpad net links as jy deur die hek is. Hulle is ook gesien op die hoofpad H9 by Masaroni.
Andersins is daar by die Phabeni-hek se pad ook 'n lewendige trop wat dikwels gesien word.
Hier is 'n foto van die Orpen-troppie waar hulle lê en slaap langs die pad by die Maroela-afdraai.


Ons het die nuwe trop wat…
Ons het die nuwe trop wat hulle by Shingwedzi Kamp los gelaat het laas Oktober gesien.
Willem,
Willem, ek het in die 90's net buite Shingwedzi, oorkant die H1-6 teerpad op so 'n 1km omrit ook 'n trop wildehonde raakgeloop, maar ek het gelees hulle het almal van een of ander siekte gevrek. Ek hoop ons is gelukkig om oor bietjie meer as 'n maand die nuwe troppie daar raak te loop !
Terwyl.........
Terwyl ons nou so lekker gesels oor die Wildtuin, my droom is om 'n swartrenoster in die Kruger Wildtuin te sien. Volgens 'n 2009 Jaarverslag was daar omtrent 500-600 swartrenosters in die Kruger Wildtuin en ek het nog nooit een in al die jare wat ek daar kom, gesien nie !
my droom is om 'n…
my droom is om 'n swartrenoster in die Kruger Wildtuin te sien
Ja dit sal besonders wees Len.
Hier is die honde wat ek gekry het, die Wildbewaarder het heeldag in die omtrek hulle onder oog gehou.
Wie het gisteraand die nuwe…
Wie het gisteraand die nuwe program op KykNet gekyk "Bewonder en Bewaar met Bonne de Bod". Dit het gehandel oor die Wildehonde in die KNP.





Koos, jy praat nou groot…
Koos, jy praat nou groot waarheid, al jy geen diere sien nie is die rustigheid en natuurskoon steeds die moeite werd.
Kyk, om diere, veral die groot vyf, te sien, maak natuurlik 'n opgewondenheid in mens wakker.
Soos iemand gesê het, 'n slegte dag in die Kruger, is beter as 'n goeie dag by die werk. Vir die wat werk?