Dis soos julle weet dis Berdien en my eerste buite seisoen vakansie waar ons weer gaan kamp by Natalia van volgende jaar en jaar daar op gaan ons toere aanpak wynroete , weskus ens. Ons twee sien uit na die buite seisoen ding so kom maak gerus n draai as jy in die omgewing is sal jou n koue een kan gee en as ons braai val in en eet somer saam,ons kampers is mos gaaf. Ons gaan op boonste teras staan by 101 ons probeer al jare om die staan plek te kry en ja toe kry ons hom nou om op te staan. Sien hulle het supertupe ook nou daar soos Harry (Frogy) al tyd se ek sal sien of my piekante lyf daar af sal gaan Hoop om julle daar te sien
In die...........
In die jare toe ons nog in Pretoria en Roodepoort gebly het, het ons dikwels in Junie by Natalia gekamp. Dit bly maar 'n lieflike oord en die weer is selfs in Junie aan die KZN kus heerlik !
Lekker kamp daar Shaun ! (Die stoop sal vinniger moet loop op daardie supertube !)
Heerlike vooruitsig vir…
Heerlike vooruitsig vir julle, Shaun. Glo julle gaan dit geniet. Ons soek baie foto's.
Lekker ou Shaun, julle moet…
Lekker ou Shaun, julle moet dit geniet, ons sal jaar tevrede moet wees met die fotos.
Daai fotos
Daai fotos sal loop Len ek stem dis iets besonders vir my en Bertdien , ja na 25 jaar buite seisoen alleen van julle is dit gewoon ons eerste vrede
My oudste hulle
My oudste meisiekind en gesin nou week by Natalia en hulle kom more terug sy se gister vir my pa dit reen en reen en nogmals reen ja jy kan alles reel behalwe die reen ons moet se dankie vir reen. Kom die 9 April reen of te nie ek en Berdien kom Natalia toe en ons gaan n hond uit die bos kamp
Shaun, hulle ry te gou. Die…
Shaun, hulle ry te gou. Die son skyn vandag baie lekker vir n dag op die strand
My skoonseun Stoffel
Sy se vir my vandag is dit hele dag op strand son skyn lekke maar Stoffel my skoonseun se genoeg ja die jong klomp mis so baie met hulle ongeduldigheid hoop om jou raak te loop as ons daar is
Klaar gepak
Ek en Berdien alles ingepak in ons trailer net die tasse met kleure en dan die yskas laai. Ja kan nie meer wag vir lekke breuk van 3 weke nie kom reen kom son die Mollers van Secunda gaan n hond uit n bos kamp
Shaun, julle moet mooi ry en…
Shaun, julle moet mooi ry en veilig wees, ons kyk uit vir die fotos (jy kan mos nou self fotos laai??)
3 weke! Jy verdien dit…
3 weke! Jy verdien dit swaer
Hou ons asseblief op hoogte en gooi 'n foto of 10 so tussen al die kamp en braai en relax.
Veilig wees ou koggelmander ![]()
Natalia die Mollers
Dis amper sulke tyd sal foto of twee laai nou dat ek regkom met die laai, sal ook paar lekke staan plekke afneem en deel op forum dalk staan jy eendag daar op. Dusty hoop om jou ook te ontmoet gaan saterdag net twee storm straps koop by Comet en dan sondag aand klere inpak en maandag oggend vat die Mollers van Secunda die pad dis ons eerste buite seisoen vakansie sien so uit daar na
Lekkerrr Shaun. Net 'n…
Lekkerrr Shaun. Net 'n paar slapies, dan is julle oppad. Julle gaan dit geniet.
Shaun julle moet dit geniet…
Shaun julle moet dit geniet en veilig ry, kyk uit vir die fotos?
Shaun julle moet dit geniet …
Shaun julle moet dit geniet
Ek stem weer! Geniet dit ![]()
Ek dink ek gaan gou jou baas…
Ek dink ek gaan gou jou baas bel en jou verlof kanseleer.....jy kan nie gaan en ons moet spit nie..![]()
baas bel en jou verlof…
baas bel en jou verlof kanseleer.....
onverwagte breakdown / 5 dag plant shut down?
Ek gaan gou die draad kaap…
Ek gaan gou die draad kaap.....
Toe spoorweg nog spoorweg was en n stasie voorman nog n stasie voorman was.... ( ok dit is lank terug)...
Verlog gevra. verlof goedgekeur. ry met die trein ( vrypas) Kaap toe. Nou vanaf Glencoe moes jy eers Johannesburg toe met die trein en dan met n ander trein Kaap toe.
Vertrek die aand so net na 8 uit Glencoe. Op Volksrust word ek afgehaal, my aflos het afsiek geboek en daar is nie n ander aflos beskikbaar nie.
Moes maar afklim en terug gaan om die volgende oggend weer te gaan werk. Gelukkig is al my verblyfs kostes wat ek reeds betaal het aan my terug betaal en is ek vergoed vir die ongerief ( R 500).....
Einde van draad kaping. ( sorry)
Ons is terug
Sal later fotos oplaai inkort die twee weke by Natalia was lekke maar weer soms nie saam gewerk nie maar dis deel van kamp was ook vir twee weke by Drakensville sal fotos ook laai en julle laat weet van ons ervaring
Welkom terug
Sleep welkom terug hoop julle het jul gatte uit geniet





Lekker Sleep nou. Ek sien…
Lekker Sleep nou. Ek sien uit na die terugvoer en foto's.
Julle moet dit geniet!