6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
URC Springbok rugby Geert -1 hour ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -2 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Sprite Swift hulp nodig

Elarduspark
Submitted by GerhardM on
Forums

Ek begin die draad namens my pa (Forumlid Buks) met hulle Sprite Swift. Vandag toe ek daar was om aan die Jurgens te werk het hy gaan stoele uithaal en agter gekom dat die bed nat is. Ek het alles na gegaan en probeer kyk waar dit gelek het maar kon nog water merke kry nie. Ek het foto's geneem en weet iemand hier ken dalk die Swift beter as ons.

Eerste foto wys die hoek agter aan die deur se kant waar dit nat was.

bed

Die tweede foto wys is plaat buite op die wa by deur wat ons nou nie weet hoekom hy daar is nie. Het die Swifts dalk iets daar gehad wat moontlik uitgehaal is? Ek vermoed hy lek moontlik hier in.

plaat

Die foto wys die kassie se las aan die onderkant by die bed. Lyk of die hout uitdruk weens water

kas

Ons het geen idee hoe uitleg was en of dit nog dieselfde is nie.

Die wa staan bietjie skeef en meer af aan die kant waar dit gelek het.

wa

Enige raad en hulp sal ons baie help dankie.

Centurion

Voortrekker

Mon, 26/03/2018 - 07:03

Ek kry hierdie epos van Warren:

If memory serves, there should have been a vent for the fridge about
there... Google interior photos of them and check.

The water's most probably coming from there, and It's not good news I'm
afraid.

Have the van checked with a moisture meter... Think you're in for some
wood-rot

When storing a van, you should pick u the front quite high to get the
water to run off the roof quickly, otherwise it lies in "pools" on the
roof and leaks in....

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 26/03/2018 - 07:10

Warren is heeltemaal reg die ouer waens het so skoorsteen op die dak gehad om die warm lug van die gas yskas uit te laat. 

Vermoed die yskas is vervang met 'n kompressor model en die skoorsteen verwyder en toegemaak.

Ja dit kan ongelukig nogal groot skade wees.

Maak seker met jou assuransie, dalk dek hulle dit, ek weet Outsurance betaal vir houtvrot.

0
Elarduspark

GerhardM

Mon, 26/03/2018 - 07:26

Dankie almal. Ek het vermoed dat die yskas daai kant van die wa moes gewees oorspronklike. sad Die hele uitleg is dan verander want die nuwe kompressor yskas staan ander die kant van die wa. 

Al wat my pa nou kan doen is om nog silicone op te sit en te hoop vir die beste.

Anton ek weet die baie water vind altyd 'n manier om iewers in te kom.

Oom Arie ek het 'n vermoede die wa is nog nie op hulle versekering nie. 

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 26/03/2018 - 07:53

Stem lig die neus van die wa water is nou maar net nie goed vir die wa nie sterkte daar Gerhard

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus